Prys per kilo
Moderator: Global Moderator
- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1335
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Prys per kilo
Dagsê manne
Wie van julle betaal nog rand per kg as julle jag? Ek praat nou van gewone biltongjag, nie wild oes nie.
Wat is die pryse wat julle betaal deesdae en verkies julle dit bo prys per bok? Noem ook of dit vel aan of af is asb.
Groete
Sent from my SM-G973F using Tapatalk

-
- Hero Member
- Posts: 2420
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
- Location: Williston
Re: Prys per kilo
Eduard
'n Goeie "rule of thumb" is die helfte van n A2 slaglam se R/kg. 2022 se Pryse was die jaar tussen R85 en R100 per kg.
'n Goeie "rule of thumb" is die helfte van n A2 slaglam se R/kg. 2022 se Pryse was die jaar tussen R85 en R100 per kg.
- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1335
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Prys per kilo
Dankie wlm dis nogal 'n handige manier om daarna te kyk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
- Full Member
- Posts: 162
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Prys per kilo
Eduard
Vir n biltongjagter is R/kg vir karkas eerste prys.
Ek wens meer wildplase wil dit doen.
Vir n biltongjagter is R/kg vir karkas eerste prys.
Ek wens meer wildplase wil dit doen.
- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1335
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Prys per kilo
Krobb, ek dink ook dis 'n lekker opsie, veral op nie-trofee diere. Sal graag nog insette wil hoor, en veral pryse.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- Viking
- Hero Member
- Posts: 853
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
- Location: Pearly beach naby Gansbaai
Re: Prys per kilo
Willem se aanduiding is 'n handige "quick calc" metode, MAAR
Wildsboere se R/pk is nie dieselfde as wat ons in die slaghuis voor betaal nie - laasgenoemde is karkas gewig!
Die wildsprys word dikwels gekwoteer vir die dier sonder pens en as jy gelukkig is sonder binnegoed. Dit is selde dat die wildsprys geld vir die "skoon karkas" bepaling.
As R/pk by wild beteken dis slegs pens uit dan kan jy jou maar regmaak vir amper dubbeld die som vir die karkas alleen, omdat jy maklik tot 40% gaan verloor met die slag proses. Dis nou kop, pote en vel af met al die binnegoed uit.
EN pasop vir die boer wat jou agterna inlig dat die regering se deel van 15% nog moet bykom!!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20321
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: Prys per kilo
Ek weet springbokke in die Karoo word met vel aan geweeg, maar ek voel dat die skoon karkas geweeg moet word. Soos genoem kan jonger diere geskiet word wat dan beter vleisgehalte verseker.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2281
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: Prys per kilo
Vir lang afstande ry 800-1200km in warm son verkies baie of meeste vel aan, praktiese rede vir weeg met vel aan.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 

- ruaanb
- Hero Member
- Posts: 5398
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
- Location: Durbanville, WesKaap
Re: Prys per kilo
Betaal kontant dan is die 15% nie n probleem nie. Ek persoonlik verkies vel af al op dag 1 om erge bloed vleis klaar weg te Sny na geweeg. Vir vervoer pak net lae bedliners tussen in.
Ek vermy plase waar Ek vir horings pote vel etc moet betaal. Koop mos nie n lam so nie.
As ek n spesifieke vel wel wil hê betaal ek daarvoor.
Ek vermy plase waar Ek vir horings pote vel etc moet betaal. Koop mos nie n lam so nie.
As ek n spesifieke vel wel wil hê betaal ek daarvoor.
- Geno
- Administrator
- Posts: 13242
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Location: Bloemfontein, Vrystaat.
- Contact:
Re: Prys per kilo
Karoo springbokke waar ons jag se going rate hierdie jaar was rondom R45/kg geweeg soos 'n oes bok m.a.w karkas met 'n vel. Kop af, pote af, pens uit, harslag uit. Vel is so 10% van daardie gewig. Nie sommer meer nie.
Nog iets interessant, veral op groter bokke. Weeg bietjie 'n blad en maal die gewig met 11 (bv. groot bwb koei of jongbul se blad wat 10kg weeg. Maal met 11, dan kry jy 110kg) Kyk wat slag daardie bok uit, dan sal jy sien die som is baie na an mekaar as jy gou 'n redelike akkurate uitslag gewig wil kry sonder om die hele bok te weeg

Goed, beter, 6millimeter!
- Lategan1
- Hero Member
- Posts: 2281
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
- Location: Boland
Re: Prys per kilo
“Karoo springbokke waar ons jag se going rate hierdie jaar was rondom R45/kg geweeg soos 'n oes bok m.a.w karkas met 'n vel.”
Ons dieselfde op 3 plase, slegs vel aan, hierdie jaar tussen R45-R49 betaal.
Een van die grotes, indien nie die grootste wildvleisverwerker in die Kaap, stel dit as voorwaarde: vel aan.
Persoonlik verkies ek ook vel gou af en vervoer sonder vel, karkas moet net lekker winddroog en koud wees. Dorpenaars het nie altyd afslagplek nie!
Beste.
ns. Hierdie tariewe gegeld vir tipiese 16kg en buitebloed 25kg Karoo bokke in Weskaap tot Ooskaap.
Ons dieselfde op 3 plase, slegs vel aan, hierdie jaar tussen R45-R49 betaal.
Een van die grotes, indien nie die grootste wildvleisverwerker in die Kaap, stel dit as voorwaarde: vel aan.
Persoonlik verkies ek ook vel gou af en vervoer sonder vel, karkas moet net lekker winddroog en koud wees. Dorpenaars het nie altyd afslagplek nie!
Beste.
ns. Hierdie tariewe gegeld vir tipiese 16kg en buitebloed 25kg Karoo bokke in Weskaap tot Ooskaap.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 

- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1335
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Prys per kilo
Dankie vir die terugvoer manne.
Geno, dis 'n lekker truuk daai. Dankie daarvoor! Ek het sommer nou gaan kyk net vir interessantheid. Die laaste eland wat ek ingeweeg het se blad was 32kg op 'n 345kg karkas. Dis bitter naby!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Geno, dis 'n lekker truuk daai. Dankie daarvoor! Ek het sommer nou gaan kyk net vir interessantheid. Die laaste eland wat ek ingeweeg het se blad was 32kg op 'n 345kg karkas. Dis bitter naby!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- sako 30-06
- Hero Member
- Posts: 1840
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
- Location: Boksburg
Re: Prys per kilo
Ek sal se jy moet twee pryse he.
Nuwe jagters R80/kg
Ou jagters/vriende R40/kg

Nuwe jagters R80/kg
Ou jagters/vriende R40/kg

- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1335
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Prys per kilo
Haha ja daai is 'n plan. Ons gaan lekker besig wees volgende jaar, het baie bokke om af te haal. Hoop om julle weer te sien
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- joe rocket
- Hero Member
- Posts: 3267
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
- Location: Paarl
Re: Prys per kilo
Koedoe en springbok R40/kg karkas vel en pote af. Die per bok prys by jag het ander bollie, almal soek dan die grootste bok om te skiet en los die kleiner bokke, maar weet van n man wat R950 vir n springbok betaal het wat 7.5kg uitgeslag het. Daai is nou n lekker winsgewende besigheid.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Eduard Venter
- Hero Member
- Posts: 1335
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
- Location: Pretoria
Re: Prys per kilo
Dis ook nie vir die boer lonend as 'n jagter 'n baba bokkie skiet en per kg betaal nie. Daai bok kon volgende jaar baie meer werd gewees het.
Ek dink wel die lekker ding per kg is daai grensgeval bokke wat mens nie seker is of hy nou 'n groot genoeg karkas het of nie. Dan kan mens maar gooi as jy per kilo betaal.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek dink wel die lekker ding per kg is daai grensgeval bokke wat mens nie seker is of hy nou 'n groot genoeg karkas het of nie. Dan kan mens maar gooi as jy per kilo betaal.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
- Hero Member
- Posts: 2420
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
- Location: Williston
Re: Prys per kilo
Onthou wild verskil van bees en skaap in die opsig dat vee n vetlaag op die karkas het wat uitdroging verhoed. Vel aan jou wildskarkas voorkom dat jy n droë laag vleis op jou karkas kry wat jy in elk geval sal moet afskil. Om karkas in sy vel te vervoer is ook lekker skoon. Verouderde vleis smaak lekkerder en is sagter. Hang jou bok so paar dae in sy vel in n koel plek.
Kom nou manne, slag is maklik. Leer nog n "skill" aan.
Kom nou manne, slag is maklik. Leer nog n "skill" aan.

-
- Hero Member
- Posts: 2420
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
- Location: Williston
Re: Prys per kilo
Bly om te sien my duimreël is redelik in die kol. Vergeet om te sê dis pens en harslag verwyder, vel aan. Kop en pote moet jagter en boer maar self ooreenkom. Vir my is dit billik om kop en pote te verwyder. Koo ook maar die harslag. Gemaal en gaar gekook gaan jou hond baie van jou hou as hy elke aand n lepelvol oor sy pille kry.
- OupaZA
- Hero Member
- Posts: 584
- Joined: Mon May 19, 2014 11:29 am
- Location: Pretoria
Re: Prys per kilo
Ons betaal R45, Skoon karkas, alles af.
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
-
- Hero Member
- Posts: 1920
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Prys per kilo
Ek het verlede jaar ook vir 'n springbok R45/kg betaal vir net die karkas alleen. Die boer vra egter geen daggeld nie, maar dis omdat hy nie veel geriewe het nie. Net terloops, iets anders. Baie jare gelede het ek as jaggids vir iemand gewerk wat altyd sy springbokke en ander wild skoon gespuit het met water terwyl die vel aan was en net voordat hulle geweeg is. Dit was glo om "die bokke mooi vinnig af te koel" en omdat hy nie "met die jagter se vleis wil mors nie". Die ware rede was egter dat daar 'n hele paar gramme se water in elke dier se hare agterbly en oor die seisoen gedoen en met soveel as 200 springbokke en dalk nog 100 ander groter wildsbokke wat geskiet is, het daardie boer 'n hele paar kilogramme aan gewig gewen.
Mooi loop
Mooi loop
- Nico de Jager
- Hero Member
- Posts: 619
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
- Location: Riversdal
Re: Prys per kilo
Ek ondersteun die "prys per kilo" jag heeltemal.
Om by Koos aan te sluit, jag ons paar jaar gelede ook "prys per kilo".
Ek skiet n mooi koedoebul en toe ek hom wil oopsny keer die boer heftig, lok glo jakkalse. Ek het geweet dit gaan nog baie lank wees voor ons by die slagplek sou kom en met moeite maak die werkers n 15cm snit en trek slegs die pens uit. Derms bloed ens bly alles binne. Ek bly maar stil want ek is genooi op die jag en ek sien dinge kan onsmaaklik raak.
By die slagplek word bok dadelik geweeg, kop pote derms bloed vel en harslag alles saam geweeg.
Bok word afgeslag en die volgende oomblik dra die werkers die kop, pote, harslag en die derms na hulle huise toe.
Toe ek die boer vra waar hulle met dit gaan, vra hy verbaas of ek dit dan wil hê. Toe ek vir hom sê dat dit geweeg is en ek daarvoor betaal, hang sy mond behoorlik oop.
So ja, maak maar voor die tyd seker van die "terme".

