Page 1 of 1

Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 9:55 am
by Kaalvoetthysie
Hallo manne,

Ek wil vir my ‘n verkyker koop. Het baie navorsing gedoen en besluit op die Vortex Diamondback HD.

Nou is die vraag vat ek die 8x42 of 10x42?

Ek jag Bosveld en Vrystaat vlaktes elke jaar. My kop staan na die 8x vergroting toe sodat ek hom in die bos ook kan gebruik, maar ek is nie seker of ek te veel gaan op gee met vlakte jag nie.

Groete
Thysie


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 10:07 am
by Lategan1
Hier was jaar of wat gelede soorgelyke vraag. Verbeel my die uitkoms was 10x.

In my boek het ek dit as volg.

Indien 8x kies dan die beste wat jy kan bekostig. Die goeie glas maak op vir tot slegs 8x vergroting asook die minder bewerasie teenoor die 10x.

Indien 10x kies, kan mens wegkom met ‘n minder duur verkyker, ook groter verskeidenheid. Indien vanaf bakkie of driepoot of iets dergliks gebruik, beslis dan ‘n 10x.

Behalwe vir die glas, is my 2de kriteria massa. Ek wil lig moontlik wees. Ek gebruik ‘n 7x vergroting Leica rangefinder en los my verkyker gereeld by die huis!

My 2c.

Beste.

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 10:09 am
by Ds J
Ek neem aan dis vir stapjag? Ek het n 10x50 vir alledaagse gebruik. Hy is groot en swaar, maar die bakkie dra hom. Gewig en grootte is dus nie n faktor nie. As die gewig en grootte naastenby ewe veel is sal ek altyd die sterker vergroting kies. My 10x werk op kort afstande ook, dit vat net n rukkie om hom gewoond te raak.

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 10:30 am
by tripodmvr
Ek het twee 8x40 verkykers - een 'n baie ou Pentax en dan 'n Nikon. Hulle is baie lekker vir alledaagse gebruik, maar is groot en moeilik om saam met jagtoerusting saam te dra.

Vir jag het ek 'n 10x25 Hawke wat in my boonste hempsak pas. Dit is voldoende om onsekerhede in die bos mee te ondersoek en selfs op die vlaktes te gebruik. Dit is nou nie gepas vir heeldag se soek van wild vanaf 'n uitkykpunt nie, maar dit vergoed met al die ander voordele genoem. Gewig synde 'n groot faktor. Dit kan ook met een hand hanteer word.

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 10:39 am
by Frederik
Ek jag nou al seker meer as 18 jaar met 10x vegroting verkyker bosveld meestal nog nooit gewonder of ek eerder x8 vergroting wil he nie.
Nikon Monarch 3 10x42

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 11:35 am
by Ds J
Frederik wrote: Tue Mar 21, 2023 10:39 am Ek jag nou al seker meer as 18 jaar met 10x vegroting verkyker bosveld meestal nog nooit gewonder of ek eerder x8 vergroting wil he nie.
Nikon Monarch 3 10x42
Frederik , hoe dra jy hom? Ek het die 10x50 en hy is baie groot om saam te dra.

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 11:50 am
by Lategan1
Frederik wrote: Tue Mar 21, 2023 10:39 am Ek jag nou al seker meer as 18 jaar met 10x vegroting verkyker bosveld meestal nog nooit gewonder of ek eerder x8 vergroting wil he nie.
Nikon Monarch 3 10x42
Ek gebruik presies hom, die oogstukke se skroefdraad ‘n slag deur Nikon laat regmaak, ook omtrent 15/18jr :laugh:
Hy werk hard en ook die een wat ek soms los en slegs rangefinder Leica ongelooflike krisp glas gebruik.

Nou neem jy ‘n 8x Leica of soortgelyk, vergelyk dan sien mens die verskil. Probleem is ek gaan nie met ‘n Leica om my bors en op my pens kruip of aanlê nie!

Moenie die punt wat ek probeer oordra mis nie, beste glas in ‘n 8x kan jou tweekeer laat dink teenoor deur net sê gaan vir sterker 10x. Besluit wat jou tipiese gebruik regverdig en kies dan. Ek kan nie getuig oor die kwaliteit van die Vortex nie.

Ek is naby om weer een aan te skaf, het met my oë deur verskeie gekyk vir dieselfde rede as die vraag.

Die manne wat 8x verkykers gebruik moet eerder sê of hulle dink hulle skiet tekort? Dit kan baie gewig dra.

Beste.

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 12:31 pm
by Lategan1
As jy nog nie hieroor gelees het nie:

“What is the exit pupil of 10x42?

10x42 binoculars:

The formula is 42 ÷ 10 = 4.2 – Therefore, the diameter of the exit pupil is 4.2mm and this shows that all other things being equal an 8x42 pair of binoculars would be a better choice than a 10x42 pair in poor light conditions.”

10x50= 5; dit illustreer o.a. hoekom dit nie so eenvoudig is deur net nee te sê vir ‘n 8x42 = 5.25 exit pupil nie.

Beste.

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 12:33 pm
by Frederik
Frederik , hoe dra jy hom? Ek het die 10x50 en hy is baie groot om saam te dra.
[/quote]

Met 'n harnas dit raak jy gewoond en verkyker uit die pad maat dadelik byderhand.

