Page 1 of 3

Vudoo 360 .22LR

Posted: Thu Nov 10, 2022 12:18 pm
by Ammion
Ek het uiteindelik my Vudoo 360 gekry - op 'n stadium gedink dit gaan nie meer gebeur nie.
- 22" loop
- Triggertech Diamond 2-stage sneller
- KRG Whiskey-3 chassis

Sodra ek geweer geskiet het en tyd spandeer het sal ek meer inligting en foro's plaas.

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Thu Nov 10, 2022 12:28 pm
by Kallie Fernhout
So ja so moet n .22 lyk.
Baie nice speelding daai.
Sien uit om te sien wat hy doen op papier.

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Thu Nov 10, 2022 12:39 pm
by Ranger
Yes, very nice. I know you'll enjoy it.

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Thu Nov 10, 2022 12:42 pm
by Geno
Wow! Ek weet mens mag nie begeer nie, maar.....

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Thu Nov 10, 2022 5:04 pm
by Ammion
Baie dankie, alles lyk, voel en ruik ongelooflik (alles waarvoor ek gehoop het) - maar dit is die resultate op die teiken wat balangrik gaan wees.

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Fri Nov 11, 2022 7:44 am
by WitWillem (Charl)
Bl1ks3m!!! Sal hom moet Kaap toe bring volgende jaar !

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Fri Nov 11, 2022 8:13 am
by Capt. Yoda
Image

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Fri Nov 11, 2022 8:55 am
by Freddie101
Geluk Paul
Geniet hom. Lyk my n 6.5 is goedkoper om te skiet.
:)

mooiloop

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Fri Nov 11, 2022 12:48 pm
by Ammion
Freddie101 wrote: Fri Nov 11, 2022 8:55 am Geluk Paul
Geniet hom. Lyk my n 6.5 is goedkoper om te skiet.
:)

mooiloop
Dankie Freddie, maar dink nie 6.5 is goedkoper om te skiet nie. Berger punte, Hodgdon H4350, Lapua doppe en dan 'n nuwe loop elke 4000 skote ......

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Fri Nov 11, 2022 12:54 pm
by Apie
Ammion wrote:Ek het uiteindelik my Vudoo 360 gekry - op 'n stadium gedink dit gaan nie meer gebeur nie.
- 22" loop
- Triggertech Diamond 2-stage sneller
- KRG Whiskey-3 chassis

Sodra ek geweer geskiet het en tyd spandeer het sal ek meer inligting en foro's plaas.
Geluk!

Pragtige skietyster!

Met daai magasyn is Tpl ook geen probleemImage


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Fri Nov 11, 2022 8:44 pm
by Francoisv
Geluk Paul! Ons skiet môre fklas 22 op 100/200m. Die baie uit daarna.

Shoot straight



Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sat Jan 28, 2023 2:30 pm
by Ammion
Net so bietjie terugvoer noudat ek die Vudoo so paar keer geskiet het. Akkuraatheid is baie goed, dalk beter as wat ek verwag het en die slot is seep glad nou dat daar paar skote deur die loop is. Hierdie is 2 x 5 skoot groepe met Lapua Center-X wat ek op 50m geskiet het - dit was die eerste keer dat die geweer baan toe was (het verskillende ammunisie getoets op 50m).

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sat Jan 28, 2023 2:45 pm
by Ammion
Die geweer het 'n Bartlein loop met 'n "Ravage" kamer wat veronderstel is om Lapua / SK ammo die beste te skiet. Die geweer skiet egter Eley net so goed. Hier is 4 agtereenvolgende 5 x skoot groepe met Eley Match op 100m geskiet.
Groep 1 is eerste geskiet, toe 1 click op en 2 clicks regs gestel, daarna het ek Groep 2 en Groep 3 geskiet. Laaste groep is geskiet na kondisies bietjie verander het - ek moes wag vir paar ander skuts om op te stel op baan.

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sat Jan 28, 2023 3:21 pm
by Capt. Yoda
Ammion wrote: Sat Jan 28, 2023 2:45 pm Die geweer het 'n Bartlein loop met 'n "Ravage" kamer wat veronderstel is om Lapua / SK ammo die beste te skiet. Die geweer skiet egter Eley net so goed. Hier is 4 agtereenvolgende 5 x skoot groepe met Eley Match op 100m geskiet.
Groep 1 is eerste geskiet, toe 1 click op en 2 clicks regs gestel, daarna het ek Groep 2 en Groep 3 geskiet. Laaste groep is geskiet na kondisies bietjie verander het - ek moes wag vir paar ander skuts om op te stel op baan.

Netjies Paul maar jy verstaan darem van klein groepies skiet

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sat Jan 28, 2023 3:25 pm
by Eduard Venter
Daai is nou dik lekker!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sat Jan 28, 2023 5:04 pm
by Ammion
Dankie julle - ja, jy kan nie vir meer vra as 'n glimlag op jou gesig elke keer as jy die sneller trek nie .......

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sun Jan 29, 2023 6:36 am
by Bigfoot
That is very good shooting,
;)

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sun Jan 29, 2023 7:01 am
by Ammion
Bigfoot wrote: Sun Jan 29, 2023 6:36 am That is very good shooting,
;)
Thanks Roger.

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sun Jan 29, 2023 10:35 am
by Chevvy SS
Voorwaar 'n pragstuk, wat net so mooi skiet!

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sat Apr 22, 2023 8:09 pm
by Ammion
Ek het my 2-stage sneller gekry, Javelin geruil vir 'n Stryker, nuwe Tier One Tactical ringe, Arca rail & clamp - dink ek gaan nou eers ophou karring .....

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sat Apr 22, 2023 8:16 pm
by Ammion
100m 5 skoot groep

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sat Apr 22, 2023 8:46 pm
by Apie
Netjies Paul!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sat Apr 22, 2023 9:05 pm
by Ammion
Dankie Liaan.

Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sat Apr 22, 2023 9:25 pm
by Arnold
Flippen netjies!

Sent from my SM-A528B using Tapatalk


Re: Vudoo 360 .22LR

Posted: Sun Apr 23, 2023 12:39 am
by Klein Karoo
Baie netjies, watter teleskoop gebruik jy en is dit n .22 teiken?