Page 1 of 1

Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Thu Aug 11, 2022 10:55 am
by CreedBro
More Manne

Tegniese vraag, maar sal dit moontlik weer vir n wapensmid om n Barnard P aksie wat 'n enkelskoot aksie is, onder te sny vir 'n magasyn?

Ek verbeel my ek het al gehoor dit is moontlik, hulle noem dit 'n "magcut". Ek wil net bevestiging kry by die manne wat weet of wat dit al gedoen of gesien het?

Ek het 'n Barnard P aksie, maar ek wil die geweer omskakel na 'n jag geweer toe, maar wil nie graag 'n ander aksie kry nie.

Re: Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Thu Aug 11, 2022 2:21 pm
by Heinz Petersen
Ek praat onder koreksie,maar as jy onder oop sny, gaan jy van jou aksie/monteer gate weg sny. Jy gaan ook die aksie
verswak.

Re: Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Thu Aug 11, 2022 2:24 pm
by Ds J
Dit was vroeƫr op sommige Musgrave aksies gedoen, maar blykbaar werklik duur.

Re: Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Thu Aug 11, 2022 3:26 pm
by tripodmvr
Laser snywerk behoort dit baie akkuraat te kan doen. Sommige Musgrave RSA enkelskoot aksies is gewysig om 'n magasyn te kan pas.

Re: Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Fri Aug 12, 2022 7:04 pm
by Francoisv
Feeding? Sal dit werk? Ek sal dit verseker nie doen.

Re: Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Sat Aug 13, 2022 6:24 am
by Bigfoot
Don't destroy a good action, sell it and buy a magazine fed action.

Re: Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Sat Aug 13, 2022 6:24 am
by Bigfoot
Don't destroy a good action, sell it and buy a magazine fed action.

Re: Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Sat Aug 13, 2022 5:19 pm
by tripodmvr
Bigfoot wrote: Sat Aug 13, 2022 6:24 am Don't destroy a good action, sell it and buy a magazine fed action.
+1

Re: Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Mon Aug 15, 2022 9:18 am
by Ralph Badenhorst
Daardie aksie is klip hard.

Tooling wat jy sal moet gebruik om hom te sny gaan amper soveel kos soos die aksie

Groete

R

Re: Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Mon Aug 15, 2022 9:32 am
by Capt. Yoda
Ek het nogals self gewonder of jy n barnard somer net gaan kan oop sny

Re: Barnard Enkelskoot Aksie Sny

Posted: Tue Aug 16, 2022 3:09 am
by 243Songdaug
Jis maat jy kies nou een masiewe enkelskoot aksie om 'n jaggeweer te maak. Ek sou voorstel dat jy liewer by die Barnard agente in SA vir jou 'n SMS bestel. Hys heelwat ligter en ook kleiner in diameter. Of as jy regtig wil kan jy hulle vra om vir jou 'n barreled action in te voer met die loop, twist en profiel van jou keuse.

Ek weet dat hulle is in die proses om die diens beskikbaar te stel.