Page 1 of 1

Jag skoene - in loop / sag maak

Posted: Sun Aug 07, 2022 5:04 pm
by Chris (vdB)
Middag almal

Hoe maak julle met nuwe leer jag skoene om hulle sag te kry. Loop julle hulle maar sag of het julle dalk ander raad wat goed werk. Ek het n' paar Wildebees skoene wat ek so 4km mee gaan stap het vandag, met die plan om hulle in te loop, en daar waai my klein toontjies se velle. Ek het die skoene al n' paar keer met die wax gesmeer wat Wildebees verkoop, maar ek kan nie agterkom dat dit die skoene veel sagter gemaak het nie.

Groete

Re: Jag skoene - in loop / sag maak

Posted: Sun Aug 07, 2022 5:51 pm
by lalvisser2
Tap daai skoene tot bo vol water en loop hulle kirkdroog. Jy kan dit herhaal gedurende die dag.
Vanaand wanneer jy hulle uittrek begin jy weer n goeie wax behandeling.

Mooi dag !!

Sent from my SM-G980F using Tapatalk


Re: Jag skoene - in loop / sag maak

Posted: Sun Aug 07, 2022 6:00 pm
by Chris (vdB)
Dankie, maar gaan die water nie die binne sole laat los kom nie?

Re: Jag skoene - in loop / sag maak

Posted: Sun Aug 07, 2022 7:45 pm
by ruaanb
Daai Wildebees wil ingeloop word en die regte sokkies is belangrik. Ek gebruik Balega se sokkies en dit werk soos n droom.

Re: Jag skoene - in loop / sag maak

Posted: Sun Aug 07, 2022 7:46 pm
by ruaanb

Re: Jag skoene - in loop / sag maak

Posted: Mon Aug 08, 2022 4:38 am
by Chris (vdB)
Dankie Ruaan, goeie raad die van jou

Ek sien Trappers hou daardie kouse aan, sal vandag n' draai gaan maak daar en my klein tone toe plak vir eers totdat daai skoene sagter is

Re: Jag skoene - in loop / sag maak

Posted: Mon Aug 08, 2022 5:56 am
by ruaanb
Plesier plak maar die hakke ook!

Re: Jag skoene - in loop / sag maak

Posted: Mon Aug 08, 2022 6:22 am
by Chris (vdB)
Ek het sommer vir vanoggend twee paar van my dikste kouse oormekaar aangetrek, en daar was n' groot verskil, niks nuwe stukkende plekke by gekry nie. Ek weet nie of dit "all in the mind" is nie, maar dit voel sommer of die skoene nou al beter stap

Re: Jag skoene - in loop / sag maak

Posted: Mon Aug 08, 2022 6:29 am
by Geno
lalvisser2 wrote:Tap daai skoene tot bo vol water en loop hulle kirkdroog. Jy kan dit herhaal gedurende die dag.
Vanaand wanneer jy hulle uittrek begin jy weer n goeie wax behandeling.

Mooi dag !!

Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Ek maak so met Redbacks ook. Ek trek hul aan met dik kouse, en klim in 'n emmer water tot hul sopnat is. So stap ek dan heeldag met hulle tot hul droog is. Daarna sit ek 'n laag Ballistic Leather Wax op, en sit hul voor 'n verwarmer of gebruik ek 'n haardroeër om dit goed te laat intrek. Nog 'n laag wax daarna dan is die skoene reg en perfek gepas. Die wax seël die nate ook sodat natgedoude gras in die aand as ek jag nie my kouse laat nat word nie.

Re: Jag skoene - in loop / sag maak

Posted: Mon Aug 08, 2022 9:44 am
by Chris (vdB)
Dankie Geno, ek sal onthou van daai wax van jou ook. Die wat ek saam die skoene gekoop het raak vinnig minder.