Page 1 of 1

Induksie Annealer

Posted: Fri Sep 30, 2022 10:57 am
by Riaan Kriel
'n Vriend van my is in die mark vir 'n Induksie annealer... Hy het gister by die buitelewe skou by NAMPO-Park die produk gesien https://www.reloadingtechnology.com/pro ... r-compete/

Ken iemand dalk die produk of kan 'n opinie daaroor gee? Hoe vergelyk die annealer met ander plaaslik vervaardigde Induksie annealers of moet hy maar hou by die reeds bekende AMP-annealer?

Re: Induksie Annealer

Posted: Fri Sep 30, 2022 11:04 am
by Capt. Yoda
Vir R29 000 is daar baie om na te kyk, eks nie seker wat die AMP nou al kos nie maar kan seker nie baie meer wees nie. Daar is 1 of 2 local ouens wat ook induction masjiene maak vir baie minder as R29k. DInk die Annie wat Geno ook gebruik is hier by R15 000 rond locally

Re: Induksie Annealer

Posted: Fri Sep 30, 2022 11:09 am
by Capt. Yoda

Re: Induksie Annealer

Posted: Fri Sep 30, 2022 11:11 am
by Riaan Kriel
Ek sien ook die ou draad viewtopic.php?p=867747#p867747 Dalk kan Reghardt ook 'n kwotasie gee

Re: Induksie Annealer

Posted: Fri Sep 30, 2022 11:15 am
by Riaan Kriel
Capt. Oblivious wrote: Fri Sep 30, 2022 11:09 am 2 Local manne, klomp manne gebruik Yogi se masjien al

viewtopic.php?f=146&t=78792&hilit=induksie
viewtopic.php?f=174&t=85102&p=867999&hi ... ie#p867999
;D Dankie Cappie... Ek sien ons het altwee Reghrdt se draad ook weer gekry...

Re: Induksie Annealer

Posted: Sat Oct 01, 2022 8:57 am
by Gawie(13mm)
Manne, ek het vir 'n wyle Reghardt se "toets" masjien deur sy passies gesit en was nie net beïndruk met die werking daarvan nie, maar ook met al die funksies wat hom van al die ander masjiene ondersky.
Seker die grootste faktor vir ons Suid-Afrikaners is die prys en vir onder R10 000.00, op daardie stadium, voel dit of ek die Lotto met die bonus bal gewen het.😂

Die selfvoerder met sy verstelbare naaf, vir verskillende dop deursnee en grootes, was egter die ding wat my oortuig het om self een aan te skaf.

Reghardt voer self die onderdele in en sit dit self in mekaar. Sodoende hou hy die prys laag, maar dit doen geen afbreek aan die kwaliteit nie. Ek het al sy masjien by geleentheid aan my mede klub lede en van die top skuts in ons geweste gedemonstreer en almal was beïndruk.

Re: Induksie Annealer

Posted: Mon Oct 03, 2022 8:19 am
by Riaan Kriel
Gawie(13mm) wrote: Sat Oct 01, 2022 8:57 am Manne, ek het vir 'n wyle Reghardt se "toets" masjien deur sy passies gesit en was nie net beïndruk met die werking daarvan nie, maar ook met al die funksies wat hom van al die ander masjiene ondersky.
Seker die grootste faktor vir ons Suid-Afrikaners is die prys en vir onder R10 000.00, op daardie stadium, voel dit of ek die Lotto met die bonus bal gewen het.😂

Die selfvoerder met sy verstelbare naaf, vir verskillende dop deursnee en grootes, was egter die ding wat my oortuig het om self een aan te skaf.

Reghardt voer self die onderdele in en sit dit self in mekaar. Sodoende hou hy die prys laag, maar dit doen geen afbreek aan die kwaliteit nie. Ek het al sy masjien by geleentheid aan my mede klub lede en van die top skuts in ons geweste gedemonstreer en almal was beïndruk.
Dankie vir die terugvoering... Dit klink baie positief as die Gloeiman manne self die masjien aanbeveel ;) :)

Ek gaan kyk of ek Reghardt se kontakbesonderhede kan kry en dit deurgee vir Thys

Re: Induksie Annealer

Posted: Mon Oct 03, 2022 12:21 pm
by Gawie(13mm)
Riaan, my 1400 Champ was my lekkerste en mees ekonomies ryding ooit, maar dit was voor ek van beter geweet het.😂

Re: Induksie Annealer

Posted: Tue Oct 04, 2022 9:52 pm
by phyllox
Riaan Kriel wrote:'n Vriend van my is in die mark vir 'n Induksie annealer... Hy het gister by die buitelewe skou by NAMPO-Park die produk gesien https://www.reloadingtechnology.com/pro ... r-compete/

Ken iemand dalk die produk of kan 'n opinie daaroor gee? Hoe vergelyk die annealer met ander plaaslik vervaardigde Induksie annealers of moet hy maar hou by die reeds bekende AMP-annealer?
Ek het met Henk en Spike gepraat toe hulle die masjien gedemo het. Soos Ek verstaan is die hoof voordele dat jy automatiese feed het en nie pilots vir elke kaliber benodig nie. Werk mooi van app op jou foon af.


Sent from my iPhone using Tapatalk