Page 1 of 3
3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 10:44 am
by Capt. Yoda
Behalwe vir die los QL draat die laaste tyd gaan daar meer in Sako222 se kamer aan as hier so ekt gedink kom ons praat maar bq gun weer, die winter le immers al vir ons en wag en dan moet daar gejag word.
As jy vandag 3 gewere kon koop of bou om me te jag of dit nou bos, bakkie of LR jag is wat sou dit wees en hoe sou jy hulle aan mekaar sit.
Ek het die laaste jaar of 2 omtrent full circle gegaan van 28" lope op gewere waar die loop meer as n gewone jag geweer met scope weeg tot waar ek nou weer deur die bosvled gebyt is waar mens n lekker ligte kort loop roer met n ligte scope geniet as jy daar rond stap maar mens moet darem ook iets he wat da ver kan raak as jy in daai areas jag.
Huidiglik sou my jag gewere seker sou iets lyk as ek nou na n winkel en/of gunsmith toe kon stap en betaal met n lekker vet beursie.
Vir die vlaktes/bakkie jag en ver skiet sou dit huidiglik n 6mm PRC improved aka 6mm PRC Primal wees. Hy sal nie gebruik word vir stap nie so hy sal n 28" HV loop op he gebed in iets soos n Macmillan A5 kolf, Swarovski DS bo op en hy sou 110gr Hornady Atips teen so 3500fps skiet.
Nommer 2 sal ek n 30.06 Sako GrIzzly Arctos baie geniet met sy 23 loop as meer n allrounder, mens kan met hom darem nog n gemsbok van n bakkie af skiet in die Kalahari en jy sal lekker met hom in die bos rond stap. Scope vir hom sou iets soos n Leupold Vx 6 3-18 50 of n Swarovski Z5 3.5-18x44 wees en hy sou n 180gr Aframe skiet todat Rudie sy vinger trek en 180gr SBC koele op die mark kry.
Die laaste een sal n 458Lott met n 22" loop wees gebou op n CZ/Brno magnum aksie gebed in Engelse of Turkse Walnut kolf, scope sal iets soos n Swarovski z8i 1-8x24 of n Leupold vx 6 1-6 met fire dot wees, SBC se 450gr koele behoort mooi saam te werk vir alles van vlakvark tot die swart gevaar.
PS nie een van hulle sal n silincer op he nie...
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 11:34 am
by LoopSoosStroop
Ruger .22 LR slot aksie
Ruger .30-06 slot aksie
Ruger AR556 semi
Hoekom dan nou sukkel.
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 11:54 am
by Gerhardu
Kaptein. Jy is redelik on par. Ek sou net die lott ruil vir n 416Rigby.
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 1:21 pm
by Klein Chris
7.62 x 39 slot aksie
6.5 x 55 slot aksie
45-70 hefboom aksie
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 1:31 pm
by Eduard Venter
Kaptein, is dit nou om mens se bestaande roere aan te vul of is dit die enigste 3?
As dit is om aan te vul:
1. Dubbelloop haelgeweer. Ek verkies iets met 'n enkel sneller. Uit my beperkte ondervinding van almal waarmee ek geskiet het, het ek die beretta silver pigeon die meeste geniet.
2. AR15. Waarskynlik 'n Daniel defense as geld nou nie 'n kwessie is nie. En terwyl daar nie kwessies is nie, sommer gelisensieer onder 'n artikel 14 selfverdediging lisensie. Hy sal 'n goeie red dot op hê met "flip up" oopvisiere en 'n lig wat deur 'n berg kan skyn.
3. 'n Pasmaak 458 lott, 22 duim loop met 'n red dot op 'n qd montering en goeie oopvisiere. Gebou op 'n CZ 550 aksie, maar met 'n Winchester mod 70 veiligheidsmeganisme ingebou.
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 2:19 pm
by JAGTERSREG-JRM
Kaliber keuse is altyd n moeilike een, ek gaan sommer beide scenarios beantwoord
Aanvulling tot bestaande wapens:
Ruger No1 in 9.3x62
Merkel Dubbel in 9.3x62
Ruger M77 in iets soos 35 Whelen
As ek net drie moet kies is dit vrek moeilik en beste wat ek kan doen is 4 van my bestaandes:
Winchester 7mm Rem
Ruger No1 7x57
Marlin 45/70
Ruger Guidegun .416 Ruger
Merkel 470
Eissh meer as 4 en ek sal huil oor hele klomp ander as ek net die mag he
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 2:20 pm
by HeinM
1. FX Impact PCP .22cal
2. .224 Valkyrie / 6mm GT
