Page 1 of 1

6xc en 22xc

Posted: Sun Nov 20, 2022 7:39 pm
by Ajviljoen260rem
Wil sommer weet of iemand 90greiners Lapua scenar of iets in dieselfde gewig klas skiet in hulle 6xc’s en watter spoed hardloop hulle?

Is hier iemand op die forum wat die 22xc skiet waarmee ek kan gesels, laat weet asb gerus!

Groete Adriaan

Re: 6xc en 22xc

Posted: Wed Jan 04, 2023 4:08 pm
by Ajviljoen260rem
Enige iemand??
Groete

Re: 6xc en 22xc

Posted: Wed Jan 04, 2023 7:59 pm
by Apie
Ek is self al lus gewees vir ‘n 22XC!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6xc en 22xc

Posted: Wed Jan 04, 2023 9:51 pm
by Martiens Bekker
95gr Berger VLD Target teen 3250ft/s. 27" loop.

Re: 6xc en 22xc

Posted: Thu Jan 05, 2023 4:07 am
by WicusdP
95gr Sierra Matchking @ 3250 fps uit 28” loop met S365

Re: 6xc en 22xc

Posted: Thu Jan 05, 2023 6:08 am
by Ysterkat
90gr Scenar teen 3240v/s uit 27duim loop

Re: 6xc en 22xc

Posted: Thu Jan 05, 2023 7:02 am
by Ajviljoen260rem
Ysterkat wrote: Thu Jan 05, 2023 6:08 am 90gr Scenar teen 3240v/s uit 27duim loop
Ysterkat,
Watter poeier gebruik jy?

Re: 6xc en 22xc

Posted: Thu Jan 05, 2023 7:04 am
by Ysterkat
Ek gebruik S355

Re: 6xc en 22xc

Posted: Thu Jan 05, 2023 8:30 am
by Martiens Bekker
Ek gebruik H4350. Gevind met 365 kry ek nie spoed nie. Op 3150 - 3180 was dit al 'n compressed load en nie naastenby gegroepeer soos H4350 nie. Ongelukkig is dit net baie duurder as 365. Dink 355 sou beter werk maar natuurlik niks te koop tans nie.

Re: 6xc en 22xc

Posted: Thu Jan 05, 2023 9:32 am
by tripodmvr
Julle inligting kan baie verwarrend wees. Hier word beide 22XC en 6XC genoem. Miskien moet julle die twee kalibers apart bespreek.

Ek wil net noem dat ek nie dopafmetings vir die 22XC op die web kon opspoor nie. Het iemand dalk so diagram?

Re: 6xc en 22xc

Posted: Thu Jan 05, 2023 12:47 pm
by Martiens Bekker
tripodmvr wrote: Thu Jan 05, 2023 9:32 am Julle inligting kan baie verwarrend wees. Hier word beide 22XC en 6XC genoem. Miskien moet julle die twee kalibers apart bespreek.

Ek wil net noem dat ek nie dopafmetings vir die 22XC op die web kon opspoor nie. Het iemand dalk so diagram?
Soos ek verstaan is alle bogenoemde info vir die 6XC. Weet nie van 95gr .224 punte nie.

Re: 6xc en 22xc

Posted: Thu Jan 05, 2023 1:19 pm
by tripodmvr
Vir my en jou is dit miskien maklik om te onderskei, maar iemand wat nog beperkte kennis het gaan bitter verward raak.

Re: 6xc en 22xc

Posted: Thu Jan 05, 2023 1:40 pm
by Capt. Yoda
22xc is n afgenekte 6xc, dop se diagram is selle as die 6xc. Peterson maak 22xc vir David Tunbb met 22xc headstakp op maar is basies n 6xc dop deur n bushing gedruk

Re: 6xc en 22xc

Posted: Thu Jan 05, 2023 2:25 pm
by Arnold
Martiens Bekker wrote: Thu Jan 05, 2023 12:47 pm
tripodmvr wrote: Thu Jan 05, 2023 9:32 am Julle inligting kan baie verwarrend wees. Hier word beide 22XC en 6XC genoem. Miskien moet julle die twee kalibers apart bespreek.

Ek wil net noem dat ek nie dopafmetings vir die 22XC op die web kon opspoor nie. Het iemand dalk so diagram?
Soos ek verstaan is alle bogenoemde info vir die 6XC. Weet nie van 95gr .224 punte nie.
Sierra maak wel 'n 90gr en 95gr Matchking in .224 cal

Re: 6xc en 22xc

Posted: Mon Jan 09, 2023 8:30 am
by Wouter Roets
Arnold wrote: Thu Jan 05, 2023 2:25 pm
Martiens Bekker wrote: Thu Jan 05, 2023 12:47 pm
tripodmvr wrote: Thu Jan 05, 2023 9:32 am Julle inligting kan baie verwarrend wees. Hier word beide 22XC en 6XC genoem. Miskien moet julle die twee kalibers apart bespreek.

Ek wil net noem dat ek nie dopafmetings vir die 22XC op die web kon opspoor nie. Het iemand dalk so diagram?
Soos ek verstaan is alle bogenoemde info vir die 6XC. Weet nie van 95gr .224 punte nie.
Sierra maak wel 'n 90gr en 95gr Matchking in .224 cal
Dit wys nog nie op QL nie so Oom Driepoot sal nie daarvan weet nie. ;D

Re: 6xc en 22xc

Posted: Mon Jan 09, 2023 9:48 am
by tripodmvr
Wouter, my data wys wel daardie koeëls, maar ek het nie eers gaan kyk nie. Elke geweer is uniek en dryfmiddels se brandtempo's wissel ook. Daarom hou ek nie van resepte sonder al die data nie. Nou word twee kalibers nog genoem. Vir 'n leek is dit baie verwarrend.

Skep liewers 'n nuwe besprekingspunt waar net die 6XC bespreek word en toon dan alle inligting sodat veilige afleidings gemaak kan word.