Page 1 of 3
.22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Tue Feb 21, 2023 9:50 am
by Arnold
Nou dat skiet so duur geword het lyk dit my raak die .22 al hoe meer populer en mens sukkel om .22 ammo op die rak te kry.
Aangesien HeinM ook iets anders as 'n advertensie wil sien het ek gedink dit kan goed wees om 'n draad te skep vir spesifiek .22 groeperings en ammo toetse wat jy dalk al gedoen het. Sommer om so bietjie te deel hoe die .22 ammo doen in jou geweer.
Wat ek opmerk is dat die goedkoop ammo nie in almal se gewere mooi werk nie maar dat die duurder ammo ok doen. As jy dan kan toets is dit moontlik om iets te kry wat wonderlik werk in jou roertjie.
Ek van die draad wat Paul het met die 5/6 teikens op 100m maar kom ons gebruik hierdie vir 'n minder ernstige deel van wat jou roer doen
Vir 'n begin sal ek hierdie cherry wat ek gepluk het op 100m plaas

16mm ctc en 6mm mean radius (MR) geskiet met Eley Match uit my standaard CZ457LRP
Untitled.jpg
Gemiddelde groep ctc afmetings was 39.83mm met 'n Mean Radius van 14.33mm oor 6 groepe op 100m in taamlike winderige toestande.
Een ding wat vir my uitgestaan het is dat die groepe eintlik min verskil in die wind ...
6 x 5 skoot groepe se gemiddeldes op 100m
SK standard plus ctc 46.33mm MR 15.83mm
SK Rifle Match ctc 43.17mm MR 14.83mm
SK Rifle Match ctc 45.67mm MR 14.5mm (ek wou hierdie net weer toets, daarom het ek nog 6 groepe geskiet)
Eley Tenex ctc 45.67mm MR 15.5mm
Eley Tenex (ander lot) ctc 40.67mm MR 14.83mm
Eley Match ctc 39.83mm MR 14.33mm
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Tue Feb 21, 2023 4:13 pm
by LoopSoosStroop
Kan ongelukkig nie saampraat nie, het jare laas 'n .22 gehad, maar dis baie interessant.
Wat kos sulke "duurder" .22 ammunisie deesdae? En die goedkoper opsies?
En watter tipe akkuraatheid het mens nodig vir die tipiese nuwe .22 skiet kompetisies? MAW waar begin mens se toerusting/ammo kombinasie mens dalk in die steek laat?
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Tue Feb 21, 2023 7:29 pm
by Arnold
Ek dink as jy ammo vir onder R3 n rondte kry dan doen jy goed.
Goedkoop ammo soos SK is so rondom R4 n rondte afhangende van watse flavour jy kies.
Die duurder ammo is enige iets van R6 en meer en moe ie verbaas wees as jy rondtes vir R9 of meer op die raw sien nie.
Die akkuraatheid is ek nie seker van nie want ek is nog te nuut op die kompetisie front maar ek skat jy wil naby aan 1 MOA op 100m wees in goeie kondisies en 1.5 tot 2 MOA in slegter kondisies. Hier verwys ek nou nie na daai een groepering nie maar gemiddeldes.
Soos ek noem is nog nuut en dit is my idee maar die manne soos Geno wat nou al n paar NRL kompetisies geskiet het kan hier kom bylas.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Tue Feb 21, 2023 7:43 pm
by Sako75
50m met ‘n ou Sako M78
Eley Match
3-12x42 Schmidt Bender FFP
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Tue Feb 21, 2023 10:11 pm
by snakker
Rename hierdie thread sommer na "22 Fyn Brag"
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Wed Feb 22, 2023 8:39 am
by LUAN
Ek neem nie altyd fotos maar het nog die een op die foon wat ek as verwysing hou dat ek kan onthou wat werk die beste in my
22's. Eks spyt ek het nie meer gekoop toe ek kon en dit beskikbaar was. Dink ek het R130 n pakkie betaal wat vandag as goedkoop beskou sal word. Net ander dag toe kon jy federal vir R65 n boksie koop.
Groepe was met Sk standard plus en Match geskiet op 50m
Bruno met leupold 2-7x33 boonste groepe
en kort loop Norinco met Hawke 2-7x33 onder.
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Wed Feb 22, 2023 8:41 am
by snakker
Weet iemand of daar enige slip-on silencer opsies in die SA mark is MET n tuner? Nie lus om draad op my Anschutz te laat sny nie...
Of dan net slip-on tuner/brake opsie?
