Page 1 of 1
Veeldoelige kolf vir 300 winmag
Posted: Sun Feb 12, 2023 5:06 pm
by Klein Karoo
Goeie-middag, hoop dit gaan goed met almal.
Ek het idees nodig asb vir n 300 winmag projek, die geweer is vir lang afstand skiet hoofsaaklik, moontlik vir jag maar minimaal. Ek hou van die Bell & Carlson bench rest comp maar ek sien hulle maak hom nie vir die Howa LA nie en beskikbaarheid is problematies.
Ek hou van die Mcmillan A5 tipe kolwe, enige voorstelle?
Groete,
Okkie
Re: Veeldoelige kolf vir 300 winmag
Posted: Sun Feb 12, 2023 5:51 pm
by Capt. Yoda
Jou budget gaan n groot rol speel. N R16 000 budget gaan baie meer opsies he as n R6000 budget, daar is baie chassis ook maar jy kom weer terug na wat jy wil spandeur
A5 kolwe is skaars en jy gaan lank wag vir een, jy kan n copy laat maak maar jy gaan baie naby aan die selle betaal en selfde tyd ook wag. As jy iets besonders soek wat gemaak is vir n LR roer hoor by Christiaan Diedericks of hy nog kolwe maak
Re: Veeldoelige kolf vir 300 winmag
Posted: Sun Feb 12, 2023 5:56 pm
by Klein Karoo
Ek sal kyk tot by Maks R20k, ek wil eenkeer koop op hierdie projek en die kaliber gebruik ten volle.
Re: Veeldoelige kolf vir 300 winmag
Posted: Sun Feb 12, 2023 6:01 pm
by Capt. Yoda
Met 20k kan jy n spuls kolf laat bou presies soos jy hom soek, @Arnold wie het daai kolf van jou gebou wat jy aan Stompe verkoop het, dink jyt hom op n 22250 of iets gehad? Daai is een van die lekkerste LR kolwe wat ek nog geskiet het. Was dit nie Jeffery of sy broer nie
Re: Veeldoelige kolf vir 300 winmag
Posted: Sun Feb 12, 2023 6:19 pm
by Capt. Yoda
MG rifle stocks
Re: Veeldoelige kolf vir 300 winmag
Posted: Sun Feb 12, 2023 6:26 pm
by wlm
Michael Barrabal
Hy weet wat hy doen en is boonop nog eerlik en ordentlik ook.