Page 1 of 1

Labradar vs Magnetospeed

Posted: Mon Aug 29, 2022 9:51 pm
by Whisky17
Goeie naand almal

Ek is opsoek na informasie oor die 2 opsies, Labradar teenoor Magnetospeed.

Die prys verskil is nogal redelik, so is die Labradar die geld werd?

Enige terugvoer sal wardeer word.

Groete

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 1:27 am
by Dumbluck
Magetospeed wat aan die loop vas is affekteer nie net jou POI nie maar ook jou groepe.

Labradar kan jy agter die bank gaan sit of prone gaan lê en letterlik elke skoot deur die geweer / gewere meet. Van groepe skiet vir lading ontwikkeling tot jou langafstand skote.

As jy skietbaan toe gaan met meer as een geweer is dit great want jy skiet 'n groep met een, dan sit jy hom eenkant om af te koel en skiet die volgende geweer sonder enige verstellings aan die Labradar.

Ek is baie bly ek het oorgegaan van MS na Labradar. Die vasmaak/losmaak van die MS het my mal gemaak.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk


Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 6:05 am
by henk.spioenkop
Labrador is baie beter konsep as Magnetospeed. Ewe akkuraat.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 6:27 am
by Geno
Uit 100x skote, hoeveel mis julle labradar? Selfs met recoil activated triggers en aftermarket visiere?

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 6:31 am
by Bigfoot
Die Labradar mis 'n paar skote.

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 6:32 am
by Frederik
Ek het duur foutjie geleer met Magnetospeed die straps hou nie altyd mooi vas veral as dit met groter kalibers geskiet word.
Voorste sensor net net gevang en moes toe vervang.

Die labradar is duur maar werk baie mooi ek het wel nie eeen nie maar BASA gebruik ene.

Wat ek wel ook kan voorstel as begroting nie toelaat is die ProChrono DLX hy werk met Bluetooth en jy kan alles capture op jou foon en sover het hy nog nie eenskoot gemis met lesing nie.

Jy kan selfs jou volume op jou foon opstoot dan word die spoed sommer vir jou gegee oor jou speaker.

[youtube]https://www.youtube.com/watch?v=KvKlqEFFg_8[/youtube]

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 7:00 am
by J P
Geno wrote:Uit 100x skote, hoeveel mis julle labradar? Selfs met recoil activated triggers en aftermarket visiere?
Standaard het myne baie min skote gemis, met recoil activated trigger mis ek nou geen skote nie (behalwe wanneer ek vergeet om hom te "arm").

Sent from my SM-G985F using Tapatalk


Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 9:03 am
by Klein Karoo
Hoe is die effek van son / skaduwee op die Labradar?

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 9:11 am
by Capt. Yoda
Son/skaduwee het geen invloed op LR nie, dis n Doppler Radar

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 9:36 am
by Whisky17
Baie dankie vir al die terugvoer.

Ek het verneem dat die recoil activated trigger belangrik is met die gebruik van n suppressor op die Labradar.

Ek het wel 2 gewere wat saam gaan skietbaan toe, so ek dink die Labradar sal beter werk. Sal kyk na die ProChrono DLX, veral as die "ander persoon" in die huis nie die budget gaan toelaat nie...

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 10:17 am
by Capt. Yoda
Whisky, hoe baie is jy van plan om die ding te gebruik?

Toe die eerste labradars geland het het ons almal gese nou gaan ons al die data in die werled bekom, elke baan sessie gaan ons net data kry, elke komp gaan ons net data kry en so gaan ons net beter raak.

Die realieteit is jy raak baie gou gatvol om heeltyd die ding op te slaan en reg te kry as jy wil skiet en daar is dalk belangriker dinge om op te konsentreer wanner jy skiet as om jou spoed te lees. Ons gebruik n LR en n Magneto en persoonlik verkies ek die magneto wanner ek my spoed wil toets/kry, 3 4 of dalk 5 skote en eks klaar met dit.

As jy n klomp gewere het wat jy gebruik of as jy regtog data gedrewe is dan sou ek se kyk na die LR maar met 2 roere tensy jy heeltyd jou spoed wil monitor is die Magneto meer as genoeg.

Die ou standaard staan Cronos wat met lig werk is nie iets wat ek weer in my toekoms kan sien nie maar daai Procrono is die beter een om te koop as jy in daai rigting kyk

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 11:09 am
by Arnold
Ek verkies ook die Magneto, baie eenvoudiger en makliker om saam te vat met batterye wat ook langer hou.

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 2:21 pm
by Klein Karoo
In hoe n mate beinvloed die MS die groeperrings mbt lading ontwikkelng?

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 2:35 pm
by Capt. Yoda
Hang maar af van loop tot loop, ek het gewere wat hy niks op doen nie (hulle het swaar KD op wat dalk n impak het), en gewere waar hy die POI bq skuif en dan swaar loop sonder KD waar hy basies niks maak. Ek het nog nooit regtig gesien laat hy n goeie lading se groep slegter maak nie maar dit is nie onmoontlik nie. Soos ek lading ontwikkeling doen is spoed gewoonlik die laaste stap so ek sien nie regtig die swakker groepe met hom op nie

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 6:01 pm
by Apie
Geno wrote:Uit 100x skote, hoeveel mis julle labradar? Selfs met recoil activated triggers en aftermarket visiere?
Met 22 kalibers moet mens hom mooi oplyn en lekker stewig laat staan.

As ek myne nie mooi solied het nie kan die muzzle blast veroorsaak dat hy hier en daar ‘n skoot mis.

Belangrik is om jou geweer rus hoog genoeg is dat mens in die middel van sy radar deur skiet.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Labradar vs Magnetospeed

Posted: Tue Aug 30, 2022 7:37 pm
by edwill
Rifle - Magento
Rifle and Pistol - Labradar

I have a Labradar, and I often think of buying a Magento, but once you figure out how/where to set it up it can be consistent.
I take mine to the range every session, and every match.


Sent from my SM-G990E using Tapatalk