Page 1 of 1
Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Tue Aug 09, 2022 10:09 pm
by CreedBro
Naand manne. Ek het te danke aan die raad van die forum my eerste aksie gepak vandag met steenvas, sal more sien of ek suksesvol was.
Nou wil ek hoor oor die "bedding" van n picatinny rail op die aksie, watse epoxy sal julle voorstel vir dit?
Dit wil vir my voorkom of die steenvas te grof is of te veel media in het vir sulke klein gapings. Sal julle nogsteeds steenvas aanraai of n ander tipe epoxy?
Sent from my Pixel 5 using Tapatalk
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 8:22 am
by LoopSoosStroop
Dalk van die "liquid metal" tipes, daar is verskeie fabrikate, Pratley maak ook 'n paar.
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 8:29 am
by jdpretorius
Dalk n dom vraag.....is daar regtig nut in om die rail te bed en hoekom ?
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 9:09 am
by Eight
JB of Devcon. Ek bed al my rails. Skroef die agterkant van n rail vas en los voorkant los. Tap die voorkant en jy sal hoor daar is n gap. As jy dit nie bed nie dra dit oor na jou scope ringe en scope.
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 9:40 am
by JF123
Ek het al die oefening gedoen en my rails het geen nut van epoxy bedding nie. Selfs net met een skroefie sit dit reg. Bygesê nie die geweer of rail was goedkoop nie.
Ek dink ook nie dat die meeste skuts enige voordeel van rail-bedding kry nie siende dat die teleskope wat ek nou al gesien het se basisse is almal baie naby aan waar die skroefies is. Miskien as jy 'n regtige kort teleskoop of visier het wat net tot halfpad van die rail gaan sal dit dalk lol.
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 11:15 am
by Dirkvh
Op 'n video gesien dat uitstekende resultate met groen locktite gekry word. Dit is basies net 'n filler en is dus nie permanent soos ander epoxies.
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 12:30 pm
by CreedBro
jdpretorius wrote: Wed Aug 10, 2022 8:29 am
Dalk n dom vraag.....is daar regtig nut in om die rail te bed en hoekom ?
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Die rede is maar basies om seker te maak dat jy nie jou rail stress uit sy reguit vorm uit as jy hos vas torque nie, dit sal dan oordra na die ringe se alignment, wat dan oordra na die scope tube toe. Ek soek geen stres op my duur scope se tube nie. Selfde rede hoekom ons tevore altyd "lapping" gedoen het van scope ringe.
Hier is n baie goeie video wat verduidelik hoekom dit help, en hoe om dit te doen:
https://www.youtube.com/watch?v=aSLNilqnpWc&t=37s
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 1:21 pm
by Dumbluck
Ek luister vanoggend 'n Podcast met die benchrest guru Speedy Gonzales (vir interessantheid, die Redding Type "S" die is sy handewerk)
Hulle praat oor scope lapping en die verskil wat bedding maak, hulle gom al hul aksies in die kolwe vas om enige variasies uit te skakel.
So dat die bedding en poxy van 'n rail 'n verskil gaan maak is verseker, die vraag is of ons as skut die verskil sal kan agterkom tussen al die ander veranderlikes op die geweer, jou herlaai proses, jou ladings en jou skiet.
My vrou is nou nog kwaai oor ek het haar laat kompetisie skiet met 'n rail wat los gekom het, so ek vat notas, dink ek sal dit nogal doen.
Hier is die podcast
https://castbox.fm/vb/434737481
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 1:47 pm
by jdpretorius
Eers moet ek seker onverskoning vra vir die hijack

.....
Ek's ñ sukker vir iets wat die uitslag op papier nog bietjie kan verbeter, so dink al ñ rukkie daar aan om ñ nuwe speelding se rail dalk te "bed", as die kool die sous werd is. Ek't ñ rail by Eagle Barrels bestel maar ken nie hulle kwaliteid nie, soo hoop maar vir die beste.
Om ñ scope ring lapping kit te koop lyk soos ñ duur storie, en veral as ñ ou dit so min gebruik....so klink dan dalk dit is ñ goeie idee om minstens die rail te bed.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 5:39 pm
by Eight
Ek voel net dat as mens dit reg doen kan dit nie dkade doen nie en dit is net nog n potensiele issue wat mens uitskakel. Dit verseker ook 100% kontak met die rail en aksie en het n beter konneksie tot gevolg.
Ek glo ook nie in scope ringe lap nie. Ek bed my scoperinge. Dan het jy 100% kontak tussen scope en ringe, geen stress op die scope en verhoed ook ringmerke.
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 8:07 pm
by jdpretorius
Eight wrote:Ek voel net dat as mens dit reg doen kan dit nie dkade doen nie en dit is net nog n potensiele issue wat mens uitskakel. Dit verseker ook 100% kontak met die rail en aksie en het n beter konneksie tot gevolg.
Ek glo ook nie in scope ringe lap nie. Ek bed my scoperinge. Dan het jy 100% kontak tussen scope en ringe, geen stress op die scope en verhoed ook ringmerke.
Ja, dis nogal waar dat dit nie skade doen om seker te wees nie, wat dan sommer nog n klein jakalsie uit die pad ruim ....daai video maak dit nogal eenvoudig lyk.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Wed Aug 10, 2022 8:26 pm
by Eight
Dit is vir my een van die makliker dinge om te doen. Kom altyd goed uit en gee jou nogal n lekker gevoel want dit lyk baie goed en voel sommer net presies as jy dit aanmekaar sit.
Re: Rail Bedding, watse epoxy?
Posted: Thu Aug 11, 2022 8:35 am
by LoopSoosStroop
Ek dink as dit iets is waaroor jy eenigsins wonder -> doen dit.
Daar is soveel veranderlikes met skiet, dis lekker om een te kan uitskakel.