Dag manne!!!
Ek was Saterdag nag weer in die bevooregde posisie om bosvarke te jag. Die boer by wie ek gejag het is besig om sy saad mielies te stroop. Ek het die hele nag gejag en varke bekruip maar kon nie een raak loop nie, hulle was nie eers in die lande nie. Miskien het die bos telegraaf hulle gewaarsku van die doods engel se teenwoordigheid...weet nie maar dit was baie opvallend dat ek nie eers een gehoor het nie.

Soos ek alreeds vroer hier iewer genoem het mens stap nie net in die veld in en skiet gou-gou 'n bosvark nie, nee my maat jy werk vir hom.
Ek het wel 'n baie interesante ding tee gekom wat ek met julle eksperds wil deel en miskien kan julle my help met 'n verklaring. Soos ek reeds genoem het was ek die aand om die mielie lande op soek na die mielie bekke, het die lande 'n hele parkeer gesirkel, deur gestap, windrigting, alles was perfek maar kon nie vir ot raak loop nie. Hier teen 02:00 sondag oggend staan ek langs 'n grondpad, reg teenaan 'n mielie land en luister doodstil of ek nie miskien 'n mielieplant hoor breek nie... maar niks, alles is doodstil. Ek besluit toe maar om huiswaarts te keer, net voordat ek daar weg stap kyk ek deur die nag sig teleskoop in die pad af om seker te maak dat ek miskien 'n rondloper ot misloop nie. Wat sal ek toe sien, hier skaars 5 tree van my af staan 'n groot uit gegroeide jakkals mannetjie my en aankyk asof die kat my ingedra het,

.
Die volgende blaf die 30-06 en die jakkals en die grondpad word een. By nadere aanskouing kon ek geen defekte op die dier kry nie, hy lyk heel gesond en vet. Dit was net vir my baie raar dat 'n wilde jakkals in die nag sonder vrees so naby aan 'n mens sal kom. EK het ongelukig nie foto's geneem nie.
Miskien het een van julle dit al ervaar, ek sien uit om julle komentaar te lees.