Page 1 of 2

son dompel pomp

Posted: Sat Feb 04, 2012 6:59 pm
by Hugo
Hi daar,

Het iemand hier ondervinding in son pompe? Is dit snert of werk hulle? Wat kos hulle? Is hul effektief of nie? Help n man uit!

Re: son dompel pomp

Posted: Sat Feb 04, 2012 7:36 pm
by Dawid
Hugo,

Dis ook n opsie wat ek by my oorweeg maar die setup is duur en die water min. Ek het al n kwotasie of wat gekry en werk nog aan my planne. As dit net is vir watertenks vol hou gaan jy wegkom met so R 15 000.Dan kort jy nog batterye indien jy in die aande wil water pomp.

Re: son dompel pomp

Posted: Sat Feb 04, 2012 7:59 pm
by Hugo
Die plan is om die nuwe grond dam te pomp. Dis of dit of windpomp en windpompe is ongelooflik duur, wats sy pomp kapasiteit per uur? Solank hy pomp is ek game. Wats sy leeftyd?

Re: son dompel pomp

Posted: Sat Feb 04, 2012 8:14 pm
by Dawid
Hugo,

Stuur my jou E-pos dan stuur ek jou die kwotasie wat ek het. dawidl_62@yahoo.co.uk

Dink hulle is bietjie maer om jou dam vol te hou, dis hoekom ek n mono vir my Lister soek

Re: son dompel pomp

Posted: Sat Feb 04, 2012 8:21 pm
by sakkievanheerden
Hugo
Kyk na Groenfors sonpompe,ons het 3 en werk soos n bom.Die oudste een is seker na aan 10 jaar in gat en nog nooit uitgetrek nie.Let net mens kry 2 gewone een en een wat kan druk.
Groete
Sakkie van Heerden

Re: son dompel pomp

Posted: Sat Feb 04, 2012 8:34 pm
by Dawid
Sakkie,

Die Grundfos...is dit sonpompe? Indien wel stuur asb meer inlgting.

Groetnis

Re: son dompel pomp

Posted: Sat Feb 04, 2012 8:45 pm
by sakkievanheerden
Dawid
Ja dis sonpompe,jong ek kan jou nie veel vertel nie.Google hulle en kyk of jy nie iets sien nie.
Groete
Sakkie

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 7:04 am
by cassie_calvinia
ons het maar die gewone 1. hy pomp 'n punkie straal. maar, dit is mees as genoeg vir 500 skaap. hy hou die tenk en die krippe vol( as die blerrie ystervarke net nie die pype so opvreet nie). ons gaan nou nog 3 opsit. ek is gatvol vir wimpomp werk. ek het 1 as iemand dalk belangstel...kop en taring, R20 000.

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 7:14 am
by sakkievanheerden
Cassie
Ja nee hulle pomp lekker,kan meer gooi hang af van hoeveel sonpanele mens bysit.
Groete
Sakkie

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 7:16 am
by wlm
Het ondervinding van Shurflo en Watermax sonpompe. As dit gaan oor veesuipings kan jy nie beter doen nie. Kyk maar 'n slag wat kos 'n nuwe windpomp. Die sonpompe is betroubaar, installeer maklik en vra min onderhoud.
Vriend van my het onlangs 'n instellasie laat doen van 'n Grundfoss sonpomp wat 10 000-12 000 l/uur lewer. Die het hom
R44 000 gekos. Dit is baie water vir die geld gespandeer. Onthou nou is daar nie diesel vir die Lister of 'n "Eksdom"-rekening nodig nie.
Klink vir my as jy naby 'n grootpad bly kry die sonpanele maklik voete en loop weg om selfone te laai en TV's te laat speel. :(

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 7:51 am
by JK
Vir skaap (min water) kan jy weg kom met watermax en daai ander pompies, as die boorgat nie te diep is nie, maar om bees (baie water) water te gee het jy eintlik net een opsie, Grundfos SQF, seker omtrent N17000 vir die pomp dan moet die panele nog by kom maar dit is n ordentlike pomp. Maar panele raak nou heel bebostigbaar.
Ek het het nog nooit enige kontroler saam met n sonpomp gebruik nie, behalwe waar die amps te hoog is om direk deur die float switch te gebruik.  Het die laaste 10 jaar net sonpmompe op die plaas, windpompe en diesel is oud modies, en arbeid intensitief.
Diefstal is n probleem, die panele moet maar hoog op n stewige strutuur wees wat hulle nie kan omtrek of by kom nie, en die boorgat moet sommer toe gesweis word.

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 12:48 pm
by Hugo
My werk vir die pomp is as volg. Ons stoot n nuwe grond dam, so 6000m2 groot, die boorgat is nie meer as 150m weg van die dam af, hys in die omgewing van 6m hoer as die dam self, so hy gannie hoef die water ver te stoot nie hy moet hom net lift so 15m en gravitasie sal die res doen af na die dam toe. Is dit dom of slim?

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 3:00 pm
by sakkievanheerden
Manne
Daai watermax pompe hou nie,hulle het borsels in hulle motors en die raak gou klaar.

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 3:46 pm
by Dawid
Dan is dit seker maar die pad wat ek ook moet stap, Solarman se Lorentz pompe lyk nie sleg nie. Die PS 200 behoort te werk. Oe toeknyp en maar betaal.

Die Windpomp en die Lister moet maar ander huis kry.

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 4:37 pm
by JK
Lorentz/Eta pompe is nie sleg nie, maar in die reentyd wanner daar baie wolk beweeging is gee hy maar min water. Baie gevoelig vir Volt variasie, Sit af as n wolk oor beweeg en vat baie lank om weer aan te sit.

