Page 1 of 2
Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 11:27 am
by 264 Win Mag
Ek het 'n Howa stainless 243Win met die standaard 22 duim loop opgetel vir 'n goeie prys. Ek was nog nooit 'n 243 fanboy nie en my vriende gaan my nooit ophou gee hieroor nie.
Maar ek het nou die geweer en gaan hom meestal gebruik vir jag. Wat is die swaarste grein punt wat ek uit so 22 duim Howa gaan skiet en wat se spoed kan ek verwag? Voorstelle vir lekker jag punte wat nie 'n verband op die huis gaan nodig he om te koop nie sal waardeer word
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 11:38 am
by Capt. Yoda
95gr BT, so 2930fps seker anders 87gr Vmax teen baie naby aan die selle spoed
Die soort kruit wat jy gaan gebruik sal ook n groot impak op spoed he
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 11:52 am
by SakoTrippel2
90 en 95 werk lekker selfs 100gr en swaarder in die meer konvensionele koeël ontwerpe, maar mens terg so bietjie die "stabiliteits faktor" met daai 10tw en die swaarder koeëls.
'n 95 BT is 'n bitter lekker all-rounder. Ek sou self 'n 90gr ELD-X 'n kans gee. Sierra se Tipped Game King hoor ek ook goeie goed van en hys ook 'n 90gr. Aan die bietjie meer premium kant kan mens kyk na die 90gr Accu Bond en Swift Scirocco (laasgenoemde duur en nogal vol stories om aan die skiet te kry)
Dan kan mens na die Monos ook kyk. Gewoonlik ligter want hulle is langer lees "moeiliker om te stabiliseer"
80 en 85 TTSX van Barnes
82 en 90 Krieke
Ongelukkig nie die 1 koeël antwoord waarvoor daar gehoop is nie maar as dit ek was sou ek daai klompie ondersoek en van daar af 'n besluit maak.
Mens behoort al die koeëls teen so rof weg 2900ft/sek te kan skiet... Nie noodwendig waar hulle gaan groepeer nie maar dis so half die ballpark
As dit by toegewyde Jag koeëls kom sê ek altyd mens moenie moan oor R20 'n punt as jy na 'n R2000 se bok skiet nie.
Groete
Frans
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 12:02 pm
by Dirkvh
'n 87gr VMax en 'n 243 is battery en torch, gebou vir mekaar. Sukkel nie sommer met 'n lading nie en is 'n dodelike kop- en nek-skoot kombinasie.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 12:40 pm
by 264 Win Mag
Dankie manne julle advies word opreg waardeer. Ek hou van die idee van 87 of 90 grein teen daai spoed behoort lekker op springbokke en blesbokke te werk. Miskien moet ek eendag my woorde sluk oor die 243
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 12:58 pm
by SakoTrippel2
As die teiken Bles en Springbok gaan wees sal ek die 87 Vmax ook back! Soos die ander manne noem. Hy werk mooi vir AGTER die blad skote op langer afstande.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 1:05 pm
by Jean Marais
Die Howa-tjie se akkuraatheid gaan jou nog stom laat, en in my opinie gaan jy dalk eerder jou woorde moet sluk.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 1:54 pm
by Ds J
Dirkvh wrote: Tue Sep 06, 2022 12:02 pm
'n 87gr VMax en 'n 243 is battery en torch, gebou vir mekaar. Sukkel nie sommer met 'n lading nie en is 'n dodelike kop- en nek-skoot kombinasie.
Ek ken enkele skuts wat gestoei het met ladings en akkuraatheid totdat hulle die 87gr VMax probeer het. Daarna was die roer reg en die vleis in die kas.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 2:48 pm
by 264 Win Mag
As die geweer enige iets soos my Howa 223 stainless varmint skiet gaan hy dalk meer saam veld toe gaan as baie van die ander in die kluis. Dankie manne ek is nou al amper opgewonde om 'n 243 te besit
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 2:55 pm
by Gian_dP
Ek het alpaar verskillende koeels geskiet uit n 243 en nou 243AI. 87gr Berger VLD Hunting bly my gunsteling.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 3:04 pm
by Chris (vdB)
Gian_dP wrote: Tue Sep 06, 2022 2:55 pm
Ek het alpaar verskillende koeels geskiet uit n 243 en nou 243AI. 87gr Berger VLD Hunting bly my gunsteling.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Gian, skiet jy kopskote ook met daai VLD's. Ek vra, omdat ek ook hulle wil probeer wanneer daar weer vooraad in kom by die winkels.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 3:55 pm
by Gian_dP
Chris (vdB) wrote: Tue Sep 06, 2022 3:04 pm
Gian_dP wrote: Tue Sep 06, 2022 2:55 pm
Ek het alpaar verskillende koeels geskiet uit n 243 en nou 243AI. 87gr Berger VLD Hunting bly my gunsteling.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Gian, skiet jy kopskote ook met daai VLD's. Ek vra, omdat ek ook hulle wil probeer wanneer daar weer vooraad in kom by die winkels.
