Page 1 of 1

Jong Jakkalse 2022

Posted: Wed Oct 19, 2022 10:20 am
by prohunt
Goeiemore,

Ek was baie verras toe ek eergisteraand 17 Oktober al 'n jong jakkalsie kon skiet...en hy het nogal heeltemal alleen geloop ook, wat ook nie normaal is vir jong jakkalse hierdie tyd van die jaar nie. In elk geval nie hier in die Klein-Karoo area waar ek meestal jag nie. Ons kry gewoonlik die jong jakkalsies eers later in die seisoen. Hierdie kan natuurlik net 'n uitskieter geval ook wees.

Dit het my laat wonder oor hoe dit in die ander areas gaan met die voorkoms van jong jakkalse. Is dit by julle ook vroeg of lyk dinge normaal. Dit sal interessant wees hoe die areas verskil.

Groete en seën

Re: Jong Jakkalse 2022

Posted: Wed Oct 19, 2022 12:14 pm
by Geno
Ek het 2 September op Amersfoort n nes geskiet en verledeweek nog een Oom. Ek dink hulle is op skedule.

Re: Jong Jakkalse 2022

Posted: Wed Oct 19, 2022 2:10 pm
by prohunt
Dankie Geno, hier by ons kry ek hulle gewoonlik eers, op die rondloop stadium, nader aan die middel November.

Re: Jong Jakkalse 2022

Posted: Wed Oct 19, 2022 2:45 pm
by RUPERT
die een het seker niks met die ander tedoen nie maar waar ek jaarliks gaan jag (Maasstroom. Limpopo) praat die boer dat die seisoene helemal deermekaar is. Hulle het glo
al Eland en BWB kalfies begin sien einde Junie.

Is dit dan nie ook dalk hoekom julle al so vroeg jong jakkalse sien en kry nie?

Re: Jong Jakkalse 2022

Posted: Mon Oct 24, 2022 2:43 pm
by prohunt
Rupert dit verskil baie in selfs in dieselfde streek. Ek het nou in die afgelope week onder andere twee tewe in die Oos-Kaap geskiet. Die een was nog dragtig (sou nog 'n paar weke loop) en die ander een was reeds besig om te soog. As jy dit nou ook vergelyk met die jonge wat alreeds alleen rondgeloop het dan kan mens sien party het vroeg reeds vrede in die huis gehad terwyl ander manne moes veg vir hulle posisies en eers later reggekom het 😉😁