Page 1 of 1
Mobiele battery generator vs ingeboude deep cycle battery vir kampwa
Posted: Mon Feb 13, 2023 11:25 am
by Smitstertjies
Goeie dag almal.
Ek het vir my n off road wa vir kamp gekoop. Wil die kinders bietje bos toe vat.
My vraag is. Om die yskas (NL90 liter) en ligte te hardloop is dit nodig om n deep cycle battery box soos NL in te bou, of sal die mobiele eenhede soos bv Jackery 1000 reg wees om die ding te doen ?
Hoor graag die kampmanne hier wat ondervinding het se opinie.
Re: Mobiele battery generator vs ingeboude deep cycle battery vir kampwa
Posted: Mon Feb 13, 2023 12:05 pm
by Ratel
Ek het altyd 'n deep cycle in my bos sleepwa gehad. As ek nou weer moet oordoen sal ek 'n 200ah Lithium battery installeer waarvan ek 'n baie groter kapasiteit kan "discharge" as a tradisionele deep cycle battery. Ek dink dis die ekstra geld werd. Gekoppel daaraan 'n goeie 200ah son paneel soos bv Hardkorr en jy is gesort. Dan later kan jy altyd 'n Ctec Lithium charger aanskaf.
Ek kyk hier na 'n paar dinge. Eerstens gewig van loodsuur/gel battery vs Lithium iron. Lithium wen los hande
Dan tweedens ontlaai kapasiteit. Loodsuur kan jy net ontlaai tot omtrent 70% van kapasiteit maw 30% van 105ah vs Lithium kan jy ontlaai tot ongeveer 10% maw 90% van 200ah. Lithium wen los hande
Dan prys loodsuur ongeveer R2500 vir 105ah vs Lithium vir ongeveer R11 000 vir 200ah Loodsuur wen MAAR
Loodsuur het baie minder herlaai siklusse voor jy moet vervang (ek dink iets soos 200) vs Lithium tot 5000 herlaai siklusse. Lithium wen los hande.
Ek gebruik tans 'n 200ah lithium battery met Ctec lithium charger vir plekke waar krag punte is en het 150ah Hardkorr opvoubare sonpaneel met eie 20 amp charge controller wat alle soorte batterye kan laai insluitend lithium. Ek verkies die battery los sodat ek dit kan uithaal en in die huis ook gebruik. Tans maak ek die battery vas agter in Fortuner met genoeg spasie vir een yskas, Nie een dag spyt nie. Ek gebruik dit vir my 40 l Engel en 40 l Snowmaster.
Doen jou research op you tube en google maar wees versigtig vir die onbekende you tube reviews.
Laastens kyk maar gerus na wat Andrew St Pierre White in "4xoverland" op you tube se. Hy is 'n gekwalifiseerde auto electrician en het amper 40 jaar ondervinding.
Ek hoop my bietjie ondervinding wat ek kon deel help darem.
Die Jackery het sy voordele en nadele en ek het nie enige onderving van hulle nie maar as ek na die prys kyk is dit ook maar stewig.
Re: Mobiele battery generator vs ingeboude deep cycle battery vir kampwa
Posted: Mon Feb 13, 2023 12:06 pm
by Rasmus
Die naweek het iemand dieselfde vraag op Wilddogs gevra. Die konsensus was dat die NL luna portable boks n beter opsie is, jy kan hom sommer tuis ook gebruik vir backup. Die nuwe boks is ook Lithium gereed.
Daai JAckery is nogals styf geprys...
Re: Mobiele battery generator vs ingeboude deep cycle battery vir kampwa
Posted: Mon Feb 13, 2023 3:09 pm
by Ockert1992
Rasmus wrote: Mon Feb 13, 2023 12:06 pm
Die naweek het iemand dieselfde vraag op Wilddogs gevra. Die konsensus was dat die NL luna portable boks n beter opsie is, jy kan hom sommer tuis ook gebruik vir backup. Die nuwe boks is ook Lithium gereed.
Daai JAckery is nogals styf geprys...
Ek stem saam. Het ook 'n NL mobiele battery boks(Nog die eerste modelle) vir my NL 90. Hy werk soos 'n bom. En kan rondskyf soos nodig.
Ek moet net 'n charge controller byvoeg by myne vir sonpaneel. Die nuwe bokse kom klaar reg met dit uit en alles is plug en play.
Groete
Ockert
Re: Mobiele battery generator vs ingeboude deep cycle battery vir kampwa
Posted: Mon Feb 13, 2023 6:26 pm
by Smitstertjies
Dankie vir die raad sover. Hoeveel gaan n NL battery box plus lithium battery en charge controller alles saam kos. Is dit regtig soveel goedkoper as Jackery 1000?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Mobiele battery generator vs ingeboude deep cycle battery vir kampwa
Posted: Mon Feb 13, 2023 6:50 pm
by Ratel
Smitstertjies wrote: Mon Feb 13, 2023 6:26 pm
Dankie vir die raad sover. Hoeveel gaan n NL battery box plus lithium battery en charge controller alles saam kos. Is dit regtig soveel goedkoper as Jackery 1000?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Nee dit gaan duurder wees vermoed ek
Re: Mobiele battery generator vs ingeboude deep cycle battery vir kampwa
Posted: Mon Feb 13, 2023 7:28 pm
by Glocked
Smitstertjies wrote: Mon Feb 13, 2023 6:26 pm
Dankie vir die raad sover. Hoeveel gaan n NL battery box plus lithium battery en charge controller alles saam kos. Is dit regtig soveel goedkoper as Jackery 1000?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Daai NL boks is seker al 10k ? BlueNova se 100ah seker nog 8k. Maar daai NL boks is klaar reg met al sy controllers en chargers. Kyk bietjie na Flex Power ook, hulle doen custom bokse, en bou self Lithium selle.
Re: Mobiele battery generator vs ingeboude deep cycle battery vir kampwa
Posted: Tue Feb 14, 2023 6:33 am
by ruaanb
Gesels met die mense by
https://www.bushpower.co.za/ Hulle is bekend vir uitstekende advies en diens.
Ek het geen verbintenis met die maatskappy nie.
Re: Mobiele battery generator vs ingeboude deep cycle battery vir kampwa
Posted: Tue Feb 14, 2023 6:55 am
by Smitstertjies
Baie dankie!
Sent from my iPhone using Tapatalk