Page 1 of 1
Leupold teleskope - Raad
Posted: Sun Jan 03, 2010 9:17 pm
by Buurman
Ek het tans 'n Leupold 3-9x50mm, maar sukkel in die aand om te sien wat ek skiet.
Ek wil graag raad h? oor watse Leupold ek moet koop:
Leupold VX3L 4.5-14x56mm:
1) Matte Finish, Varmint Hunter
2) Matte Finish, Duplex Reticle
3) Matte Finish, Boone and Crockette
Leupold 6.5-20x56mm:
1) Varmit Hunter
2) Fine Duplex Reticle
3) Target Dot Reticle
Is dit die moeitewerd om 'n Illuminated dot vir aand skiet te koop???
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Sun Jan 03, 2010 9:41 pm
by Louis102
Buurman wrote:
...Is dit die moeitewerd om 'n Illuminated dot vir aand skiet te koop???
Buurman
Wekom.
As jy die regte kwaliteit teleskoop kies, is die verligte kruishaar 'n opsionele ekstra wat jy nooit vir jakkalsjag sal gebruik nie. My beskeie opinie. Inteendeel, as die verligting van die kruishaar te helder gestel word, belemmer dit die kwaliteit van jou beeld deur die teleskoop. Ek weet daar is manne wat sal verskil, maar so dink ek.
Louis
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Sun Jan 03, 2010 9:50 pm
by katjak
Buurman. Ek sien jy praat van n iluminated dot. Dit kan jy gebruik ja. Bly weg van waar die hele kruishaar verlig. Dit maak jou beeld dowwer soos wat jy die kruishaar ligter maak. Waar slegs die DOT alleen verlig werk dit nogal nie sleg nie. Net so halwe sterkte dot kan die ding nogal heel lekker maak, want deur net die dot op die jakkie te rig is maklik en duidelik sigbaar vir lekker ver skote waar die kruis geneig is om weg te raak in die donker. So : iluminated dot---JA Iluminated reticle----NEE Japie
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Mon Jan 04, 2010 12:30 am
by tafjak
Buurman
Elke ou het sy stukkie raad oor teleskope en elke stukkie raad het sy stukkie waarheid/voordele. Ek het nog nie 'n ill reticle gehad nie, maar darem al deur die ding geloer en wat my so bietjie gepla het is as jy die eerste jakkals skiet dit moeiliker is om 2de een te sien of te soek. Die liggie hoe dof dit gestel is belemmer my sig buite die kruis net meer.
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Mon Jan 04, 2010 8:46 am
by Tomcat
Buurman
N verligte kruishaar of dot is maar net n ekstra waarvoor jy ten duurste betaal en snaaks is vir die eerste ruk en dan nooit weer gebruik nie. Die bietjie wat ek van Leupoldt teleskope af weet is dat daai Boon en Crocket kruishaar nogals n wenner is. N mens sien hom goed in die nag met verder afstande en in donker agtergronde. (ysterkliprante,driedorings,ens) Die afmikkruise is ook iets wat n ou handig kan gebruik.
Groete
Tomma
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Mon Jan 04, 2010 6:31 pm
by Freddie101
Buurman
Ek skiet sonder verligte kruishaar of dot en het nog nooit n probleem gehad om hom te sien nie. So ek sien nie warom dit nodig is nie.
Freddie
ns Myne is maar lynx 8 by 56
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Mon Jan 04, 2010 8:45 pm
by Nico Harris
persoonlik hoe ek nie van die ill dot of reticle nie.
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Tue Jan 05, 2010 10:47 am
by boeta
Buurman
Kyk maar na daai B&C kruishaar,Die ander een is bietjie fyn en probeer wegbly van die side parralux hulle is nogal blikskottels.
Boeta
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Wed Jan 06, 2010 9:59 am
by JACQUES BOTHA
Buurman.
Koop vir jou n vaste 8x56 as jy nie voltyds jakkalse jag nie. Jy sal altyd sien in die nag wat jy wil sien.
Die leupold VX3L 4.5-14x56mm kos omtrent selfde as swartworsie 8X56 en jy kan 2 lynx 8X56 koop (ek sou nie).
Jy sal nie spyt wees nie.
Aan die ander kant koop wat jy van hou en wat jy kan bekostig dis jy wat hom moet gebruik en jy wat tevrede moet wees.
Groete
JB
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Wed Jan 06, 2010 11:01 am
by Danie Lombard .243
JB
hoor hoor vir die 8X56. GOOOOOD STUFF!!!
