Page 1 of 1

Ligste en kleinste knaldemper vir .308

Posted: Tue Nov 29, 2022 9:49 pm
by OomKaspaas
My Winchester Cayote Light .308 het M16x1 skroefdraad en ek wil graag n knaldemper op hom sit. Ek soek iets so lig en kompak as moontlik om nie sy balans te versteur nie. Ek aanvaar dat n kleiner knaldemper nie so effektief gaan werk soos n groter een nie, solank sy verrigting vs grootte sin maak. Enige voorstelle?

Re: Ligste en kleinste knaldemper vir .308

Posted: Tue Nov 29, 2022 10:51 pm
by BenJacobs
Mute!
Naand sĂȘ oom.
Die eienaar van mute scilencers, Gawie is direk betrokke by ons.
Hy sal verseker iets kan op tower. Stuur gerus vir my 'n PM met oom se grote vereistes, dan kan ons 'n plan maak met iets wat oom pas.
Groete Ben

Re: Ligste en kleinste knaldemper vir .308

Posted: Wed Nov 30, 2022 5:33 am
by Nico Harris
Die ultimate vir dit is Freyr en Devik silincer. Vir die 308 sal jy die 196 featherweight gebruik.
Hy weeg- 196g.
Hy steek 109mm voor die loop verby.
Suppression is 29db - 31db
Titanium core met aluminium casing.

Re: Ligste en kleinste knaldemper vir .308

Posted: Wed Nov 30, 2022 6:28 am
by Hercules Louw
Nico Harris wrote: Wed Nov 30, 2022 5:33 am Die ultimate vir dit is Freyr en Devik silincer. Vir die 308 sal jy die 196 featherweight gebruik.
Hy weeg- 196g.
Hy steek 109mm voor die loop verby.
Suppression is 29db - 31db
Titanium core met aluminium casing.
Ek stem 100% met Nico saam. Ek besit een van hulle en die klein en ligte knaldemper is net so stil soos ander knaldempers wat dubbel so groot is.

Re: Ligste en kleinste knaldemper vir .308

Posted: Wed Nov 30, 2022 8:09 am
by ThinusS
Nico Harris wrote: Wed Nov 30, 2022 5:33 am Die ultimate vir dit is Freyr en Devik silincer. Vir die 308 sal jy die 196 featherweight gebruik.
Hy weeg- 196g.
Hy steek 109mm voor die loop verby.
Suppression is 29db - 31db
Titanium core met aluminium casing.
Ek soek al lank na 'n knaldemper waarmee ek kan saamleef op 'n stapjag roer. Ek het onlangs 'n Freyr & Devik 196 op my .30-'06 gesit. Dit is 'n puik keuse indien jy 'n ligte, kompakte demper soek wat die minimum invloed op 'n geweer se balans het en steeds baie stil is.

Re: Ligste en kleinste knaldemper vir .308

Posted: Wed Nov 30, 2022 8:18 am
by Lategan1
Waardevol, dankie manne.

Beste.

Re: Ligste en kleinste knaldemper vir .308

Posted: Wed Nov 30, 2022 8:59 am
by Capt. Yoda

Re: Ligste en kleinste knaldemper vir .308

Posted: Fri Dec 02, 2022 3:09 pm
by Chevvy SS
Kyk hierna vir die helfte van die prys?

http://ercengineering.net/?page_id=364