Page 1 of 1
Quickload hulp asb
Posted: Sun Mar 05, 2023 1:11 pm
by Johan308
Dagse manne
Ek vra hulp met quickload asb, ek het 'n 6.5 PRC gekoop en ek het hom nog nie geskiet nie.
Geweer is 'n Sauer Fieldshoot
Dop volume is 67.5 grein water
Max TPL is 77.60
Die loop is 24 duim
Punte is Hornady 147 gr Eldm
Ek het baie S365 en wil graag met dit laai.
Enige hulp asb.
Dankie
Sent from my SM-A326B using Tapatalk
Re: Quickload hulp asb
Posted: Sun Mar 05, 2023 5:27 pm
by tripodmvr
Begin 47gr en node 6 is naby 2800vps. Halfnode na bo is by 2840vps. Gaan op in 1gr inkremente en stop as jy by 2890vps kom.(Maks druk)
Re: Quickload hulp asb
Posted: Sun Mar 05, 2023 6:54 pm
by Johan308
Baie dankie Oom, hoe vol is die dop by 47gr?
Sent from my SM-A326B using Tapatalk
Re: Quickload hulp asb
Posted: Sun Mar 05, 2023 7:04 pm
by tripodmvr
83% - meer as genoeg om veilig te wees.
Re: Quickload hulp asb
Posted: Sun Mar 05, 2023 7:16 pm
by Johan308
Baie dankie Oom, sodra ek kans kry sal ek hom gaan toets!
Sent from my SM-A326B using Tapatalk
Re: Quickload hulp asb
Posted: Sun Mar 05, 2023 7:56 pm
by tripodmvr
Onthou net dat daar groot verskille tussen Lotte van S365 voorkom. Hou die spoed goed dop. Met 47gr bereken QL 2665vps. Let mooi op waar die werklike spoed op inkom en maak aanpassings. Die V/C verhouding is dan handig om te gebruik = Spoed/lading. Kry jy sĂȘ 2700vps dan is daardie Lot se V/C = 57,45 vps per grein. Dit sal beteken dat jy by 50.3gr die maksimum spoed en druk gaan bereik.
Die V/C faktor vir my berekeninge is by 56,70.
Re: Quickload hulp asb
Posted: Sun Mar 05, 2023 7:59 pm
by tripodmvr
Moet net noem dat ek TPL = 76,60mm gemaak het.
Re: Quickload hulp asb
Posted: Sun Mar 05, 2023 8:03 pm
by Johan308
Die lot wat ek het is een van die laaste batches, die dev is - 0.1%. Die poeier is aan die vinnige kant vir die kaliber en ek sal moet kyk na alternatiewe. Baie dankie vir die hulp
Sent from my SM-A326B using Tapatalk
Re: Quickload hulp asb
Posted: Sun Mar 05, 2023 8:40 pm
by tripodmvr
My ondervinding is dat daardie syfer baie min beteken. Die warm lotte se afwykings word as gering getoon, maar verskille is groot. Die praktiese skiet toon die werklike verrigting. Lot 99 was 4% stadiger as QL se syfers vir 'n 300WM wat ek die week bereken het.