Page 1 of 1
*Net vir die interessantheid* Afstand vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Sep 23, 2022 1:58 pm
by Conna Howa
Goeie dag almal
Ek Wil bietjie vir die interessantheid uitvind, op watter afstand doen julle Lading ontwikeling en Hoekom spesifiek daardie afstand.
Re: *Net vir die interessantheid* Afstand vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Sep 23, 2022 2:40 pm
by J le Roux
Dit hang af van wat jou toepassing is.
Vir my wat 95% in die Bosveld jag is 100m reg, en ek is dankbaar vir 1 MOA groeperings. Vir Vlaktejag van so 300-400m is ek nog ok. Vir regtig vêr skiet en jag het ek nie die toerusting nie.
Kom ons hoor wat die langafstand manne sê.
Re: *Net vir die interessantheid* Afstand vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Sep 23, 2022 3:03 pm
by Thunderhead
Ek sal dink 100m is die afstand waar weer omstandighede nog min effek gaan he,waar jy nog baie mooi kan sien en dit is ver genoeg om onderskeid tussen wat aanvaarbaar groep sal wees. Ek dink nie daar is baie gewere of skuts wat elke keer n 5 skoot gropering onder 1moa op 100m kan skiet nie.
Re: *Net vir die interessantheid* Afstand vir Lading ontwikkeling
Posted: Fri Sep 23, 2022 3:21 pm
by Ds J
Vir baie jare was dit die standaard om op 100m in te skiet. Dit is hoe ons meestal bepaal het of n sekere kombinasie akkuraat is.
Gegewe dat meer mense ladings met kronograwe ontwikkel sal ons waarskynlik ander afstande begin beleef.
Ek ontwikkel n lading op 100m, en dan moet ek oefen om akkuraat te kan skiet tot op 300m.
Re: *Net vir die interessantheid* Afstand vir Lading ontwikkeling
Posted: Sat Sep 24, 2022 12:10 pm
by Capt. Yoda
Hang maar af hoe goed jy kan “skiet”. Dit klink seker snaaks maar as jy nie wind en jou omstandighede kan lees nie gaan lading ontwikkeling op 500m heel moontlik n baie lang Saterdag raak. Ek het altyd n ladder op 500m geskiet om my node te kry en dan my TPL op 100m getoets voor ek die beste 3 of so dan op 700m geskiet het n dan n paar groepe met die wenner combo op 1000m om seker te maak eks tevrede, deesdae het ek so halwe hybrid manier van my lading en tpl eers op 100m doen (basies omdat ek dit in n binnehuis baan kan doen wat 99% van my probleme met enige wind uit sort) en dan toets ek my finale kanidate op 300m en dan sal ek die wenner skiet tot waar ek wil skiet, ek vind gewoonlik as n lading mooi op 700m skiet gedra hy hom self mooi van 100m tot da ander kant maar vir ver skiet is n mooi 100m lading nie altyd die een wat ek kies nie
Re: *Net vir die interessantheid* Afstand vir Lading ontwikkeling
Posted: Sat Sep 24, 2022 2:16 pm
by Lategan1
Ek op hierdie bladsy.
@captoblivious
“so halwe hybrid manier van my lading en tpl eers op 100m doen (basies omdat ek dit in n binnehuis baan kan doen wat 99% van my probleme met enige wind uit sort) en dan toets ek my finale kanidate op 300m en dan sal ek die wenner skiet tot waar ek wil skiet,”
Het nie nabye toegang tot verder as 300m of binnebaan nie. As weer baie mooi is, skiet ek op 200m, andersins op 100m en evalueer op 300m. Doen my tpl of op 200 of 300m. Dit vat my akuraat tot op 400m.
Bogemelde word ook bepaal deur die grootte teleskoop asook die kaliber, bv. 9.3x62 op 100m en .243 op 200m.
Het al baie ladders op 300m gedoen, van min. tot maks. lading. Dit verg baie patrone en geld om lading en tpl so te doen. Met die jaracal dosente se QL hulp, spaar ek baie geld en moeite en skiet mini-ladder op korter afstande. Dit help voorkom natuur invloed. Ek gebruik dus nou meestal 300m groepe vir kontrole of my finale wel korrek is, minimum 4-skoot groep, dit laat my met selfvertroue tot op 400m met die geskikte kaliber.
Beste.
Re: *Net vir die interessantheid* Afstand vir Lading ontwikkeling
Posted: Sat Sep 24, 2022 3:04 pm
by Capt. Yoda
Net iets anders nou laat Lategan se sy finale groepe is 4 skoot groepe, ouens praat altyd van 5 skoot groepe skiet want dit wys nou die regte potensiaal. Ek skiet my eetste TPL noem dit nou ma kontrole somer met 2 skoot groepe om net n idee te kry, n 5 skoot groep gaan nie n swak 2 skoot groep beter maak nie. As ek 2 skote nie deur baie naby aan selle gat kan skiet op 100m nie en my tyken wys my nie wat ek wil sien met self 2 groepe langs mekaar wat 1 gat groepe is nie beweeg ek aan na die volgende TPL todat ek sien wat ek wil sien. Sodra ek dink eks 95% daar sal ek 5 skote op verder afstand skiet
Re: *Net vir die interessantheid* Afstand vir Lading ontwikkeling
Posted: Sat Sep 24, 2022 3:35 pm
by Lategan1
Ek dit ook al gedoen as my voorrade of selfs tyd beperk is, maar soos jy sê dan beslis op 100m. Ek skiet net eers ‘n koue skoot - sommer met ander oefen patroon.
Ek laai 3 stelle van 3; -0.3gr, beste 2-skoot en +0.3gr. en skiet op 200m. Jy gaan lekker jag daarna tot op 250m. Tpl verstelling mag verdere werk verg.
Groepe gaan bes moontlik met hierdie kortpad beter groep as die helfte van die winkel patrone in jou geweer.
Beste.