Page 1 of 1
QL hulp met 7mm-08 asb.
Posted: Sun Nov 06, 2022 4:38 pm
by HeinSavage
Goeie middag,
Ek wil kyk of ek 168gr VLD uit die kort loop kan laat vlieg.
7mm-08 Rem
168 gr Berger VLD Hunting
AOL 73mm
Reloader 17
43.1gr - 2595fps 5m weg
Loop 565 mm 1:8
Dop Lapua 55.5 gr H2O
Groete,
Hein
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: QL hulp met 7mm-08 asb.
Posted: Sun Nov 06, 2022 5:21 pm
by tripodmvr
Daardie lading is op Node 6. Om na Node 5 te gaan bereken die lading as 45gr. Druk is egter by 60K psi en spoed op na 2715vps. Ek dink nie die ekstra spoed gaan jou jag tot op 300m beter laat verloop nie. As jy verder as dit wil skiet sal jy tyd hĂȘ om teleskoopverstellings te maak. Indien jy goeie groepe gekry het, bly by jou huidige lading en oefen oor verskillende afstande met 'n 200m zero.
Temp708.png
Re: QL hulp met 7mm-08 asb.
Posted: Sun Nov 06, 2022 5:41 pm
by HeinSavage
Dankie Oom Tripod. Ek is tevrede met ~2600.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: QL hulp met 7mm-08 asb.
Posted: Sun Nov 06, 2022 8:29 pm
by tripodmvr
Hoe het jou groepe gelyk?
Re: QL hulp met 7mm-08 asb.
Posted: Mon Nov 07, 2022 7:48 am
by HeinSavage
Oom Tripod,
Die beste groep was so by 2610 (10mm), maar daar kry ek druk tekens - dop skop effens vas en selfs een met 'n extractor merk op. Het nie verder daar gespeel nie en afgekom na die lading hierbo. Wou sien wat se QL waar loop die druk. My geweer het 'n baie tight kamer, ek het reeds die nekke geskil en dit het verbetering gebrink. Alles loop mooi tot so rondom 52k druk (QL waardes), dan skielik begin die druk spike (fisies sigbaar en voelbaar op die doppe en slot). Het dit met ander ladings ook gesien. Dit is die grootste rede hoekom ek die duur en skaars R17 skiet - ek kry laer druk. Bietjie laer teen 2540 was dit rondom 15mm groepe. Ook 'n aanvaarbare spoed vir my. Maar ek wil bietjie leer oor die "tight" kamer en sien wat ek kan doen, sal nie omgee om daar by 2610 te wees nie. Nogal gedink ek wil vandag 'n draad hier op Jaracal sit en hoor wat se die wyse manne.
Groete,
Hein
Re: QL hulp met 7mm-08 asb.
Posted: Mon Nov 07, 2022 9:11 am
by tripodmvr
Wat is die sprong na die lande toe. Ek het gesien die TPL is langer as die SAAMI lengte.
Re: QL hulp met 7mm-08 asb.
Posted: Mon Nov 07, 2022 9:24 am
by HeinSavage
My boekie le nou op die plaas, maar so uit die kop uit was dit rondom 0.6 mm. Het op 139 interbonds wat meer as 1mm spring ook gesien, maar dit is dalk 'n interessante ding om na te kyk. Het met die Bergers eers lengte getoets en dit het op die 73mm geland. Onder dit het die groep erg begin oopmaak. Maar nie af gegaan tot by SAAMI nie.... Sal dalk 'n groter sprong soek wat weer groepeer.