Page 1 of 1

Jimny bande - wat sit ek op?

Posted: Fri Jan 20, 2023 6:28 pm
by toxicsox
Ek vra maar gewoonlik op hierdie forum omdat 4x4 forums jou bietjie vreemd aankyk as jy iets vra wat hulle dink algemene kennis is :-)
My vrou het vir haar 'n Jimny gekoop. 2023 model GLX.

Due bande is Dunlop 195/80r15.

Sy soek iets wat bietjie meer All terrain is.
Ek het gekyk maar die 195/80r15 wat beskikbaar is is maar bietji bland vir haar.

Wat is die volgende grootte waarna sy kan kyk wat sal pas sonder om die rims te verander of te skraap teen die bak?

Dankie!

Re: Jimny bande - wat sit ek op?

Posted: Fri Jan 20, 2023 8:47 pm
by Ds J
Ek kan nie help met grootte nie; ek weet watter maak goeie diens gee op ons Kalaharipaaie.

Apollo het n goeie naam.

Michelin of Pirelli as julle dit kan bekostig, veral vir teerpad.

As jy Windforce kan kry is dit ook goed - ek het hulle op my Patrol gehad en baie goeie diens gekry oor baie slegte grondpaaie. (285/75/16 ;) )

Re: Jimny bande - wat sit ek op?

Posted: Fri Jan 20, 2023 9:42 pm
by J.A.N
Ek self ry ñ Gen 3 Jimny. Jy kan oor gaan na 215/75R15.
Daar is heelwat meer keuses in die grootte. My eerste keuse sal General Grabbers wees. As jy op ñ tire size calculator kyk sal jy sien die verskil is nie so groot nie. Wat wel ñ verskil maak is die gewig van die band.
Gaan kyk op Errol's Tyres. Jy kan daar die groote insit en dit wys jou wat daar beskibaar is.

Re: Jimny bande - wat sit ek op?

Posted: Sat Jan 21, 2023 11:56 am
by kudu375
Jy kan gemaklik gaan na 215/75/15.
n paar mooi A/T opsies beskikbaar.
General Grabber AT3, Dunlop AT5, BfG- maar die BF het baie rolweerstand en maak die Jimny so bietjie stadiger...
Ek sien jy is in PTA Oos? Jy kan gerus by die manne van Silver Lakes Tyremart ook n draai gaan maak, hulle behoort ten minste 3 opsies in vooraad te hê.

Re: Jimny bande - wat sit ek op?

Posted: Sun Jan 22, 2023 2:04 pm
by toxicsox
Dankie. Sal Dinsdag gaan aanklop.

Re: Jimny bande - wat sit ek op?

Posted: Thu Feb 02, 2023 4:29 pm
by toxicsox
Reggekom met General Grabbers baie Dankie vir die raad.
Nou sit ek met 5 bande met minder as 50km op om van ontslae te raak😀