Page 1 of 1

Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 12:10 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse Manne

Ek kort n bietjie hulp asb, het enigeen van julle dalk ervaring met "reduced loads) op n 308? Dalk iets met n lae grein koeel dalk 130gr, My meisiekind jag al van 5 af met haar Ruger American 7.62x39 met n stilmakertjie op en skiet die roertjie baie akkuraat, die probleem is egter dat die american nie die gladste aksie is nie en is soms gesukkel om oor te haal, sy is tans 8 jaar oud en het n ou Ruger tang safety lightweight aan die hande gekry wat nogals lekker sal werk tov sy gewig en lengte (20") lopie. Ek wil nie die poplap nou bang maak vir die terugskop nie dus soek ek werklik iets wat min byt maar effektief sal wees in bosveld toestande op tipiese wild soos varke en rooibokke.

Enige raad of leiding sal waardeur word. Ek het ook nog nooit n .308 gebruik nie so dit is hele nuwe arena vir my

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 1:29 pm
by Ds J
Ek dink nie dis nodig vir n nuwe roer nie. Stap/ry saam met haar en help haar oorhaal.

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 1:45 pm
by Capt. Yoda
125gr BT bo op iets soos S335

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 1:55 pm
by tau
JAGTERSREG-JRM wrote: Fri Aug 19, 2022 12:10 pm Dagse Manne

Ek kort n bietjie hulp asb, het enigeen van julle dalk ervaring met "reduced loads) op n 308? Dalk iets met n lae grein koeel dalk 130gr, My meisiekind jag al van 5 af met haar Ruger American 7.62x39 met n stilmakertjie op en skiet die roertjie baie akkuraat, die probleem is egter dat die american nie die gladste aksie is nie en is soms gesukkel om oor te haal, sy is tans 8 jaar oud en het n ou Ruger tang safety lightweight aan die hande gekry wat nogals lekker sal werk tov sy gewig en lengte (20") lopie. Ek wil nie die poplap nou bang maak vir die terugskop nie dus soek ek werklik iets wat min byt maar effektief sal wees in bosveld toestande op tipiese wild soos varke en rooibokke.

Enige raad of leiding sal waardeur word. Ek het ook nog nooit n .308 gebruik nie so dit is hele nuwe arena vir my
As 'n Ruger fan soos jy moet ek jou waarsku die lightweight skop baie "vir kaliber". Ek het al so .270 gebruik. Stuur maar eerder die geweer na my toe ++>: ++>:

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 2:56 pm
by Koos Barnard
Jagtersreg, ek het op'n kol baie met reduced loads gespeel. Ek sal na my ladings gaan soek en later vanaand hier plaas.
Mooi loop

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 3:14 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ds J wrote: Fri Aug 19, 2022 1:29 pm Ek dink nie dis nodig vir n nuwe roer nie. Stap/ry saam met haar en help haar oorhaal.
Maar dis so lekker om n nuwe roer te he. Die m77 met n houtkolfie is darm ma mooi

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 3:17 pm
by JAGTERSREG-JRM
As 'n Ruger fan soos jy moet ek jou waarsku die lightweight skop baie "vir kaliber". Ek het al so .270 gebruik. Stuur maar eerder die geweer na my toe ++>: ++>:
[/quote]

Ja die oudjie het n knyp maar die setup is al te mooi, wou eintlik 350 Rem op die aksie bou met FS kolf en visiere maar nie lus vir al die gewag nie. Dit toe maar goed gedink dat poplap n ligte setup kry wat sy self kan dra. Die ooreenkoms is sy kan groter bokke as rooibokke skiet as sy self kan dra en by kan hou met loop.

Stuur na jou kant toe........ Klink soos iets wat ek ook kan kwyt raak ;D

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 3:18 pm
by JAGTERSREG-JRM
Koos Barnard wrote: Fri Aug 19, 2022 2:56 pm Jagtersreg, ek het op'n kol baie met reduced loads gespeel. Ek sal na my ladings gaan soek en later vanaand hier plaas.
Mooi loop
Dankie oom Koos ek sal dit hoog op prys stel

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 3:21 pm
by tripodmvr
Hier is 'n verminderde lading met S335 wat naby aan die node is. Ek het Kappetijn se 125 Nosler aanbeveling gebruik. Daar is ook 'n Accubond in 125gr. Met 35gr behoort 'n paar skote genoegsaam te wees om die lading op die node te kry. Dop is ook nog redelik vol met die TPL van 69mm.
Temp308.png

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 4:24 pm
by Ds J
JAGTERSREG-JRM wrote: Fri Aug 19, 2022 3:14 pm
Maar dis so lekker ... om n nuwe roer te he. Die m77 ... is darem maar mooi
Daar is die waarheid nou ;)

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Fri Aug 19, 2022 4:32 pm
by Koos Barnard
Hier is n lading of twee met 150gr koeëls. Vir ligter koeëls kan jy maar die lading so effens opwaarts aanpas.

20 tot 25gr IMR4227 1700 t 2000vps
27 tot 30gr S335 vir 1770 tot 1985vps (jy kan ook IMR 3031 hier gebruik).
21 tot 22gr MP300 (S265 of ekwivalent daarvan) vir 1820 tot 1901vps. Ek het hierdie lading gebruik op blesbokke en springbokke op kortafstand. Tot so 100m. Koeëls penetreer baie goed maar klink nie altyd mooi om nie. Meeste penetreer ten volle op springbok op dwarsskote. Ons het die springbokke en blesbokke in panne voorgelê in Noord-Kaap en dan geskiet.

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Mon Aug 22, 2022 6:26 am
by JAGTERSREG-JRM
Dagse

Dankie aan almal se terugvoer, dit word hoog op prys gesit. Sal die komponente begin bymekaar kry so terwyl ek vir die lisensie wag

Re: Mini Lading op 308 vir meisiekind: Hulp benodig

Posted: Mon Aug 22, 2022 3:03 pm
by tripodmvr
Daardie lading met die 125BT dupliseer die van die 7,62x39. Behoort perfek te werk.