- Posts: 1047
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
- Location: Nylstroom
Re: Prys per kilo
Sjoe, R45 per kg, as jy dan 'n 25kg rooibok kry dan betaal jy R1,125 vir die karkas. Dis vir my nie 'n slegte prys nie.
Waarvoor verkoop plase wild aan slaghuise deesdae? Laas wat ek gehoor het was dit omtrent die helfte van die bogenoemde prys, dalk meer met kopskote in plaas van lyfskote.
Ek verstaan die argument aan albei kante. Vir 'n boer maak dit meer sin om per bok te vra, want dis wat hy verkoop - 'n hele bok. Maar vir biltongjagters nie. Ek koop nie biltong by die slaghuis "per bees" en dan hoop ek ek kry die grootste bees nie, ek koop per kilo, want dan weet ek presies wat ek vir my geld kry.
As mens baie wil afskiet dink ek prys per kg sal werk. Ek het al gedink aan prys per kg dan staan daar 'n kleinerige bokkie dan staan ek maar oor. Jy wil mos jou waarde kry as jy die "gewone" R2,000 vir 'n rooibokooi betaal wat ek sien deesdae adverteer word, dan soek jy die grootste ding wat daar loop. Per kilo maak dit minder saak, want kleiner bokkies is goedkoper, so jy skiet makliker. As a nota hier, laaste wat ek penkoppies afgehaal het vir 'n vriend het ek R600 per rooibok betaal, en hulle het so 18kg~20kg uitgeslag, en dit het verblyf en hout en goeters ingesluit.
Ek moet ook eerlik wees - vir my is dit verseker iets wat te doen het met "waarde vir geld" op die ou end. Ja ek jag nie net om goedkoop vleis te kry nie, maar as die vleis begin duurder raak as wat ek vir prime rib by my slagter betaal, dan raak dit 'n taaier pil om te kou. En kom ons wees eerlik - wildsvleis is eenvoudig nie so veelsydig soos beesvleis nie, en vroulief kou veel eerder aan 'n moebok as rooibok.

- Sr. Member
- Posts: 276
- Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm
- Location: Centurion
Re: Prys per kilo
Prys per kg werk billik teenoor jagter en boer. Die voorwaardes moet natuurlik vooraf bepaal wees (vel aan, vel af, harslag in of uit etc). Hoe meer goed aan die bok bly wanneer jy hom weeg hoe laer moet die prys per kg wees.
Jagters soek oor die algemeen nie klein bokkies nie, so hulle gaan nie sommer net penkoprooibokkies skiet omdat die prys laag gaan wees nie.
Prys per bok beflgin nou van so 'n aard raak dat al meer ouens hulle budgets in perk en eerder nie 'n bok skiet nie, as om daardie ekstra Randelas uit te haal.

- Posts: 323
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
- Location: Gansbaai
Re: Prys per kilo
Ek verkies self om per kg te skiet. Ek dink dis regverdig teenoor beide partye. Dis belangrik om te weet wat ingesluit is wanneer geweeg word omdat dit n groot invloed op die prys van die vleis het. Dis ook belangrik om presies te weet wat die ander koste (dagfooi bakkiefooi en werkers ens.)behels aangesien dit alles bydra tot die koste. Prys per kg is dus fine maar dit wat dit in of uitgesluit is bepaal uiteindelik of dit n goeie prys is of nie. Dan is die beskikbaarheid van wild n ander faktor. Help nie die bokke is goedkoop maar dis maar skaars nie.
-
- Hero Member
- Posts: 1047
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
- Location: Nylstroom
Re: Prys per kilo
Dis waar hierdie. As ek R500 vir 'n rooibok betaal gaan ek sonder twyfel met meer selfvertroue 'n skoot waag as wanneer ek R2,500 vir dieselfde bok moet betaal. Dit moet dalk nie so wees nie, maar dit is.