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Wed Feb 22, 2023 9:19 am
by Ammion
Ek weet John Scholtz (083 390 9289) in Pretoria maak 'n tuner wat vas klamp op 'n loop. Jy gee jou loop deursnee vir hom en hy maak daar volgens. Weet van paar .22LR benchrest manne wat sy tuner gebruik en is redelik bekostigbaar.
Ek sou ook nie skroefdraad op 'n Anschutz loop sny nie.
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Wed Feb 22, 2023 9:23 am
by snakker
Ammion wrote:Ek weet John Scholtz (083 390 9289) in Pretoria maak 'n tuner wat vas klamp op 'n loop. Jy gee jou loop deursnee vir hom en hy maak daar volgens. Weet van paar .22LR benchrest manne wat sy tuner gebruik en is redelik bekostigbaar.
Ek sou ook nie skroefdraad op 'n Anschutz loop sny nie.
Dankie, ek luister by hom
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Wed Feb 22, 2023 2:51 pm
by Ammion
S0.44EM.JPG
S0.42EM.JPG
S0.39EM.JPG
Beste 5 skoot groepe op 100m wat ek in Januarie geskiet het.
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Wed Feb 22, 2023 2:53 pm
by Ammion
S0.30EM.JPG
S0.29EM.JPG
Beste 5 skoot groepe op 100m wat ek in Februarie geskiet het.
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Wed Feb 22, 2023 2:56 pm
by Ammion
Laaste groep (0.29 moa) is die beste 5 skoot groep wat ek nog op 100m geskiet het met 'n rimfire. Ek moes fokus op beter as dit te doen met my 6.5 x 47 Lapua .....
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Thu Feb 23, 2023 7:55 am
by Arnold
Daardie is regtig uitsonderlik!
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Thu Feb 23, 2023 8:15 am
by Lategan1
Uitstekend - die nuwe Vudoo doen sy ding!
Volgens hierdie kan mens akuraat aflei ‘n een gat 10x groep op 100m.
Geniet.
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Sat Feb 25, 2023 3:09 pm
by Arnold
SK Rifle Match is getoets maar die wind is nie lekker die naweek in die Kaap nie.
Die was die beste twee groepe wat ek kon kry op 100m.
Geskiet met my standaard CZ457 LRP met bipod voor en n 3% crossbone sakkie agter.
Vir so R4 n rondte is ek baie gelukkig hiermee.
IMG-20230224-WA0069.jpg
IMG-20230224-WA0068.jpg
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Sun Feb 26, 2023 9:41 am
by JF123
Ek dink nie dat om net die beste groepe te wys is enigsins hulpvaardig nie. Die idee is tog om te sien hoe goed die ammunisie is. Vir dit soek jy die gemiddelde groep grote, nie net die beste 5 of 10 uit 50 nie.
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Sun Feb 26, 2023 12:47 pm
by Arnold
JF123 wrote:Ek dink nie dat om net die beste groepe te wys is enigsins hulpvaardig nie. Die idee is tog om te sien hoe goed die ammunisie is. Vir dit soek jy die gemiddelde groep grote, nie net die beste 5 of 10 uit 50 nie.
Kom wys ons jou groepe met die .22, in die wind, met verskillende rondtes op 100m
Om die wind as veranderlike te isoleer moet jy binnehuis skiet en dan stem ek saam met jou kommentaar maar as jy al in die wind met n .22 op 100m geskiet het sal jy weet hoe die wind die skote beinvloed. As jy dan op Kraaifontein tussen walle skiet sal jy ook n groot verikale invloed sien en n nie hoofsaaklik horisontaal nie.
So as daar nie wind is nie, great
Terloops, as n kontrole het ek ook Eley Match geskiet, waarvan die groepe in die wind ook nie great was nie ...
So afhangend van jou doel sou jy dan ammo se spoed afwyking oor 50 skote kon vergelyk om te sien hoe dit gaan presteer op langer afstande.
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Sun Feb 26, 2023 6:25 pm
by Lategan1
@Arnold, @Ammion en ander. Kan julle volhou met julle plasings asb. Dit is altyd leersaam en bou die sport uit.
Ongeag met 0km of 25km wind groepe, lekker om die potensiaal te sien.
Dalk koop ek ook ‘n Vudoo.
Beste.
