Page 1 of 1

Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Sun Mar 12, 2023 8:45 am
by Chris (vdB)
More Almal

Ek het die week n' paar skote gaan skiet met my 30-06 om weer spoed te meet om te kan sien of daar iets aangepas moet word. My doppe is nou almal 1 keer gevuur en nou na die tweede vuur het die H2O volume verander van 70,3gr na 70,7gr, wat ek verstaan. Ek het ook die TPL verander van 80,48mm (1.2mm jump) na 80,91mm (0,8mm jump). Met die virgin doppe het QL gese 54,0gr vir 3348fs, maar nou met die TPL en dop volume wat meer geword het, het die spoed ook meer geword 3391fs met dieselfde 54,gr lading. Ek verstaan dat veranderings gaan plaasvind, maar my kop se met die grooter dop volume en langer TPL moet druk af kom so ook spoed (behalwe nou as die koeel baie naby aan die lands) is. Voor iemand skrik vir die spoed, dit was met 110gr V-Max geskiet. Verder het ek ook sit en somme maak en die loop het nou so +- 250 skote deur hom. Kan dit wees dat die loop nou eers behoorlik ingeskiet is en begin spoed wen het? Van wat ek al gelees het gebeur dit gewoonlik al voor 200 skote? Ek hoor graag van julle dat ek beter verstaan.

Dankie
Groete

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Sun Mar 12, 2023 8:52 am
by Chris (vdB)
Net om klein TPL verstelling se spoed verskil te toets het ek gister 3 gelaai 0,7mm van die lands en geskiet en die avg spoed was dieselfde 3391fs as wat ek gekry het met 0.8mm

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Sun Mar 12, 2023 10:40 am
by LUAN
As jy nader aan die lands kom gaan jou druk op en laer as jy verder weg beweeg. Die loop se aantal skote sal ook n verskil maak. Waneer laas het jy hom goed skoongemaak en ontkoper? Soos die koper aanpaksel meer word gaan die loop "nouer" word en druk opstoot wat spoed opstoot.

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Sun Mar 12, 2023 11:03 am
by Chris (vdB)
LUAN wrote: Sun Mar 12, 2023 10:40 am As jy nader aan die lands kom gaan jou druk op en laer as jy verder weg beweeg. Die loop se aantal skote sal ook n verskil maak. Waneer laas het jy hom goed skoongemaak en ontkoper? Soos die koper aanpaksel meer word gaan die loop "nouer" word en druk opstoot wat spoed opstoot.
Die loop was silver skoon geskrop met Autosol einde laasjaar, het basies 20 skote geskiet na dit

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Sun Mar 12, 2023 2:32 pm
by Lategan1
Chris, solank as wat jy in die proses van doppe vuurvorm is, moet nie te veel redes by ander plekke soek en te wil lees nie. Druk en spoed kan verlaag tydens fireform omrede dit energie vereis om te vuurvorm - doppe te vervorm om in jou geweer te pas. Dit kan selfs 2-maal se vuur wees om doppe behoorlik te vuurvorm. Alles is relatief tot die toleransies en kopspasie in jou geweer.

QL kalibreer jou 54gr met die gevuurde doppe se nuwe volume en jy behoort reg of amper reg te wees.

Beste.

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Sun Mar 12, 2023 3:23 pm
by JohanvB
Net noem, het my 6.5 se jag koeëls met .05 langer gemaak, my spoed het met so 25fps geval.

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Sun Mar 12, 2023 3:24 pm
by JohanvB
Net noem, het my 6.5 se jag koeëls met .05 langer gemaak, my spoed het met so 25fps geval.

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Sun Mar 12, 2023 3:26 pm
by tripodmvr
Hoe minder sprong naby aan die lande hoe vinniger kan druk toeneem.

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Sun Mar 12, 2023 4:13 pm
by Chris (vdB)
Dankie Almal

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Wed Mar 15, 2023 12:36 pm
by Lategan1
Chris (vdB) wrote: Sun Mar 12, 2023 4:13 pm Dankie Almal
Laat weet, ek leer saam!

Beste.

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Wed Mar 15, 2023 4:43 pm
by Chris (vdB)
Oom Tripod het my in die agtergrond weer gehelp om op node te kom, waarvoor ek baie dankbaar is. 53,2 gr vir 3340 ft/s
20230313_161843.jpg

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Wed Mar 15, 2023 5:27 pm
by JohanvB
Mooi man!!!

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Wed Mar 15, 2023 5:40 pm
by JohanvB
Mooi man!!!

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Wed Mar 15, 2023 5:43 pm
by Chris (vdB)
Dankie, als te danke aan Oom Tripod

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Wed Mar 15, 2023 6:30 pm
by Lategan1
Netjies. Jy het dus 0.8gr gesak vir basies dieselfde spoed en jou TPL?

Oom Tripod se doepa was vir my nog altyd suksesvol.

Beste.

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Wed Mar 15, 2023 6:43 pm
by Chris (vdB)
Lategan my TPL was voorheen 1.2 mm van die lande, het dit nou verander na 0.8 mm van die lande. In my gewere skiet die V-Max'e mooi met n' 0.8 mm jump

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Wed Mar 15, 2023 8:09 pm
by Lategan1
Chris (vdB) wrote: Sun Mar 12, 2023 8:52 am Net om klein TPL verstelling se spoed verskil te toets het ek gister 3 gelaai 0,7mm van die lands en geskiet en die avg spoed was dieselfde 3391fs as wat ek gekry het met 0.8mm
Ek het vanaand Berger koeëls in my “arbor press and chamber seating die with micrometer” gelaai. Top items maar standaard. Die verskil tussen 0.7 en 0.8mm spring is vir alle praktiese redes ignoreerbaar in standaard toerusting en gewere. Soos jou spoedlesings ook aandui. Die totale afwyking op onderskeidelik die koeël en die “chamber die” is amper dit, gemeet op MOL, +_0.03mm.

Eric Cortina se toerusting is alles super akuraat. Hy werk so fyn as 0.07mm (0.1mm) intervalle vir TPL toetse.

Vir konteks.

Beste.

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Wed Mar 15, 2023 8:30 pm
by Chris (vdB)
Ek het al so paar van die 110gr V-Max'e gemeet en geweeg, daar is maar redelik verskille gewees. Daar was net 1 van die 12 wat ek geweeg het, wat presies 110gr weeg. Die ander wissel van 109,6 tot 109,9. Selfde probleem maar met die lengtes ook, maak ek gaan nou nie dat dit my wakker hou in die nag nie

Re: Langer TPL + grooter dopvolume = meer of minder spoed?

Posted: Wed Mar 15, 2023 10:02 pm
by tripodmvr
Moenie wakker lê nie. Jou praktiese toets wys dat dit nikseggend is.