Page 1 of 1
Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Thu Mar 23, 2023 12:51 pm
by partner
Die Warmste (Large Rifle Primer.)
Middag almal. Soos bo genoem. Volens julle mening. Watter een sal julle se is volgens julle Mening die warmste. Verskoon maar die Brits.
Groete.
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Thu Mar 23, 2023 1:13 pm
by Capt. Yoda
Federal se 215, in die std LR (non magnum) kon ek nog nooit regtig n vreeslike verskil sien nie dalk Remingtons
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Thu Mar 23, 2023 1:24 pm
by LUAN
Ek dink dit sal n Winchester wees. Nog elke keer wat ek hulle gebruik het in klein sowel as groot was die spoed hoër met dieselfde lading.
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Thu Mar 23, 2023 2:06 pm
by tripodmvr
Primer burn rates 1203.2701.pdf
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Thu Mar 23, 2023 2:06 pm
by HeinM
PMP se primers (was) ook nogal warm. Almal
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Thu Mar 23, 2023 9:19 pm
by Alwin
Oor die algemeen word Federal se 215 as die warmste of mees energieke slagdoppie geag.
Die item is spesifiek ontwikkel om die groot Weatherby doppe met meer as 100 gn stadig-brandende kruit betroubaar te ontsteek, ook in sub-zero temperature.
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Fri Mar 24, 2023 8:44 am
by Desperatezulu
Federal 215 = LR
Magnum
Federal 210 = LR
partner wrote: Thu Mar 23, 2023 12:51 pm
Die Warmste (Large Rifle Primer)
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Fri Mar 24, 2023 11:56 am
by partner
Dankies sover. Waardeer bitter baie. Alwin en ander. As ek verder mag vra. Watter alle groot kalibers sal mens die Fed 215. Magnum Primers voor kan gebruik. Ek dink bv aan die 416 Rigby ens. Net n voorstel. As ons moontlik n lys van groot kalibers kan saamstel. Sal dit wonderlik wees. Groete.
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Fri Mar 24, 2023 1:24 pm
by Giepie
HeinM wrote: Thu Mar 23, 2023 2:06 pm
PMP se primers (was) ook nogal warm. Almal
PMP se slagdoppies is nie warmer as CCI200 nie. Ek het hier toetse wat ek gedoen het se resultate gewys.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... slagdoppie
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Fri Mar 24, 2023 1:59 pm
by HeinM
Nee. Ek stry nie. Ek sê bloot dat dit warm was... Die LR moes werk vir klein, standaard en magnum kalibers.
Groetnis!
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Mon Mar 27, 2023 8:49 pm
by Alwin
partner wrote: Fri Mar 24, 2023 11:56 am
Dankies sover. Waardeer bitter baie. Alwin en ander. As ek verder mag vra. Watter alle groot kalibers sal mens die Fed 215. Magnum Primers voor kan gebruik. Ek dink bv aan die 416 Rigby ens. Net n voorstel. As ons moontlik n lys van groot kalibers kan saamstel. Sal dit wonderlik wees. Groete.
Mens kan hulle seker in enige dop gebruik waar hulle in kan pas. Ontwikkel net die lading van die begin af daarmee.
Sommige presisie skuts mag dalk argumenteer dat Fed 215 slagdoppe meer aktiewe bestandele bevat en dus meer kans vir variasies kan gee...
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Tue Mar 28, 2023 5:12 am
by Frederik
Ek gebruik Fed 215 in my 375 1o jaar plus en 458 lott nou al vir 4 jaar loop soos stroop.
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Tue Mar 28, 2023 6:22 am
by JF123
http://www.targetshooter.co.uk/?p=1471
Die bogenoemde primer toets is bietjie oud, maar illustreer die nodige.
ń Magnum slagdoppie gee nie noodwendig meer spoed of druk nie en gee nie noodwendig slegter es/sd nie.
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Tue Mar 28, 2023 1:15 pm
by partner
Jissie. Baie dankies vir Julle teruvoering. Waardeer bitter baie.Groete.
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Tue Mar 28, 2023 5:26 pm
by Killzone
Jammer vir die skaak Mnr Partner, maar wil graag hoor wat is die lede se ondervinding met S&B se LRP..
Ek help 'n Vriend altyd met lading-ontwikkeling. Ons het van Federal Match verander na S&B agv bekombaarheid, en 'n hele paar fps opgegaan. Askuus, ek kan nie presies onthou nie; maar dit was seker 60 fps. Ek wil hom nou nie vra nie, sy Vader is gisteraand oorlede

Maar dit was aansienlik met slegs die verandering van slagdoppie.
Re: Warmste (Large Rifle Primer)
Posted: Tue Mar 28, 2023 6:32 pm
by JF123
Ek gebruik nou al vanaf 2017 S&B vir my 308 ladings. Dit was om daardie tyd wat CCI200 op gegaan het na R100 ń pakkie. Toe was S&B R45. Van daardie tyd het ek nog nooit probleme ondervind om my ES/SD laag te hou nie.
Net ook by sê. Die slagdoppies is bietjie kleiner as SAAMI spesifikasies. So, as jy gereeld jou ladings "red-line", sal jy so by die 6de/7de herlaai vind die slagdoppies gaan maklik in. Dan skakel jy oor na CCI.