Hulle maak effens minder skade as VMAX op kopskote, maar steeds BAIE effektief. Hou weer bietjie beter bymekaar as VMAX op lyfskote.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 4:47 pm
by Lategan1
Gian_dP wrote: Tue Sep 06, 2022 3:55 pm
Chris (vdB) wrote: Tue Sep 06, 2022 3:04 pm
Gian_dP wrote: Tue Sep 06, 2022 2:55 pm
Ek het alpaar verskillende koeels geskiet uit n 243 en nou 243AI. 87gr Berger VLD Hunting bly my gunsteling.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Gian, skiet jy kopskote ook met daai VLD's. Ek vra, omdat ek ook hulle wil probeer wanneer daar weer vooraad in kom by die winkels.
Hulle maak effens minder skade as VMAX op kopskote, maar steeds BAIE effektief. Hou weer bietjie beter bymekaar as VMAX op lyfskote.
Goeie info.
Beste.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 7:28 pm
by mr rey
Ek skiet 85gr gamekings en 87gr vmax. Wat lekker is, is dat hul baie naby aan mekaar “group” so mens kan van een na ander beweeg sonder om verstelling aan scope te maak.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 06, 2022 8:08 pm
by BenJacobs
Ek jag met 75gr vmax teen so 3200vps.
Hulle doen baie mooi vir my. Al 'n paar takbokke, Springbokke, voëls en 'n eland koei geskiet met hulle en al waar ek kwaai vleis skade gekry het was waar ek 'n jong Springbok ram se albei bladbene getref het. Die ander bokke was almal met relatiewe min skade.
Groete Ben
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Wed Sep 07, 2022 10:36 am
by toxicsox
Dalk was ek net gelukkig - my 243 skiet perfek met Sellier & Bellot 100G rak ammo.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Thu Sep 08, 2022 3:18 am
by SakoTrippel2
toxicsox wrote:Dalk was ek net gelukkig - my 243 skiet perfek met Sellier & Bellot 100G rak ammo.
Glad nie gelukkig nie... Hy sal skiet.... Juis wat ek bedoel het met meer konvensionele koeël ontwerpe... Flatbase en 'n lekker lang bearing surface. Ekt gou 'n foto gaan soek en die S&B buiten vir sy ogief/punt pas daarby.
Die probleem kom by die lang slanke koeël met korter/minder bearing surface al weeg hulle se maar net 5 of 10grein meer...
Ek wil nie die draad ontspoor nie en sonder om soos Bryan Litz te probeer klink... MAAR koeël stabiliteit (alle ander faktore uitgelaat) in 'n gegewe twist kom neer op "Shape wat eintlik verwys na bearing surface" en nie net gewig alleen nie.
Die monos is 'n goeie voorbeeld hiervan maar dis 'n storie op sy eie.
Ons kom met baie weg wat Twist en Koeëls betref in sekere gevalle.... 10Tw Howa skiet 105 Amaxe baie mooi..... Nuwe skiet bestemming..... Chaos... Laer bo seevlak.
My 14tw 222 skiet die 55BT klawers in die Vrystaat
In Thabazimbi gaan hulle sywaarts deur die papier.
Dus het ek geleer bly maar weg van die Grensgevalle.
Ek praat alweer baie en sê eintlik min, cheers vir eers.
Groete
Frans
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Thu Sep 08, 2022 5:17 am
by Vissie
SakoTrippel2 wrote: Tue Sep 06, 2022 11:52 am
As dit by toegewyde Jag koeëls kom sê ek altyd mens moenie moan oor R20 'n punt as jy na 'n R2000 se bok skiet nie.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Ek kon nog nooit die sê-ding aanvaar nie.
Daar is na my mening in die algemeen twee tipes jagters. Eerstens, die toevallige geleentheidsjagter. Hy probeer fabrieks ammunisie sommer stuk stuk koop as hy in die geweer winkel is.(Werklikke ondervinding) Hy stap in en koop die kleinste goedkoopste pakkie. PMP se afsterwe beinvloed hom die ergste. Hy gaan mos net 3 skote op die plaas skiet en dan een op die bok. Let wel, sy benadering tot drankverbruik verskil wesenlik van die metode hoe hy patrone gebruik.
