Page 1 of 1
Soek raad
Posted: Sun Aug 21, 2022 5:26 pm
by Lapua
Dagsê Mnre,
Ek het n vraag. Wat kan die oorsaak wees dat n geweer regs groep op langer afstande? Ek praat van 12" op 200m. Nie net bietjie regs nie.
Enige raad/opinies sal hoog op prys gestel word.
Dankie
Re: Soek raad
Posted: Sun Aug 21, 2022 5:35 pm
by Victor_
Is die teleskoop “level”?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Soek raad
Posted: Sun Aug 21, 2022 5:43 pm
by tripodmvr
Parallaks verstelling.
Foutiewe teleskoop.
Vervang met ander teleskoop en kyk of dit nog 'n probleem is
Re: Soek raad
Posted: Sun Aug 21, 2022 5:51 pm
by Lapua
Teleskoop is level. Ek sal n ander scope probeer. Kan paralaks so groor invloed hê op 100m verder as wat die roer ge-zero is?
Re: Soek raad
Posted: Sun Aug 21, 2022 6:08 pm
by Philip J
Het die ringe verstelbaarheid vir wind?
Indien wel, sit die teleskoop nie skeef met betrekking tot die loop nie?
Maw, agterkant van die teleskoop is links van die middellyn en voorkant is regs van die middellyn of andersom?
Re: Soek raad
Posted: Sun Aug 21, 2022 6:14 pm
by Lapua
Nee, mounts is nie verstelbaar nie.
Re: Soek raad
Posted: Sun Aug 21, 2022 7:01 pm
by Heinz Petersen
Word die knaldemper nie raak geskiet nie?
Re: Soek raad
Posted: Sun Aug 21, 2022 7:37 pm
by musgrave270
Nuwe geweer en gebeur vanaf die eerste skote?
Het geweer voorheen reg geskiet?
Enige verbeteringe aangebring?
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Re: Soek raad
Posted: Sun Aug 21, 2022 8:26 pm
by ruaanb
Heinz Petersen wrote:Word die knaldemper nie raak geskiet nie?
Dit
Re: Soek raad
Posted: Mon Aug 22, 2022 6:06 am
by Lapua
Het die geweer al so 2 jaar maar nog nooit verder as 100m geskiet nie. Het die roer vir my knaap gekoop en ek het nie n rede gesien om hom verder te laat skiet nie. Die geweer is lank en swaar en nou dat die jong man saam sy pa begin stap jag kla hy oor die gewig en met sy lang loop en knaldemper voor aan stap die roer ook nie lekker nie. Ek het nou gedink om te kyk wat hy doen op langer afstande aangesien die roer so mooi skiet. Kan hom dan ook vir LR gebruik. En dit is waar ek nou sit. Groep was net onder 1.5" op 200m en nog nie 2.5" op 300m nie. Ek moes wel nog verder links stel op 300m. Ek sien nie merke in die knaldemper/tromprem kombenasie nie. Was eerste ding waarvoor ek gekyk het. Net n dom vraag, sal hy nie bond ook skiet as hy die knaldemper tref nie?
Re: Soek raad
Posted: Mon Aug 22, 2022 7:09 am
by Geno
Philip J wrote: Sun Aug 21, 2022 6:08 pm
Het die ringe verstelbaarheid vir wind?
Indien wel, sit die teleskoop nie skeef met betrekking tot die loop nie?
Maw, agterkant van die teleskoop is links van die middellyn en voorkant is regs van die middellyn of andersom?
Ek stem saam hiermee. Sustac en Trueworx maak windage adjustable ringe wat jy kan verstel indien jou rail/aksie gate skeef sit t.o.v die boor.
Re: Soek raad
Posted: Mon Aug 22, 2022 10:08 am
by Philip J
Hier is n beter verduideliking van wat ek vermoed die probleem is.
https://highpoweroptics.com/reticle-alignment/
Re: Soek raad
Posted: Mon Aug 22, 2022 7:05 pm
by Lapua
Wat ek nou gelees het maak sin, maar hy praat van n voet op 750y as die scope 1 grade is. Ek kry n voet op 218y. Die scope sit beslis nie skeef genoeg om dit met, of vir my om dit met die oog te sien nie. Maar ek sal beslis die monterings laat bekyk by n bekwame geweer smit. Die spul pla my erg.
Re: Soek raad
Posted: Tue Aug 23, 2022 7:18 am
by Apie
RSA aksie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Soek raad
Posted: Tue Aug 23, 2022 9:35 am
by Lapua
K98 aksie.
Re: Soek raad
Posted: Tue Aug 23, 2022 9:45 am
by Geno
Lapua wrote: Tue Aug 23, 2022 9:35 amK98 aksie.
Ek is oortuig jou gate van die monterings is erg skeef. Kry daardie wind verstelbare ringe om dit uit te sorteer.
Re: Soek raad
Posted: Tue Aug 23, 2022 10:49 am
by Gian_dP
Hoe ver is jou "windage" verstelling van die middel af? As die gate vir die monterings oplyn behoort jou kruishaar naby die optiese middel te wees( bv 50MOA totale windage verstelling, geweer se zero is by 26R/24L).
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Soek raad
Posted: Wed Aug 24, 2022 5:47 pm
by Apie
Geno wrote:Lapua wrote: Tue Aug 23, 2022 9:35 amK98 aksie.
Ek is oortuig jou gate van die monterings is erg skeef. Kry daardie wind verstelbare ringe om dit uit te sorteer.
Net so
Sent from my iPhone using Tapatalk
Soek raad
Posted: Wed Aug 24, 2022 7:28 pm
by Apie
So het my RSA gelyk
As ek die lyn deur die agterste gate oplyn met die senter van die boor lyk dit so
As jy die lyntjie deur die senters van die gate oplyn lyk hy so…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Soek raad
Posted: Wed Aug 24, 2022 7:33 pm
by Lapua
Mag ek vra hoe dit reg gestel was?
Re: Soek raad
Posted: Wed Aug 24, 2022 8:09 pm
by Apie
Lapua wrote:Mag ek vra hoe dit reg gestel was?
Verstelbare ringe is jou antwoord soos die wat Trueworx maak
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Soek raad
Posted: Thu Aug 25, 2022 8:53 pm
by Boomstomp
Selle probleem met my k98 aksie Musgrave ook gehad - gate in aksie moertoe skeef teenoor loop.
Lynx ringe op stud basisse het dit uitsorteer - kon toe teleskoop reg in lyn kry.