Page 1 of 1

Nosler 6mm 70gr varmageddon disintegreer halfpad

Posted: Sat Aug 20, 2022 8:42 pm
by Pieter 300wm
Yes manne.
Ek het vanoggend 'n nuwe lading in my 243 1/8 twist probeer maar sodra ek 3700fps met die 70gr varmageddons nader ontplof die punt voor dit die teiken haal. Lyk my sy rpm is dan omtrent 333000 . Het iemand al die selfde probleem ondervind? Sal die 70gr ballistic tips dalk sterker wees?

Re: Nosler 6mm 70gr varmageddon disintegreer halfpad

Posted: Sun Aug 21, 2022 8:26 am
by Kolhasie
Praat met Geno hy sal jou vraag antw

Re: Nosler 6mm 70gr varmageddon disintegreer halfpad

Posted: Sun Aug 21, 2022 10:30 am
by Capt. Yoda
Enige tyd wat jy n koel naby 300k rpm skiet staan jy die kans vir daai lekker grys pop. Daai 70gr BT is n sterk koel, ons het hulle in n 1/8 twist SLR geskiet toe die ander koele ook gebars het en hulle het darem gehou tot by die jakalse

Re: Nosler 6mm 70gr varmageddon disintegreer halfpad

Posted: Sun Aug 21, 2022 12:04 pm
by Apie
Paar faktore

Grofheid van loop
Lands se ‘skerpte’
RPM
Jacket dikte/sterkte

‘n Nuwe loop kan in die begin dalk in die begin wegkom met hoë rpm en dan na ‘n 1000skote byvoorbeeld werk dit nie meer nie.

Veral as mens daai koeël op sy rpm limiet skiet.

Ek verstaan Sierra Blitzkings kan meer RPM hanteer as meeste ander.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nosler 6mm 70gr varmageddon disintegreer halfpad

Posted: Sun Aug 21, 2022 1:00 pm
by tripodmvr

Re: Nosler 6mm 70gr varmageddon disintegreer halfpad

Posted: Sun Aug 21, 2022 2:12 pm
by Hercules Louw
Ballistic Tip sal beslis beter werk, Varmageddon met plat basis en dun jacket is nie so sterk nie.
Ek dink jy sal die onderwerp hieronder interessant vind.
viewtopic.php?f=72&t=83284

Re: Nosler 6mm 70gr varmageddon disintegreer halfpad

Posted: Sun Aug 21, 2022 3:19 pm
by Pieter 300wm
Apie wrote: Sun Aug 21, 2022 12:04 pm Paar faktore

Grofheid van loop
Lands se ‘skerpte’
RPM
Jacket dikte/sterkte

‘n Nuwe loop kan in die begin dalk in die begin wegkom met hoë rpm en dan na ‘n 1000skote byvoorbeeld werk dit nie meer nie.

Veral as mens daai koeël op sy rpm limiet skiet.

Ek verstaan Sierra Blitzkings kan meer RPM hanteer as meeste ander.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit is 'n nuwe broughton 5c loop met 20 skote deur. Ek gaan maar die sierra's en 70 en 80 gr ballistic tips probeer. Ek moet net eers aan die hande kry. Almal wat ek al probeer het is uitverkoop.

Re: Nosler 6mm 70gr varmageddon disintegreer halfpad

Posted: Sun Aug 21, 2022 3:54 pm
by Geno
Die manne se antwoorde is reg.
Laat weet as jy Sierras soek in 70gr asook Noslers in 80gr. Ek het op die rak.

Re: Nosler 6mm 70gr varmageddon disintegreer halfpad

Posted: Sun Aug 21, 2022 4:18 pm
by Pieter 300wm
Geno wrote: Sun Aug 21, 2022 3:54 pm Die manne se antwoorde is reg.
Laat weet as jy Sierras soek in 70gr asook Noslers in 80gr. Ek het op die rak.
Dankie Geno. Ek kontak jou more