Page 1 of 1
6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Sat Aug 06, 2022 8:18 pm
by BJ Welgemoed
Goeie naand,
Ek het hulp nodig, ek wil hoor of een van julle dalk 'n lading het vir die Dasher met 70gr Nosler Varmagedon punte? Ek kry 'n perfekte group op 3256vps maar het geen druk merke. Wat ek al gesien het is dat ek bo 3400vps maklik kan haal. Indien enige iemand my dalk kan help met 'n wegspring lading sal ek dit baie waardeer.
Byvoorbaat dank
Bennie
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Sat Aug 06, 2022 9:17 pm
by tripodmvr
Gee die volgende :-
Gemete looplengte, dopvolume, TPL soos geskiet, dryfmiddel tipe en lading en waarmee spoed gemeet is. Nou kan mens sien wat die geweer doen en dan 'n veilige lading aanbeveel.
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Mon Aug 08, 2022 8:37 pm
by BJ Welgemoed
Goeie naand,
Jammer ek kom nou eers terug,
Looplengte: 681mm
Dop volume: 41.48
TPL: 46.08mm
Dryfmiddel: S355
Spoed: 3312 vps
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Mon Aug 08, 2022 8:43 pm
by tripodmvr
'n Ogief TPL beteken niks nie. Dit is afhanklik van die deursnee van die gat in die meet apparaat. Wat is die lengte van die basis van die dop na die punt van die koeël?
Jy het ook nie die lading gegee en ook waarmee jy die spoed gemeet het nie.
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Mon Aug 08, 2022 9:02 pm
by BJ Welgemoed
Die totale lengte van die basis tot by die punt is 46.08mm.
Jammer het die lading gemis. Dis 33.5gr
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Tue Aug 09, 2022 10:09 am
by tripodmvr
Die TPL moet in die orde van 55mm wees as jy so 6mm van die koeël in die dop het. Is dit nie 56.08mm nie?
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Tue Aug 09, 2022 10:25 am
by Heinz Petersen
Ek is met die 105gr Bergers Hybrid presies op 56 mm TPL teen die lande
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Tue Aug 09, 2022 10:57 am
by BJ Welgemoed
Ek is bly julle se my. My vernier is oppad uit. Het die rondte teen n liniaal gesit en dis definitief NIE 46.08mm nie. Ek sal by iemand gaan draai en die regte lengte kry. Baie dankie vir die regstelling, ek kom terug na julle toe
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Tue Aug 09, 2022 11:38 am
by BJ Welgemoed
TPL is 55.03mm
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Tue Aug 09, 2022 11:48 am
by Lategan1
BJ, met alle respek.
Herlaai is ‘n uiterste presisie omgewing en boonop lewensgevaarlik daarby.
Vir jou eie beswil, probeer presies meet en bepaal met die regte toerusting alvorens jy vra. Vriende help graag veral as hul weet jy het jou deel ook gedoen.
Beste.
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Tue Aug 09, 2022 11:52 am
by tripodmvr
34.1gr met spoed van 3368vps op die chrony 5m weg. Druk bereken as 47K psi en lading dui op 98% vulling.
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Tue Aug 09, 2022 4:28 pm
by BJ Welgemoed
Lategan, ek stem 100% saam met jou. Ek het net ongelukkig nie 2 verniers om te verseker die een meet reg nie. Na tripod se stelling het ek dit gaan verifieer teen n liniaal en gesien die vernier is nie reg nie. Mens sou verwag hy moet reg meet want dis al waar hy werk.
Baie dankie tripod, ek sal die lading gaan toets
Re: 6mm Dasher Lading Hulp
Posted: Tue Aug 09, 2022 5:33 pm
by Lategan1
Geniet jou spesiale kaliber.
Dankie vir begrip, dinge loop gou verkeerd.
Beste.