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Thu Jan 07, 2010 6:19 pm
by Raven
Ek het ook 'n Lynx 2.5-10x56IR op my .270 opgesit. Ek het nog net 2 jakkals met daai groen kolletjie geskiet. As daar regtig tyd is vir 'n laaang skoot kan jy dit miskien aansit, maar dan moet jy nog rondspeel dat dit nie te "bright" is nie, so ek dink dit is bietjie oorbodig. Dit is net 'n ekstra ding om mee te sukkel wanneer jakkalse vinnig inkom, hoe minder om mee rond te vroetel hoe beter.
Raven
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Thu Jan 07, 2010 8:46 pm
by Nico Harris
raven...
ek stem saam. as ek varke jag vind ek hoe eenvoudiger mens alles hou hoe beter en gladder werk alles as die sports begin!
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Thu Jan 07, 2010 9:07 pm
by Mac
Almal lag die Illuminated dot af as lomp, onprakties, 'n tierlantyntjie ens, daar moet iets hewig fout met my wees, want ek geniet hom verskriklik, ek het tot my Leupold afgehaal, en gebruik nou die Ill. dot ekslusief vir jakkalse. Met hom hoef ek nooit my lig helder te maak nie, ek hoef nooit in swak lig, as dinge begin vinnig gebeur, te soek na die middelpunt van die reticule, en as ek hom aansit, is hy al klaar helder genoeg om mee te skiet op die No 1 en of 2 verstel punt. Ek los hom permanent aan op 1 as ek roep, en sit hom weer af as ek skuif. Dit vat wel 'n rukkie om hom gewoond te raak, dit gee ek jou, maar ek persoonlik dink die negatiewe komentaar kom maar van een of twee keur se gebruik, en nie 'n ordentlike proef nie. My punt, en ek staan daarby.
Mac.
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Fri Jan 08, 2010 10:33 am
by Nico Harris
Mac
hoe lank hou daai iil dot se battery?
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Fri Jan 08, 2010 8:29 pm
by Mac
Harris,
Ek skiet nou al seker so 3 maande + met die scope, en nog nie nuwe batterye gekoop nie. Het hom al so bietjie langer, maar was besig met ander goed ook.
Mac.
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Sat Jan 09, 2010 6:32 pm
by katjak
Mac. Jy is nie alleen nie. Kyk my post by no 2 hierbo. Ek stem saam met jou. Lekker dowwe lig en dot op jakkie en jy maak klaar met hom. Maar wat. ek wil nie voorskryf nie, elke ou vir homself wat werk, solank die jakke net val. Groete Japie.
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Sun Jan 10, 2010 4:26 pm
by Izak H
Dags?,
Ek skiet nou so vir `n jaar met `n Lynx 2.5-10x56 IR, en het min of meer dieselfde ervaring as Mac. Ek sit hom net aan, op sy flouste of dit nou 1 is of minder as 1 is weet ek nie dan is hy vir my die beste. Ek gebruik die dot ook maar eers hier van die winter se kant, nadat ek een aand gesukkel het met `n paar wille springbokke. Jy kon die lig naby hulle bring nie dan hol hulle, sit toe uiteindelik die dot aan en kon toe amper in die bakkie se ligte die bokke skiet. Sit net die dot op die blink oog en laat loop. Ek tel nou ook die kruis makliker op in die nag, want sy lyne is maar dun, veral na ek deur Taffie se scope gekyk het. Hy het `n lekker dik lyn so jy sal nie sukkel om hom te sien in die nag nie. My Zim$
Izak
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Sun Jan 10, 2010 7:26 pm
by Mac
Katjak, Izak,
Kyk nou net daar, die manne wat 'n produk 'n eerlike kans gee om homself te bewys tree nou in met positiewe reaksie. Moet nooit iets afskryf voordat jy hom ordentlik getoets het nie.
Re: Leupold teleskope - Raad
Posted: Tue Mar 16, 2010 2:31 pm
by Namib
Hi Buurman
Antwoord op jou vraag,sal ek die 4.5-14x56 vat.Ill dot JA.Ill kruis Nee.
Mac en Izak H
Ek skiet ook een van daai 2.5-10x56. Leupold ook vir myne geruil(6.5-20x40).Ek skiet baie in die nag,as ek begin sit ek my dot aan en sit eers by die huis af.Soos Mac se jy soek na die middel nie,as jy optel is die waarheid daar.Skiet met myne meer as n jaar,goeie groepeerings.Dan stel ek net as ek punte verander ,skiet 87 gr 6maande laank nog nie een kliek gestel nie.Sal weer een koop.
Groete