Page 1 of 2
Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 8:20 am
by Lamtjop
Jis manne, ek wil n kleinerige ligte knaldemper op n 223 sit. Ek het sovêr 2 uitgesonder, die M38 van Hog en die Shorty van Warrior. As iemand ondervinding het van hulle gee asb julle kommentaar "pro en cons". My budget kan nie oor R3000 gaan nie so Atec, Aimsonic, ens is uit en gewig moet nie oor 350gr wees nie.
By voorbaat dank
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 8:25 am
by Kolhasie
Warrior se shorty is baie smaart.
Letwel daar is KD op die mark wat beter is maar nie so klein nie
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 8:58 am
by J.A.N
Ek het die Warrior shorty op my 303. In vergekyking met die Warrior large is hy nie so stil nie, maar maak die recoil aansienlik beter op die 303 wat minder as my BRNO .22 weeg.
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 9:13 am
by toxicsox
Die Silent Hunter van Henk op my 308 werk lekker. Nie seker oor die gewig nie.
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 10:37 am
by Capt. Yoda
Silent Hunter is n lekker KD op n jag geweer dalk net n bq swaarder as die 350gram wat Lamtjop soek
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 10:45 am
by Ratel
Ek het 'n Aghmed op my 223. Lekker lig en daai roer loop soos 'n muis met slippers.
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 12:14 pm
by pwdejager
Ek het ook n Achmed, op my 308 en baie happy met hom. Baie lig, baie minder recoil en goeie suppressing
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 12:38 pm
by Lamtjop
Hunt buddy 400gr
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 1:50 pm
by BeesBreet

Hierdie raak gesien… Ek hoor goeie goed
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 3:26 pm
by ruaanb
Achmed nooit weer nie. Warrior al die pad.
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 4:30 pm
by HeinSavage
Warior Shorty met ‘n tromprem vooraan. Nie die stilste nie, maar is aanvaarbaar. Lig, kort en goeie recoil vermindering.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 4:42 pm
by Lamtjop
Ek het al met Martel van recoil reaper gepraat, hy stel die groter 1 voor. Recoil vermindering op 223 is nie eintlik n probleem nie, ek wil skiet sonder om my ore of mense rondom my se ore seer te maak.
Ruaan wat was fout met Achmed?
Wat van die Hog manne?
Ek sien die Warrior medium weeg 342gr so dit kan ook nog werk.
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 4:51 pm
by ruaanb
Krom begin trek na so 2-3 skote weens hitte.
Koel af dan raak die koeël met volgende koue skoot.
Helber het my vertel die geweer se draad is skeef gesny. n Warrior op dieselfde draad opgedraai en geen probleme nie.
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 5:12 pm
by Malan123
Ek het al 'n redelike paar silencers in my lewe gehad. My persoonlike opinie is dat next level silencer die beste balans het tussen gewig, size, recoil reduction en klank demping.
As jy net klank wil demp, die oryx is baie goed.
Ek ken ongelukkig nie die gewigte van die outjies nie
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 6:33 pm
by jdpretorius
Is daar dalk iemand wat die Warior Shorty met tromprem + barrel tuner gebruik en kan vertel of dit goed werk.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 6:56 pm
by pwdejager
jdpretorius wrote: Tue Aug 30, 2022 6:33 pm
Is daar dalk iemand wat die Warior Shorty met tromprem + barrel tuner gebruik en kan vertel of dit goed werk.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Gebruik een op my 6.5 Creed. Swaar, maar vir my doel is dit nie 'n probleem nie, en werk fantasties met die tuner! Sal nie sommer weer 'n brake of supressor koop sonder 'n tuner nie.
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 7:19 pm
by jdpretorius
pwdejager wrote:jdpretorius wrote: Tue Aug 30, 2022 6:33 pm
Is daar dalk iemand wat die Warior Shorty met tromprem + barrel tuner gebruik en kan vertel of dit goed werk.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Gebruik een op my 6.5 Creed. Swaar, maar vir my doel is dit nie 'n probleem nie, en werk fantasties met die tuner! Sal nie sommer weer 'n brake of supressor koop sonder 'n tuner nie.
Baie dankie..... juis gewonder hoe effektief die tuner werk.
Ek kon nog nie n ander maak op spoor wat die selde kombo biet nie
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Tue Aug 30, 2022 9:01 pm
by Ratel
ruaanb wrote: Tue Aug 30, 2022 4:51 pm
Krom begin trek na so 2-3 skote weens hitte.
Koel af dan raak die koeël met volgende koue skoot.
Helber het my vertel die geweer se draad is skeef gesny. n Warrior op dieselfde draad opgedraai en geen probleme nie.
Dis jammer om te hoor. Ek het so ongeveer 150 rondtes deur myne sonder enige probleme.
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Wed Aug 31, 2022 8:29 am
by charlk
More, hoop dit Gaan goed met almal.
Wie het Al met APW se Warbird geskiet of gewerk mee.
Soek self n nuwe silencer.
Baie dankie
Sent from my CPH2197 using Tapatalk
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Wed Aug 31, 2022 8:33 am
by Capt. Yoda
Ligste KD wat ek nog ooit in my hand gehad het, die videos wat hulle ons gewys het lyk dit of hul ook bitter baie recoil weg vat.
Pryse is bq hoer as die avg KD maar as ek weer een koop sal dit daai featherweight 196 wees
https://www.twinboreagencies.co.za/sound-moderators
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Wed Aug 31, 2022 8:54 am
by Toyrsi
Kyk ook na PH Precision sin.
Kry n klomp verskillendes en is ontwerp deur Pieter vd Westhuizen(Protea Sa Jaggeweer skut)
Kan hulle op Facebook soek.
Website nog onder konstruksie
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Wed Aug 31, 2022 9:19 am
by Capt. Yoda
Lyk my daar is omtrent nou meer silencer vervaardiger in SA as wat daar PHe in Pretoria is
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Wed Aug 31, 2022 8:57 pm
by Lamtjop
Ek het PH precision gesien maar hy is 100% aluminium die "nut" wat op loop draai ook alu, eks bang daai draad gaan nie lank hou nie.
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Thu Sep 01, 2022 7:07 am
by Toyrsi
Lamtjop wrote: Wed Aug 31, 2022 8:57 pm
Ek het PH precision gesien maar hy is 100% aluminium die "nut" wat op loop draai ook alu, eks bang daai draad gaan nie lank hou nie.
Kontak hulle.
Ek glo Pieter sal enige part vervang wat nie op standaard is nie.
Re: Alweer n knaldemper vraag
Posted: Thu Sep 01, 2022 4:25 pm
by Jackalsniper
Wat dink julle manne van Tewis se silencers? Hy bly mos deesdae op Stilbaai maar ek glo hy bou nog. Ek het al met een op n 243 geskiet en hy was
goed gedemp, nie te veel recoil nie en hulle is ook uit aluminium gebou, so redelik lig en onder R3000 gefit laas wat ek gehoor het.