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Sun Feb 26, 2023 8:39 pm
by JF123
Arnold wrote: Sun Feb 26, 2023 12:47 pm
JF123 wrote:Ek dink nie dat om net die beste groepe te wys is enigsins hulpvaardig nie. Die idee is tog om te sien hoe goed die ammunisie is. Vir dit soek jy die gemiddelde groep grote, nie net die beste 5 of 10 uit 50 nie.
Kom wys ons jou groepe met die .22, in die wind, met verskillende rondtes op 100m
Om die wind as veranderlike te isoleer moet jy binnehuis skiet en dan stem ek saam met jou kommentaar maar as jy al in die wind met n .22 op 100m geskiet het sal jy weet hoe die wind die skote beinvloed. As jy dan op Kraaifontein tussen walle skiet sal jy ook n groot verikale invloed sien en n nie hoofsaaklik horisontaal nie.
So as daar nie wind is nie, great
Terloops, as n kontrole het ek ook Eley Match geskiet, waarvan die groepe in die wind ook nie great was nie ...
So afhangend van jou doel sou jy dan ammo se spoed afwyking oor 50 skote kon vergelyk om te sien hoe dit gaan presteer op langer afstande.
Enige iemand wat in die Kaapse somerwind wil ammunisie toetse doen, moet maar vat wat na sy kant toe kom.
Is die draad vir ammunisie toetse of vir fyn-brag?
Indien dit is vir fyn-brag moet ek sê dis mooi geskiet. Ek weet hoe erg die wind in die Kaap is. Ek het vir jare met die .22 skyfskiet gedoen tot op 200m sonder scope, bipod of sandsakkies. Dit kos goeie tydsberekening, wind lesing en ń klein bietjie geluk. Sit nie in elke man se broek nie.
As die draad is vir ammunisie toetse (soos per die draad se titel) is ek bietjie teleurgesteld. As mens net die beste groepies wys skep dit ń wanindruk van die ammunisie se akuraatheids potensiaal. Enige ammunisie toetse in moeilike winds omstandighede is nie verteenwoordigend nie juis as gevolg van al die skote wat nie getel kan word nie. Die vraag gaan altyd wees, "Is die skoot uit die groep as gevolg van wind, slegte skoot of slegte patroon?" Miskien is dit om die ammunisie te toets in die wind? Dan is dit nog meer belangrik om al die skote te wys om so ń realistiese verteenwoordiging van die ammunisie se akuraatheid te kry.
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Sun Feb 26, 2023 8:50 pm
by Arnold
JF123 wrote: Sun Feb 26, 2023 8:39 pm

Hou asb verby as jy teleurgesteld is of kom dra positief by en wys jou groepe waar jy ammunisie toets.
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Tue Feb 28, 2023 5:27 pm
by Chris (vdB)
Mag ek asseblief vra wat die app se naam is waarmee julle die groeperings so oulik meet?
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Tue Feb 28, 2023 6:03 pm
by Gian_dP
Chris (vdB) wrote:Mag ek asseblief vra wat die app se naam is waarmee julle die groeperings so oulik meet?
Range Buddy op Android, dink die Apple een is SubMOA.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Tue Feb 28, 2023 6:47 pm
by Chris (vdB)
Gian_dP wrote: Tue Feb 28, 2023 6:03 pm
Chris (vdB) wrote:Mag ek asseblief vra wat die app se naam is waarmee julle die groeperings so oulik meet?
Range Buddy op Android, dink die Apple een is SubMOA.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Dankie Gian
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Tue Feb 28, 2023 7:47 pm
by Klein Karoo
Mag ek asb vrae hoe julle besluit op die tipe teiken wat julle gebruik, is dit spesifiek ontwerp vir .22 ?
Re: .22LR Ammo toets/groeperings
Posted: Tue Feb 28, 2023 8:05 pm
by Arnold
Klein Karoo wrote: Tue Feb 28, 2023 7:47 pm
Mag ek asb vrae hoe julle besluit op die tipe teiken wat julle gebruik, is dit spesifiek ontwerp vir .22 ?
Iets met 'n duidelike, klein mikpunt werk goed. Kleur kontras help dan ook om skote te sien teenoor bv. skote wat in swart land.
Ek gebruik baie sommer 'n ronde pienk plakker want ek sien die kleur maklik. Die plakker het egter nie 'n gedefinieerde mikpunt nie en dan sny ek hom in kwarte met my kruisdraad om die beste van die saak te maak.
Skerp hoeke op diamante werk nogal lekker maar die teiken maak nie meer soveel saak vir my nie. As ek sulke groepe skiet korregeer ek nie vir wind nie en mik net op dieselfde punt.