Page 1 of 1

Probleem met Peregrine skaal

Posted: Fri Mar 24, 2023 5:44 pm
by Bennie Bester
Naand Almal,
Ek het n probleem met my Peregrine skaal en ek glo iemand hier op die forum sal my kan help.
Daar is nie veel op die Net beskikbaar om my probleem op te los nie.
As ek die skaal aanskakel gaan hy deur die 11111... ens. tot by 0000... Daarna groet hy my met n Hello. Net daarna spring hy na F----H en skakel weer af. Ek het alles probeer maar kan hom om die dood nie kry om aan te skakel nie. Ek het met die eksterne krag en ook met batterye probeer.
Is daar iemand wat n soortgelyke probleem met die tipe skaal gehad het en wat het julle gedoen om dit reg te kry?
Baie dankie by voorbaat.
Ek luister...............
Groetnis
Bennie Bester

Re: Probleem met Peregrine skaal

Posted: Fri Mar 24, 2023 6:16 pm
by jdpretorius
As ek reg ontdou kan n ou die 'cal' knoppie inhou gedurende die 1.2.3 storie om hom ten volle te kilibreer met die 20g gewiggie ook....(in die instruksie praat hulle daarvan dink ek.
Dalk help dit....

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Probleem met Peregrine skaal

Posted: Fri Mar 24, 2023 7:32 pm
by Jacques.308
Jd is reg hou die cal knoppie in terwyl die skaal aansit maak seker jy hou hom in tot hy vir jou sê Cal20 en dan kan jy 20 gram gewig opsit. Hy gaan dan sê pass en vra vir 50 gram gewig

Sent from my SM-S901E using Tapatalk


Re: Probleem met Peregrine skaal

Posted: Sat Mar 25, 2023 12:09 pm
by wlm
.

Re: Probleem met Peregrine skaal

Posted: Sat Mar 25, 2023 12:38 pm
by Bennie Bester
Baie dankie vir die terugvoer. Kon vanoggend weer lekker herllaai.
Groetnis
Bennie Bester

Re: Probleem met Peregrine skaal

Posted: Sat Mar 25, 2023 1:10 pm
by tripodmvr
Bly jou belegging is nou weer in werkende orde. Die wonders van elektronika !!!!!!

Re: Probleem met Peregrine skaal

Posted: Sun Mar 26, 2023 11:08 pm
by Fanta300
Hoe sê die slim mense: “If all else fails, read the manual”
++>:

Re: Probleem met Peregrine skaal

Posted: Mon Mar 27, 2023 10:22 am
by heywillie
Bennie Bester wrote: Fri Mar 24, 2023 5:44 pm Naand Almal,
Ek het n probleem met my Peregrine skaal en ek glo iemand hier op die forum sal my kan help.
Daar is nie veel op die Net beskikbaar om my probleem op te los nie.
As ek die skaal aanskakel gaan hy deur die 11111... ens. tot by 0000... Daarna groet hy my met n Hello. Net daarna spring hy na F----H en skakel weer af. Ek het alles probeer maar kan hom om die dood nie kry om aan te skakel nie. Ek het met die eksterne krag en ook met batterye probeer.
Is daar iemand wat n soortgelyke probleem met die tipe skaal gehad het en wat het julle gedoen om dit reg te kry?
Baie dankie by voorbaat.
Ek luister...............
Groetnis
Bennie Bester
As jy in die vervolg weer met hom sukkel, skakel Peregrine self, hulle sal jou kan help.

Re: Probleem met Peregrine skaal

Posted: Mon Mar 27, 2023 10:41 am
by tripodmvr
Klink asof Microsoft 'n aandeel in die skaal het. Reboot werk om die probleem op te los.