Page 1 of 1

Krok en Njala Maart 2023

Posted: Mon Mar 20, 2023 11:41 am
by Frederik
Was gelukkig om vriend van my op die spoor te sit van mooi wilde krokodil in Hluluwe area KZN en te kon saamgaan.
Die krok was oud en soos 'n ou dagga boy besluit die is sy dam hy gaan nerens heen nie.

Eienaars het toe gereel om te kyk vir 'n permit en dit is toe die krok adverteer was.
Ek gaan nie lang storie skryf nie maar net vinnige punte.

Ons het bait uitgegooi by sy dam sodat hy homself kon wys want ons eerste dag wou hy glad nie uitkom nie. Die krok was baie skelm en skoot moes toe in water gevat word waar sy kop net uitsteek. Beter as die vorige dag se niks sien nie.
Skoot was 60 meter en was te laag eers gedink dit was perfek maar ons was verkeerd.
Die res van die dag en die nag tot 11uur gesit en wag laat ons nog skoot kon kry maar geen geluk nie.

Volgende dag rustig langs die dam gesit en wag paar keer gesien dat hy net sy neus uitsteek om asem te haal.
Met een van die kon ons die neus raakskiet en daarna het hy meer gereeld opgekom todat ons mooi brein shoot gekry het.

Ek het darem kans gekry om mooi njala bul te kap met die 458 lott as dankie op 20 meter kon ek net kop tussen die blare en ruig bos sien my skoot was bietjie laag en links maar die njala het geval. Ons moes ons pad oop kap deur die ruig bos en toe ek by hom kom toe staan hy op. Ek het die 458 Lott vinnig neergesit en my 9mm een in sy kop geskiet toe hy omdrai en ek vinnig tweede een in sy oor skiet met die loop wat basies aan hom raak.

Sonder die 9mm sou daar verseker moeilikheid wees!

Krokodil was op die kop 4 meter lank en oud.

Image

Image

Image

Image

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Mon Mar 20, 2023 12:44 pm
by Geno
Gaan daai neef van my moet skiet lesse gee as ek die ding so luister...

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Tue Mar 21, 2023 10:48 am
by Methos
Baie geluk met die njala Frederik! Dis 'n bleddie groot krok daai!

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Tue Mar 21, 2023 11:00 am
by Kaalvoetthysie
Baie geluk!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Tue Mar 21, 2023 11:11 am
by Frederik
Ek wou nou nie enige persone in die fotos gebruik nie maar vir skaal die kake word oopgehou met 'n 375 H&H dop.
Mens kan sien die krook het jare agter sy rug met gevlekte tande and baie growwe vel op sy neus en donker kleur.

Tweede grootse krok wat ek nog by was 4.5 meter was die grootse in Mosambiek.

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Tue Mar 21, 2023 11:30 am
by tripodmvr
Daardie is 'n mooi simmetriese stel horings. Lengte? Jy nie dalk 'n foto wat dit van voor wys nie?

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Thu Mar 23, 2023 8:44 am
by Dawie Malan
Baie mooi. Mooi storie ook.

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Thu Mar 23, 2023 12:52 pm
by Frederik
tripodmvr wrote: Tue Mar 21, 2023 11:30 am Daardie is 'n mooi simmetriese stel horings. Lengte? Jy nie dalk 'n foto wat dit van voor wys nie?
Oom Marius nee geen ander fotos die linker kant van die njala se gesig het bietjie tweede gekom met die 500g SBC op 20 meter teen 2270fps, die dat hy so skuins le teen die grond.

Horings was 26" op die dot albei van hulle sy Bell was nie so diep om meer te meet nie.

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Thu Mar 23, 2023 2:16 pm
by Eduard Venter
Mooi fotos. Lyk my oom skiet deesdae alles met die Lott. Lekker roer daai, maak my jeuk net erger!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Thu Mar 23, 2023 2:29 pm
by Frederik
Use Enough Gun - Hahaha hy loop mooi met die SBC koeels en die 500gr Impala solids print selfde POA.

Einde April jag sal ek die 7x57 en 375 weer aan die werk steek.

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Thu Mar 23, 2023 5:23 pm
by Ds J
Hoe groot is die teikenarea vir n kopskoot op n krokodil?

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Thu Mar 23, 2023 7:54 pm
by Frederik
Ds J wrote: Thu Mar 23, 2023 5:23 pm Hoe groot is die teikenarea vir n kopskoot op n krokodil?
Bietjie groter as 'n gholfbal.
Beter skoot is die nek net agter die kop as daar kans is.

Re: Krok en Njala Maart 2023

Posted: Fri Mar 24, 2023 3:50 am
by Ds J
Baie dankie.