Page 1 of 1

Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Mon Feb 13, 2023 7:36 pm
by Skietstoel
Naandsê manne met kennis vd 7mm Remmington Magnum.
’n Jong jagter vra raad aangesien hy nou die kans kry om sy eerste Eland te jag en hy wil weet of 1) Die geweer die taak kan doen en
2) watter punt/ kombinasie sal die beste werk?
Groetnis

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Mon Feb 13, 2023 7:41 pm
by Malan123
Jy sal 'n eland gemaklik op sy gat neersit met 7mm rem magnum. Skoot plasing moet net reg wees. Siende dit 'n jong jagter is neem ek aan dit gaan hart skoot wees - 'n goeie bonded punt soos nosler accubond. As die skoot plasing sleg is gaan jy tien teen een 4 plase sien, maar dit is nie die kaliber se skuld nie.

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Mon Feb 13, 2023 9:00 pm
by RabieL
Die 7mm RM is meer as genoeg geweer. Ek het al seker 20 van hulle met een geroer. Hou by swaar vir kaliber koeels (175 grein) en sterker konstruksie agv sy spoed.

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Mon Feb 13, 2023 9:24 pm
by Giepie
'n Vriend van my skiet gereeld elande op sy plaas met 'n 7mm Rem Mag. Goeie monolities soos Barnes of Hornady GMX of nou CX in 150gr sal ook die bok neersit.

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Mon Feb 13, 2023 9:27 pm
by Carlc
Ek gebruik 160gr nosler partitions en hulle werk baie goed. N goeie bonded koel sal net so goed werk.

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Mon Feb 13, 2023 9:35 pm
by tripodmvr
Giepie wrote: Mon Feb 13, 2023 9:24 pm 'n Vriend van my skiet gereeld elande op sy plaas met 'n 7mm Rem Mag. Goeie monolities soos Barnes of Hornady GMX of nou CX in 150gr sal ook die bok neersit.
My 30-06 met 150TSX het meer as genoeg penetrasie getoon op 'n jong bul. Die bok het geswik met die trefslag en gaan sit. Vandaar het hy probeer opstaan, maar na so 30 sekondes omgedop. Koeël is op die bors in en deur die maag tot tussen sy agterbene.

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Mon Feb 13, 2023 9:41 pm
by Lategan1
RabieL wrote: Mon Feb 13, 2023 9:00 pm Die 7mm RM is meer as genoeg geweer. Ek het al seker 20 van hulle met een geroer. Hou by swaar vir kaliber koeels (175 grein) en sterker konstruksie agv sy spoed.
Sal mooi werk, iets soos Partition 175gr. Gaan lekker werk op die skouer ook!

Wat nie so lekker gaan werk nie is 162gr Eldx.

Dink die voorstelle is op die nommer - jou keuse gaan wees wat beskikbaar is.

Beste.

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Mon Feb 13, 2023 9:50 pm
by Skietstoel
Dankie vir almal se terugvoer, waardeer!
Groetnis

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Mon Feb 13, 2023 11:16 pm
by Ds J
Ek was op n elandjag waar die skut n sagtepunt loodkoeël in n 300 Weatherby gebruik het. Die koeël het kort onder die vel gebars en net n gedeelte van een long vernietig, met die gevolg dat hulle 11 of 12km ver gestap het op die kwesbok se spoor.

Gegrond op hierdie eenmalige ervaring sou ek aanbeveel om n swaar monolitiese koeël te skiet.

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 5:43 am
by Thunderhead
Waar gaan hy die eland jag op die vlakte of in die bos? Bul of koei?
Skietstoel wrote: Mon Feb 13, 2023 7:36 pm Naandsê manne met kennis vd 7mm Remmington Magnum.
’n Jong jagter vra raad aangesien hy nou die kans kry om sy eerste Eland te jag en hy wil weet of 1) Die geweer die taak kan doen en
2) watter punt/ kombinasie sal die beste werk?
Groetnis

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 5:59 am
by Frederik
Koei of bul, vlakte jag of bosveld?

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 6:37 am
by Vissie
Ds J wrote: Mon Feb 13, 2023 11:16 pm Ek was op n elandjag waar die skut n sagtepunt loodkoeël in n 300 Weatherby gebruik het. Die koeël het kort onder die vel gebars en net n gedeelte van een long vernietig, met die gevolg dat hulle 11 of 12km ver gestap het op die kwesbok se spoor.

