Page 1 of 1

Nag skiet permitte.

Posted: Thu Feb 02, 2012 8:40 pm
by Pvdw
Manne s? gou vir my wat behels die permitte en papier werk om jakke in die nag te skiet in Gauteng en Mamparalanga?

Dawie het op die kursus gemeld van nagskiet permit vir alle gewerwelde dier. Sommige provinsies het totale vrystelling op die permit as dit kom by jakke en

rooikatte. Wie het die nodige info en nommers hier by ons om seker te maak on trap nie in die poef een aand nie?? :P :P

Peet

Re: Nag skiet permitte.

Posted: Thu Feb 02, 2012 9:43 pm
by molopohunter
Dagse Peet,

Dit hang af hoe hy in daai provinsie gelys is. Probleem dier kan in die aand skiet. Hy is vrygestel van daai wet.
Ek mail gou vir jou die MP manne se sel nrs. Hulle sal jou ook kan se wie kan jy bel in gauteng.

Groete,
Peet

Re: Nag skiet permitte.

Posted: Thu Feb 02, 2012 9:46 pm
by Pvdw
Dankie, wardeer. Ek het vandag met April Lukhele gesels en hy sukkel effe om my vrae te beantwoord.

Peet

Re: Nag skiet permitte.

Posted: Thu Feb 02, 2012 9:54 pm
by molopohunter
Weet hoe voel dit.
Bel daai manne, hulle praat ons taal en baie behulpsaam.
Ek sukkel ook so met die kantore van meeste provinsies, dis hoekom ek maar die "beter" mense se nommers uitvis vir elke provinsie.

Groete.

Re: Nag skiet permitte.

Posted: Thu Feb 02, 2012 9:55 pm
by tripodmvr
Pvdw wrote: Dankie, wardeer. Ek het vandag met April Lukhele gesels en hy sukkel effe om my vrae te beantwoord.

Peet
Oe, I does not understand. Jy moet hom mooi boeduie.

Re: Nag skiet permitte.

Posted: Thu Feb 02, 2012 10:00 pm
by Pvdw
Help nie ek beduie mooi nie want ek weet self ook nie wat ek moet kry nie. Lyk my Molopo het die regte raad. Ek bel sommer vroe vroeg daai manne.

Re: Nag skiet permitte.

Posted: Fri Feb 03, 2012 7:16 pm
by Pvdw
Het MP uit gesorteer.

Jakke Rooi katte en bosvarke is pes en hulle is uit gesluit van normale wild.

Jy moet egter die boer se skriftelikke toestemming kry on een van die bg. 3 op sy plaas in die nag te jag.

GP is nog 'n probleem. Ek het die mense in die kantoor heel deurmekaar en nou sal ek maar Maandag die baas bel. Het laat vandag sy nommer gekry.

Peet