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 4:15 pm
by Ds J
Dankie

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 6:17 pm
by tripodmvr
Lategan1 wrote: Tue Mar 21, 2023 12:31 pm As jy nog nie hieroor gelees het nie:

“What is the exit pupil of 10x42?

10x42 binoculars:

The formula is 42 ÷ 10 = 4.2 – Therefore, the diameter of the exit pupil is 4.2mm and this shows that all other things being equal an 8x42 pair of binoculars would be a better choice than a 10x42 pair in poor light conditions.”

10x50= 5; dit illustreer o.a. hoekom dit nie so eenvoudig is deur net nee te sê vir ‘n 8x42 = 5.25 exit pupil nie.

Beste.
In Afrika is die son helder en is swak lig baie min kere 'n probleem terwyl mens jag. Ook is daar die goue reël om skote te vermy in die laatmiddag. Die klein 8x25 verkyker wys vir my genoeg om besluite oor grootte en tipe van die wild te maak. Die veldwydte is ook voldoende om 'n voorwerp vinnig op te spoor. Skietstokke help ook om dit stil te hou vir 'n beter beeld. Gaan loer deur van die nuwer modelle en dan sal julle beter verstaan hoekom dit my keuse is.

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 8:28 pm
by Giepie
Voëlkykers sal vir jou sê 8x, my ervaring is dat jagters eerder 10x gebruik. Maar die kwaliteit van die glas is baie belangriker as die vergroting. My 8x32 Nikon is BAIE duideliker as 'n 10x50 corporate gift verkyker. Gaan kyk deur die verkykers en neem die besluit oor wat jy deur die lens sien. Maak ook seker dat die verstelling vir jou oë reg gedoen, is anders kan dit dof lyk.

Sodra jy besluit en gekoop het, moenie deur 'n ander een kyk nie, behalwe een wat beslis swakker is. ;D

Re: Verkyker vergroting

Posted: Tue Mar 21, 2023 8:59 pm
by Pvdw
Kaalvoetthysie wrote: Tue Mar 21, 2023 9:55 am Hallo manne,

Ek wil vir my ‘n verkyker koop. Het baie navorsing gedoen en besluit op die Vortex Diamondback HD.

Nou is die vraag vat ek die 8x42 of 10x42?

Ek jag Bosveld en Vrystaat vlaktes elke jaar. My kop staan na die 8x vergroting toe sodat ek hom in die bos ook kan gebruik, maar ek is nie seker of ek te veel gaan op gee met vlakte jag nie.

Groete
Thysie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het baie jare baie ernstig voëls gekyk en is tot vandag vol dinges as dit kom by vêrkykers.

Ek persoonlik koop altyd 8x. My hoof rede was dat 'n voëlkyker die oggend as hy/sy opstaan begin kyk en die vêrkyker neersit as die son sak. Dis nou as daar geen nag lewe is nie anders hou hulle aan kyk. Jy kan maklik 5-6 ure per dag deur die glas staar. Dit sit egter stres op jou oë en as die glas nie Zeiss/Swaro/B&L/Leica is nie gaan die 10x nog meer stres op jou oë sit as die 8x.

Soos die jare aangaan en jy nie meer so stabuul is soos jy was op 25 nie begin die 10x die effe bewe wat jy het meer uit te wys as die 8x. Glo my as jy heel dag jou veêrkyker gebruik raak die bg. faktore belangrik.

Ek verstaan dat jou gebruik anders gaan wees. Ek het egter ondervind dat jy nie regtig meer detail kan sien met die 10x as met die 8x nie. Die 8x reekse het gewoonlik ook 'n wyer vield of view wat ek verkies. Edge distortion op die mid tot lae prysklas glas is ook erger met die 10x.

Persoonlik verkies ek eerder 'n 50mm objective lens indien moontlik bo die sterker 10x vergrootting.

Geniet die soek, koop en gebruik van jou nuwe glas.

Re: Verkyker vergroting

Posted: Wed Mar 22, 2023 4:12 pm
by Kaalvoetthysie
Dankie vir al die input manne. Ek het toe met die 10x42 gegaan


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Verkyker vergroting

Posted: Wed Mar 22, 2023 7:26 pm
by Eduard Venter
Ds J wrote:
Frederik wrote: Tue Mar 21, 2023 10:39 am Ek jag nou al seker meer as 18 jaar met 10x vegroting verkyker bosveld meestal nog nooit gewonder of ek eerder x8 vergroting wil he nie.
Nikon Monarch 3 10x42
Frederik , hoe dra jy hom? Ek het die 10x50 en hy is baie groot om saam te dra.
Soos oom F sê, 'n harnas maak dit baie beter!

Andersins dra ek my verkyker met die gewone band, maar dra hom so dat die band oor jou regterskouer trek en die verkyker onder jou linker skouer hang. Jy kan hom maklik verder terug skuif dat hy uit die pad is en vorentoe as hy naby moet wees vir vinnige gebruik. Ek dra hom meestal so en dis baie gemaklik. Die foto is nou nie vreeslik duidelik nie maar behoort die idee te gee van hoe ek hom dra.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Image