Gegrond op hierdie eenmalige ervaring sou ek aanbeveel om n swaar monolitiese koeël te skiet.
Swaar en monolities is nie noodwendig maats nie. Ek sou sê jou opsies is eerder ‘n swaar of middeweg H mante tiepe loodkern koeël of ‘n midde-gewig monolitiese koeël wat jy teen ‘n hoër snelheid kan skiet.

Dit hang natuurlik af van die afstand waarop jy hom gaan skiet, en sodoende die spoed van die koeël op impak.

Beste wenk. Jag nader!

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 7:26 am
by Capt. Yoda
EK hoor hulle praat van die 7RM as die Creedmoor vir Mans

Kyk ook maar hoe lang patroon jy in jou magasyn kan laai voor jy besluit op lang swaar koele, enige ordentlike koel behoort goed te werk. In die ou dae het die manne Elande met 308s en PMP ook geksiet, ek was al by waar n monster Eland met n 270 ook geskiet is :):

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 7:38 am
by HeinM
Ds J wrote: Mon Feb 13, 2023 11:16 pm Ek was op n elandjag waar die skut n sagtepunt loodkoeël in n 300 Weatherby gebruik het. Die koeël het kort onder die vel gebars en net n gedeelte van een long vernietig, met die gevolg dat hulle 11 of 12km ver gestap het op die kwesbok se spoor.

Gegrond op hierdie eenmalige ervaring sou ek aanbeveel om n swaar monolitiese koeël te skiet.
Jip. Hy is 'n bl*ksem as jy hom kwes... Het dit al gesien...

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 8:58 am
by Drenalinjunkie
Ek sal enige dag n eland met n 7mm aandurf. Hetsy of dit n 7x57, 7mm RM, 7mm RSAUM ens is.

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 10:17 am
by Skietstoel
Sal dit n bul kan platmaak op 300m met 175g Accubonds?

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 10:23 am
by BeesBreet
Skietstoel wrote:Sal dit n bul kan platmaak op 300m met 175g Accubonds?
Gemaklik

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 10:32 am
by Geno
Skietstoel wrote: Tue Feb 14, 2023 10:17 am Sal dit n bul kan platmaak op 300m met 175g Accubonds?
Dis maklik doenbaar en ek dink jy sal hom yskoud skiet. Ek het hierdie bul op 550m met 'n 6.5mm 143gr ELD-X platgeskiet.

Image

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 10:38 am
by snakker
Geno wrote:
Skietstoel wrote: Tue Feb 14, 2023 10:17 am Sal dit n bul kan platmaak op 300m met 175g Accubonds?
Dis maklik doenbaar en ek dink jy sal hom yskoud skiet. Ek het hierdie bul op 550m met 'n 6.5mm 143gr ELD-X platgeskiet.

Image
Geno, jy kon mos maar sommer die Grendel gebruik het vir daai skoot...

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 10:43 am
by Geno
snakker wrote: Tue Feb 14, 2023 10:38 am Geno, jy kon mos maar sommer die Grendel gebruik het vir daai skoot...
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Ja, dan hol daai eland terug Lesotho toe om 'n ander dag weer geskiet te word.

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 6:45 pm
by RabieL
HeinM wrote: Tue Feb 14, 2023 7:38 am
Ds J wrote: Mon Feb 13, 2023 11:16 pm Ek was op n elandjag waar die skut n sagtepunt loodkoeël in n 300 Weatherby gebruik het. Die koeël het kort onder die vel gebars en net n gedeelte van een long vernietig, met die gevolg dat hulle 11 of 12km ver gestap het op die kwesbok se spoor.

Gegrond op hierdie eenmalige ervaring sou ek aanbeveel om n swaar monolitiese koeël te skiet.
Jip. Hy is 'n bl*ksem as jy hom kwes... Het dit al gesien...
Eland se kind kry so drafstappie aan hom, maar dit kan heeldag aanhou en al lyk dit stadig sit hy myle tussen homself en die jagter in. Veearts vriend van my het ook al vertel dat hulle nie sommer val nadat hulle gedart is nie.

Re: Elandjag met 7mm Rem Magnum

Posted: Tue Feb 14, 2023 10:57 pm
by Skietstoel
Nee wat, as ek almal se goeie insette lees, dink ek, as hy die regte koël op die regte plek plaas (goeie skootplasing), sal hy biltong kan maak met hierdie roer.
Dankie vir almal se insette! Waardeer!