Die tweede soort jagter is bietjie anders. Hy doen moeite. Lê laat aande wakker en dink oor watter koeël hy moet herlaai en so aan. Dan spandeer hy nou maar die ekstra geld op die beter koeëls. Maar dan lyk sy som so;
50 koeëls lading ontwikkeling. R1000 in die wal.
40 koeëls oefen en seker maak die geweer skiet reg. Nog R800 in die wal. Miskien 1 uit elke 20 koeëls raak aan ‘n bok. So premium koeëls kos verseker baie meer as R20 per bok.
Bietjie tong in die kies, maar dis rofweg my ondervinding. YMMV.
Ek is in dieselfde kamp as die OP. Was altyd eintlik half allergies vir die 243 oor sy beperkte looplewe en die doughnuts wat in sy nekke vorm. Gaan vanoggend myne vir die eerste keer vashou. Gaan hom aanwend as ‘n dan en wan jakkals geweer totdat my dogtertjie aan kan beweeg van die .22 af. My plan gaan wees om die 95gr SST’s te gebruik na ek Nathan Foster se artikel oor die kaliber gelees het op Ballistic Studies.
Groetnis,
Vissie
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Thu Sep 08, 2022 9:04 am
by henk.spioenkop
Nou lekker gelag hieroor.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Thu Sep 08, 2022 9:08 am
by snakker
Dit was briljant, Vissie

Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Thu Sep 08, 2022 9:30 am
by Lategan1
Ditto, lekker geniet.
Beste.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Mon Sep 12, 2022 7:56 pm
by Skietstoel
So entjie na die maal maar my ervaring met 243 koele in ‘n 1:10 twist loop kom neer op 1) 87g V-Max.meer n papier as jagpunt maar goed vir plaagbeheer en kopskote; 2) 87g Berger VLD Hunting en 3) 85 g Hornady Interbond wat nogal goed werk in die jagveld as n egte bonded punt.
Ek gaan nog die 95g Classic Hunter van Berger probeer- net omdat dit n goeie bc het, vir die langer skote.
Groetnis.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 13, 2022 9:58 am
by tau
Dirkvh wrote: Tue Sep 06, 2022 12:02 pm
'n 87gr VMax en 'n 243 is battery en torch, gebou vir mekaar. Sukkel nie sommer met 'n lading nie en is 'n dodelike kop- en nek-skoot kombinasie.
Die Uwe 87gr Vmax is sy R8.30 werd. 3269fps uit my Howa .243 en die Springbokke val. My Kinders skiet bokke agter die blad en die skade is minimaal. anderkant 450meter val hulle so bietjie uit die bus uit, maar op 350m skiet jy nog kopskote as jy jou kant bring.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 13, 2022 10:55 am
by sako 30-06
Skietstoel wrote: Mon Sep 12, 2022 7:56 pm
So entjie na die maal maar my ervaring met 243 koele in ‘n 1:10 twist loop kom neer op 1) 87g V-Max.meer n papier as jagpunt maar goed vir plaagbeheer en kopskote; 2) 87g Berger VLD Hunting en 3) 85 g Hornady Interbond wat nogal goed werk in die jagveld as n egte bonded punt.
Ek gaan nog die 95g Classic Hunter van Berger probeer- net omdat dit n goeie bc het, vir die langer skote.
Groetnis.
Die V-max is verseker nie n papier koeel nie en ook nie net vir kopskote en plaagbeheer nie.
Ek en almal wat met my geweer jag het al baie rooibokke, blesbokke, vlakvarke en SWB'ste geskiet met die V-max. Meeste was skote net agter die blad en die koeel werk uistekend, vleisskade is minimaal en baie min van die diere het verder as 20m gegaan.
Afstande het gewissel van 80m tot 450m.
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Posted: Tue Sep 13, 2022 12:44 pm
by Hartskoot Hennie
Ek skiet 80gr Nosler Ballistic Tip Varmints uit my .243 AI teen 3358fps. Ek gebruik die geweer hoofsaaklik vir kopskote, maar ek het wel al 'n paar Springbokke en Blesbokke op die blad geskiet, en nog elke keer is die patroon dwarsdeur bok se blaaie - een kant in, en anderkant uit. Die afgelope naweek het my seun 'n Blesbok op 115m in die blad geskiet en die koeëltjie is ook dwarsdeur. Hy maak wel 'n groot gemors binne in die bok se borsholte, maar dis wel waarvoor die BTV ontwerp is - om skade te maak.