Page 1 of 1
AR15 zero distance.
Posted: Fri Nov 18, 2022 9:45 am
by vossie1
More meneere
Ek wil graag hoor wat is julle voorkeur op zero vir julle gunne. Ek is tans op 25m zero wat ek dink my in staat sal stel om te mik en druk tot op 300m vir bv Bobejaan/Jakals groote ondier?
My lading is 25,7gr CFE 223 kruit en Hornady bulk 55gr SP.
CFE 223 groepe links en S321 regs 25m 4 skoot groepe
Re: AR15 zero distance.
Posted: Fri Nov 18, 2022 9:20 pm
by Vissie
Ek dink 25m is te naby. Op 100m gaan jy ‘n daadwerklikke poging moet aanwend om laag te mik.
Ons maak gewoonlik ‘n 45/200m zero. Dit los jou skraps hoog op 100m en sowat 8 duim laag op 300m.
Re: AR15 zero distance.
Posted: Fri Nov 18, 2022 10:06 pm
by Ds J
Ek kan nie praat oor n AR15 nie: my 222 met 50gr koeels is ingeskiet op 50m; 2cm hoog op 100m, in die kol op 150m, 8cm laag op 200m.
Re: AR15 zero distance.
Posted: Sun Nov 20, 2022 7:07 am
by Alwin
Daar is nie genoeg data om te raai wat jou trompspoed is nie, dus maak ek verskeie aannames en praat meer in die algemeen:
Ek sou my geweer instel ("zero") op die verste afstand wat ek hom wil gebruik, soos bv. 200m. Jy behoort dan met 1 mikpunt van 25m tot 200m te kan skiet. Toets net jou trefpunt vir nader skote.
Vir verder skote moot jy ook toets en dan hoog hou.
Enige klein foutjie wat jy op 25m maak (parralaks ens) gaan 8x soveel wees op 200m, 10x soveel op 250m en 12x soveel op 300m.
Die 223 (met 55gn koeëls) se trajek is nie plat genoeg om met slegs 1 mikpunt goeie skote te kan plaas op jakkalse van naby tot op 300m nie. Veral na 200m begin hy erg afwaarts neig en moet jy kompenseer.
'n Ballistiese rekenaar soos bv. Strelok ("free' weergawe werk goed op Android fone) kan jou baie help om die trajek te bereken, wat jou toetse makliker maak. Verifieer steeds die data deur dit op papier (of staal) te toets.
Re: AR15 zero distance.
Posted: Sun Nov 20, 2022 12:51 pm
by Lategan1
Ek sou twee zero’s met poi as volg:
200m - 20/25mm laag,
300m - 20/25mm laag.
Die MPBR beginsel. Gebruik jou mikpunt op jou teiken/dier om duim of 2 hoër te mik indien afstand verder as jou twee zero’s is. Bevestig wel wat doen jou kombinasie veral op 230-270m.
Dit voorkom dat jy op korter afstande as jou zero, teenoor onderskeidelik met 200 en 300m zero’s, te hoog tref/mis. Besluit en kies vooraf wat jy wil skiet, vir Jakkals/uncle bob, stel jy na 300m-25mm verstelling.
Standaard los jy op 200m-25mm vir algemeen. Bg. 2c met die aanname dat jy nie heeltyd wil click nie.
Beste.