Page 1 of 1
raad oor gras
Posted: Mon Feb 06, 2012 7:03 pm
by tobie
Kan iemand my help met bietjie raad.daar is amper geen plek so lekker om te vis soos op my plaas dam nie,maar n tipe dam gras het die dam van hoek tot kant toe gegroei.ek besproei uit die damĀ en wil ook nie graag die vis dood nie.
Groete Tobie
Re: raad oor gras
Posted: Mon Feb 06, 2012 7:37 pm
by DWB
Haak soveel moontlik gras met die hand uit, of trek 'n ding deur wat dit sal opvang met ?n trekker, dan so 1 Lusern baal per hektaar water. Die skei 'n suur af wat die gras dood. Vat maar 'n ruk maar hulle s? dit werk
Re: raad oor gras
Posted: Mon Feb 06, 2012 8:49 pm
by Christo
Die baal ding werk maar die visse vrek ook. Altans so het ek bevind.
Alternatief is om klompie duur graskarpe te koop. Hulle voel die gras lekker.
My damme suig met vlotte en ek sleep 'n eg met lang kabel deur die dam. maak nogals mooi skoon. Groot werk maar daar waar die gras weggesleep is is die gras weg vir lank.
Re: raad oor gras
Posted: Tue Feb 07, 2012 8:52 am
by tobie
dankie sal n bietjie probeer.waar kan mens van daai gras karpe in die hande kry?
Re: raad oor gras
Posted: Tue Feb 07, 2012 9:00 am
by Geno
Re: raad oor gras
Posted: Tue Feb 07, 2012 9:15 am
by Hugov
Syngenta het n produk genaamd Midstream. dit is veilig vir visse en werk goed ek het dit in ons damme op die gholfbaan gebruik.
Groete H
Re: raad oor gras
Posted: Tue Feb 07, 2012 2:47 pm
by Christo
Hugov wrote:
Syngenta het n produk genaamd Midstream. dit is veilig vir visse en werk goed ek het dit in ons damme op die gholfbaan gebruik.
Groete H
Hugo, die probleem is die produk maak die gras dood wat die suurstof opvreet in die water en dit laat die visse vrek, nie die "gif" nie.
Tobie, as jy iets makliks wil doen is sleep 'n eg deur die dam ( met trekker natuurlik ) . Jy sal wel fiks word van die gras afhaal van daai eg ( harrow) maar jy sien sommer wat uitkom. Hier by my is baie gewone karp in die dam en hulle woel die bodem goed genoeg na die sleepery dat die gras na jare nog nie weer probleem gemaak het nie.
Re: raad oor gras
Posted: Wed Feb 08, 2012 8:10 pm
by tobie
Dankie Christo gaan bietjie probeer.Sal n paar fotos post waneer ek weer vang