3. .375 Cheytac
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 2:23 pm
by Capt. Yoda
hahah ag Eduard nes jy wil, met daai 3 sal ek alles kan doen in die veld as ek nog een moet by sit sal dit dalk n lekker 223 wees vir bq meer skiet en speel, dink nie daai 6PRC improved is n ding wat jy regtig wil gebruik as jy en jou pelle makoue gaan skiet elke maand nie. Dan is daar nog natuurlik n comp geweer ook wat ek gaan nodig he...3 roere voel nou eweskielik vir my bq min maar kom ons se maar dis net vir jag
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 3:13 pm
by Arnold
Het mens so baie nodig? Kan mens nie maar net n 30-06 hê nie
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 3:23 pm
by Apie
Ek dink jy beperk nou ons kreatiwiteit Cappy!
Kan dit nie veelvoude van 3 wees nie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 3:28 pm
by Dash431
Ek kort net 3…75
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 3:28 pm
by Malan123
Het nog nie 1 van julle 'n 300 of 'n 243 ackley geskiet nie?
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 4:13 pm
by Riaan Kriel
Capt. Oblivious wrote: Thu Jan 26, 2023 10:44 am
Behalwe vir die los QL draat die laaste tyd gaan daar meer in Sak222 se kamer aan as hier so ekt gedink kom ons praat maar bq gun weer, die winter le immers al vir ons en wag en dan moet daar gejag word.
As jy vandag 3 gewere kon koop of bou om me te jag of dit nou bos, bakkie of LR jag is wat sou dit wees en hoe sou jy hulle aan mekaar sit.
Ek het die laaste jaar of 2 omtrent full circle gegaan van 28" lope op gewere waar die loop meer as n gewone jag geweer met scope weeg tot waar ek nou weer deur die bosvled gebyt is waar mens n lekker ligte kort loop roer met n ligte scope geniet as jy daar rond stap maar mens moet darem ook iets he wat da ver kan raak as jy in daai areas jag.
Huidiglik sou my jag gewere seker sou iets lyk as ek nou na n winkel en/of gunsmith toe kon stap en betaal met n lekker vet beursie.
Vir die vlaktes/bakkie jag en ver skiet sou dit huidiglik n 6mm PRC improved aka 6mm PRC Primal wees. Hy sal nie gebruik word vir stap nie so hy sal n 28" HV loop op he gebed in iets soos n Macmillan A5 kolf, Swarovski DS bo op en hy sou 110gr Hornady Atips teen so 3500fps skiet.
Nommer 2 sal ek n 30.06 Sako GrIzzly Arctos baie geniet met sy 23 loop as meer n allrounder, mens kan met hom darem nog n gemsbok van n bakkie af skiet in die Kalahari en jy sal lekker met hom in die bos rond stap. Scope vir hom sou iets soos n Leupold Vx 6 3-18 50 of n Swarovski Z5 3.5-18x44 wees en hy sou n 180gr Aframe skiet todat Rudie sy vinger trek en 180gr SBC koele op die mark kry.
Die laaste een sal n 458Lott met n 22" loop wees gebou op n CZ/Brno magnum aksie gebed in Engelse of Turkse Walnut kolf, scope sal iets soos n Swarovski z8i 1-8x24 of n Leupold vx 6 1-6 met fire dot wees, SBC se 450gr koele behoort mooi saam te werk vir alles van vlakvark tot die swart gevaar.
PS nie een van hulle sal n silincer op he nie...
Interessante thread... maar net 3 gewere... ek sou keuse uit 5-6 wou hê, maar ja.. hier is my lysie
1. Stapjag... Relatief ligte 375H&H met 'n kort loop en 'n 3-12 of 4-16 Scope ... 300gr koele
2. Bakkiejag en langafstandjag.... 'n Langloop 300WSM met 'n 5-25 Scope... glo 180gr Bondstikes behoort goed te werk
3. Jakkalsjag, Kleiner wild en bietjie gonge skiet en speel .... 22-250 met 'n 4-16 scope.... 55-69gr koeels afhangende van doel van aanwending
Maar ja, dan kom nog al die ander lekker speelgoed vir geveerde wild, kompetisies en sommer net baie lekker speel.....
Daar moet dus ten minste nog 'n haelgeweer, .22, PCP en iets super akkuraat soos 'n 6.5x47 of BR wees.
Cappie uit jou openingsteks in die begin van die thread is daar net 1 ding wat my pla...... Hoe weet jy so baie van wat in Sako222 se kamer aangaan?

Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 5:15 pm
by Capt. Yoda
Arnold wrote: Thu Jan 26, 2023 3:13 pm
Het mens so baie nodig? Kan mens nie maar net n 30-06 hê nie
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Jong jy praat nou n waar ding Arnold. Ek dink met 1 30.06 en 2 kolwe kan jy bitter ver kom
Riaan ek dink as mens net een ver skiet gun moet he is n 300wsm n goeie call, eks maar n 6mm ou maar self met iets soos n groot 6mm prc en 110gr koels beperk mens jou eintlik bq. Ek wou gelukkig nog nooit regtig n koedoe of BWB ver skiet nie so die 6mm werk vir my lekker vir blesbokk/springbok en self swb
Op jou laaste vraag, so goed ek skiet doen ek ander goed ook goed so die manne wil altyd raad he

.
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 7:31 pm
by Dash431
1) 6mm Dasher:
Bat Tr Aksie met n 26” Bartlein loop in n Masterpiece arms Chassis.
2) 7 PRC:
Sako 85 Varmint Laminate (sodra dit beskikbaar is!)
3) 416 Rigby
Sako 85 Brown Bear
3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 8:48 pm
by JJV
.223 Ruger AR 556
.270 Win FN Sauer
.375Ruger Howa
JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 9:25 pm
by J le Roux
Dit sal seker sin maak om so te kies:
.2iets
.3iets
.4iets
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 9:36 pm
by Glocked
Hierdie kan sorg vir lekker gesels Capt !
Heel bo aan my lysie vir byvoeg, is 'n lekker ligte 6.5x55, dalk 'n Tikka Hunter.
Na dit, iets met ten minste 26" loop, te swaar om te dra, in 300WSM.
En dan, of 'n 404 of 416 Rigby....maar hier moet geld nie 'n probleem wees nie, en dit moet verkieslik in 'n regte Rigby wees !
Re: 3 Gewere
Posted: Thu Jan 26, 2023 11:44 pm
by Supacow
223
270
416
12br
9mm
5.5 pcp
Absolute min
Re: 3 Gewere
Posted: Fri Jan 27, 2023 6:02 am
by Frederik
3 Gewere vir alles as budget nie probleem is nie
6.5x55
300 H&H
450 Rigby
Re: 3 Gewere
Posted: Fri Jan 27, 2023 6:48 am
by Geno
'n .243 vir baan skiet
'n .243 vir bok skiet
'n .243 vir jakkals skiet
Re: 3 Gewere
Posted: Fri Jan 27, 2023 6:54 am
by Diesel Dog
Aangesien budget altyd n probleem is.

Kies ek wat ek reeds het.
Stapjag 300wsm 215 gr bergers
Vlakte voorsit of bakkie 6mmHK 108 ELDM
Vlakte long range 300prc 230gr bergers
DD
Re: 3 Gewere
Posted: Fri Jan 27, 2023 7:33 am
by Capt. Yoda
Geno wrote: Fri Jan 27, 2023 6:48 am
'n .243 vir baan skiet
'n .243 vir bok skiet
'n .243 vir jakkals skiet

Re: 3 Gewere
Posted: Fri Jan 27, 2023 9:10 am
by saswart
Capt. Oblivious wrote: Thu Jan 26, 2023 10:44 am
As jy vandag 3 gewere kon koop of bou om me te jag of dit nou bos, bakkie of LR jag is wat sou dit wees en hoe sou jy hulle aan mekaar sit.
Die prokureur binne my lees hierdie as volg

(Onthou geld nie opsie)
Bos 7x57 in 'n Rigby, 416 Rigby in 'n Rigby, 500NE dubbel in 'n Purdy
Bakkie - Ek jag nie van of uit bakkie nie, maar vir culling of so 223, 243 en 'n 7mm Rem/PRC
LR - Glad nie my belangstelling nie, maar net om die gewere te he en te speel, seker dan 'n 6mm PRC, 7mm PRC en 'n 375 Cheytac
Net 3 kies vir als, dan kies ek my bos gewere (maar 22, healgeweer is uitgesluit van die 3)
Re: 3 Gewere
Posted: Fri Jan 27, 2023 8:32 pm
by ThinusS
As ek 3 gewere uit my kluis uit moet kies sal dit as volg wees: 'n Dikloop Howa 6.5 Creedmoor met 'n Leupold Mk4 6.5-20x50 FFP scope, 'n dunloop Howa .30-'06 met 'n 3-18x44 Leupold VX6 scope en 'n Winchester .416 Rem Mag met 'n Aimpoint micro H1 2moa. Ek weet hulle werk vir alles van 'n springbok op 500m tot 'n buffel op "te naby" afstand.
As geld (en loopvervangings) nie 'n kwessie was nie sou dit pasmaak gewere gewees het in 6.5 Creedmoor (dikloop), .300 win mag (dunloop) en .416 rem mag met presies dieselfde scopes op.