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 5:22 pm
by FE
Hi Hugo,

kan uit eie ondervinding praat. As die gat water het en die sonskyn pomp die sonpomp! Enigste nadeel is dat die nuwe broers graag met goed peuter wat niks met hulle te doen het nie. Ons het al twee panele verloor maar verder geen fout nie! Jy moet nou net nie verwag die ding moet massas water op 'n slag uit haal nie! Hy gooi 'n standhoudende stroom van dat die son op kom tot dat hy gaan sal. Wil nou nie spek skiet nie maar hy het by ons 'n 5000 liter tenk amper in 'n dag vol gemaak.

Baie minder onderhoud as 'n windpomp en as daar fout is met die pomp kan jy dit man alleen self uittrek so lig is dit!

Pm my dan sal ek vir jou 'n kontak persoon gee waar jy dit in die hande kan kry.

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 6:25 pm
by JK
sakkievanheerden wrote: Manne
Daai watermax pompe hou nie,hulle het borsels in hulle motors en die raak gou klaar.
As die watermax hard werk hou die borsels net  6 mnde, maar as lig werk kan die borsels nog al n hele paar jaar hou.

Hugo, 20 meter druk kan n sonpompie maklik hanteer.

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 7:14 pm
by wlm
Moenie van Nelson Adams vergeet nie. Nog van die ou soort manne, hy verstaan vir sonkrag.
Shurflo-pomp gee 300l/uur dus amper een 5000l plastiese tenk per dag.

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 7:21 pm
by cassie_calvinia
dawid, dit is 'n paar rand. maar jy sal nie spyt wees. sonpanele goedkoop nou. het op gumtree 'n add vir R15 gesien. weet net nie watse graad dit is nie. en dit hanteer maklik. swies 'n raam vir die paneel dat hy moet gebreek word om uit te haal...maklik soos dit

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 7:23 pm
by cassie_calvinia
ons doen als deur ou nelson...hy weet wat hy doen. het ons kop gestamp met die jong mannetjies wat dink hul weet iets. jy sal nie 'n fout maak met nelson adams

Re: son dompel pomp

Posted: Sun Feb 05, 2012 9:34 pm
by Jakkalsgat
Naand Cassie

Wat se kop is dit wat jy het Climax, Southern Cross of wat en hoeveel voet toring en wiel.

Groete
Jaco

Re: son dompel pomp

Posted: Mon Feb 06, 2012 5:25 am
by cassie_calvinia
climax 10ft. nie seker oor toring, dink dit standaard hoogte. kop lyk bitter netjies

Re: son dompel pomp

Posted: Mon Feb 06, 2012 9:32 am
by Raven
Manne,
Ek het ook so 4jaar terug begin met sonpompe, en wat 'n plesier is dit nie. Glad nie so arbeid intensief nie, en dit werk. Ek gebruik net Grundfos pompe. Sonpanele word in die "framewerk" vasgesweis, en die stelasie staan redelik hoog en word toegekamp. Gelukkig is niks nog probeer steel by my.

1ste Boorgat - 110m diep, amper elke 2 maande pype getrek - was moedeloos - vervang als met sonpomp en nog nooit weer probleme gehad. Gee 85 bees water + kleinvee
Koste - R36 000

2de boorgat - 95m diep, gee 100bees + wild in die kampe water - niks probleme, behalwe dat ek dit soms vir 'n week lank moet afskakel want die dam bly oorloop. Koste R36 000

3de boorgat - 65m diep, gee 200bees water, en stoot water nog 800m verder teen 4meter heling. Koste R39 000

4de boorgat - Ek gaan die naweek my 3fase dompelpomp vervang met sonpomp. Hier het ek 2 boorgate, een met windpomp, een met dompelpomp 40meter uitmekaar langs 'n gronddam.
Hier nodig ek 12 000litermax water 'n dag, en ek stoot water tot 3km van die huis af met die windpomp - gravitasie vloei.
Die sonpomp gaan 2 rigtings water stoot - 400m na plaashuis, en 900meter tot bo op 'n duin, waar ek verder met gravitasie vloei gaan.
Koste R46 000.

Dit het my 200liter diesel 'n maand gekos om water te pomp en krag by die plaashuis te gee. Na die naweek gaan ek niks meer diesel gebruik vir di? doeleindes. Die plaashuis is ook oorgeskakel na sonkrag middel laasjaar.

Ek sit nou met 2 Lister kragopwekkers, 4KVA(2fase) en 7KVA(3fase), 'n paar D9 kragkoppe, hordes boorgat pype, 10-12voet Suiderkruis en Climax koppe en torings, Lister en Yanmar waterenjins + 2 dompelpompe(3fase en 2fase).Dis geen probleem as ek sien hoeveel geld en moeite ek spaar oor die volgende paar jaar.

Raven

Re: son dompel pomp

Posted: Mon Feb 06, 2012 11:27 am
by JK
2de boorgat - 95m diep, gee 100bees + wild in die kampe water - niks probleme, behalwe dat ek dit soms vir 'n week lank moet afskakel want die dam bly oorloop. Koste R36 000
Norton, gaan daar by Soltec en laat hulle jou n boxie gee saam met n float switch om die pomp af te sit as die dam/tenk vol is

Re: son dompel pomp

Posted: Mon Feb 06, 2012 3:19 pm
by Raven
JK,

Dankie ek sal hoor by hulle, ek koop al my pompe by hulle.

Norton