Page 1 of 1

Wind meter

Posted: Tue Feb 07, 2012 11:33 am
by Heinds
Ek is in die mark vir 'n wind meter.

Kan enigeen dalk 'n aanbeveling maak van 'n goeie en betroubare een?

Groete

Re: Wind meter

Posted: Tue Feb 07, 2012 12:34 pm
by Chris101
Hien

Hou my asb op hoogte van jou navorsing
Ek stel ook belang
Dalk kan ons beter prys beding

101

Re: Wind meter

Posted: Tue Feb 07, 2012 4:54 pm
by THOMAST
Hein, ek het 'n Silva ADC windmeter wat ook barometriese druk, temperatuur ens aangee. As jy in die veld is kan jy agterkom dat kondisies versleg voor dit gebeur as jy die barometer dophou. Kan jou dalk baie tyd en frustrasie spaar.
Soek op Google onder "Anenometers", sy fensie naam.

Re: Wind meter

Posted: Wed Feb 08, 2012 7:43 am
by Chris101
Thomst

Is die goete plaaslik beskikbaar of moet ons dit self invoer.

101

Re: Wind meter

Posted: Wed Feb 08, 2012 6:51 pm
by grumpy
Jy kan ook n wind meter koop by enige winkel wat kite boarding goed en windsurfing goed aanhou.  Ek het myne gekoop vir R 550-00 in JHB.

Re: Wind meter

Posted: Wed Feb 08, 2012 7:27 pm
by Pvdw
Verkoellings  verskaffers verkoop dit ook. Die manne gebruik dit in die koel en vrieskamers om wind verplasing te bepaal.

Enige MAJOR TECH agent behoort een vir jou te kan bestel. Ek het noudie dag een van MT gesien.

Kyk hier  http://www.major-tech.com/Website/Produ ... goryID=169

Peet

Re: Wind meter

Posted: Wed Feb 08, 2012 8:37 pm
by foxbat25
Naand s?,

Ek het een van die Major Tech modelle (MT947). Werk heel goed en as ek reg ontou het hy so om en by R320 gekos.

Eugene

Re: Wind meter

Posted: Thu Feb 09, 2012 7:01 am
by Christo
Zimbi het gehad vir R 450. Ek het een gekoop en hy werk baie lekker.

Saam met 'n ballistiese program/kaart op die skietbaan spaar hy jou geld.


..............en dit is nie omdat jy beter begin skiet nie, jy skiet eintlik baie minder omdat dit net nog 'n lekker gadget is wat tyd vat, so "at the end of the day", soos Naas sal s?, het jy minder tyd oor om sneller te trek.

Re: Wind meter

Posted: Thu Feb 09, 2012 10:43 am
by THOMAST
Chris101 wrote: Thomst

Is die goete plaaslik beskikbaar of moet ons dit self invoer.

101
Chris101, die plaaslike agente  vir die Silva is Lynx, die teleskoop manne
Kyk 'n bietjie hier
http://silva.se/products/outdoor/adc-pro