Page 1 of 2

FOV en gewig van teleskoop

Posted: Thu Jul 28, 2022 12:48 pm
by Arnold
Na 'n onlangse jag, waar ek 'n paar nuwe jagters asook my kinders gehelp het het my persepsie van teleskope verander. Wat 'n ervare skut as maklik ag en al vergeet het dat hy dit normaal maklik regkry is 'n uitdaging vir 'n nuwe skut.

Ek het nooit regtig gekyk na die FOV nie en gewig was nie regtig 'n groot faktor nie. Met kinders maak die gewig van 'n geweer al hoe meer saak en toe ek sien hoe hulle die bokke soek, selfs teen minimum vergroting besef ek wat die belang van FOV is.

Na my soeke vir hierdie klas scopes het ek besef dat mens nogals baie betaal vir die teleskope wat al die eienskappe het. Dan moet mens ook mooi kyk na die field of view want hierdie is moeilik om te vergelyk en as mens aanneem dit verander lineêr met vergroting moet mens dit ook teen die regte vergroting vergelyk.

Ek kyk nie noodwendig na langafstand scopes nie maar iets wat ideaal sou wees vir 'n ligte teiken geweer soos vir veldskiet. Enige voorstelle?

Hierdie was die ligste scopes met grootste FOV wat ek kon kry maar meeste is ook in 'n prysklas wat ek nie noodwendig na wil kyk nie :)

Ek het die NX8's bygesit
Picture1.png

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Thu Jul 28, 2022 2:16 pm
by Kallie Fernhout
Dalk nou nie in jou prysklas nie maar bo genoem is die rede hoekom ek op n NX8 besluit het op my 6.5 Saum wat ek gebruik vir jag.
Gewig is net so n rapsie oor die 800g en FOV is 2m op 100m op vol vergroting.
Tiek al my boksies vir jag en meer.

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Thu Jul 28, 2022 2:19 pm
by Kallie Fernhout
Sien jou grafiek is in yards en feet so d.w.s 6.1 feet op 100 yards met 20 vergroting.

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Thu Jul 28, 2022 3:38 pm
by tripodmvr

FOV en gewig van teleskoop

Posted: Sun Jul 31, 2022 9:13 am
by Apie
Arnold wrote:Na 'n onlangse jag, waar ek 'n paar nuwe jagters asook my kinders gehelp het het my persepsie van teleskope verander. Wat 'n ervare skut as maklik ag en al vergeet het dat hy dit normaal maklik regkry is 'n uitdaging vir 'n nuwe skut.

Ek het nooit regtig gekyk na die FOV nie en gewig was nie regtig 'n groot faktor nie. Met kinders maak die gewig van 'n geweer al hoe meer saak en toe ek sien hoe hulle die bokke soek, selfs teen minimum vergroting besef ek wat die belang van FOV is.

Na my soeke vir hierdie klas scopes het ek besef dat mens nogals baie betaal vir die teleskope wat al die eienskappe het. Dan moet mens ook mooi kyk na die field of view want hierdie is moeilik om te vergelyk en as mens aanneem dit verander lineêr met vergroting moet mens dit ook teen die regte vergroting vergelyk.

Ek kyk nie noodwendig na langafstand scopes nie maar iets wat ideaal sou wees vir 'n ligte teiken geweer soos vir veldskiet. Enige voorstelle?

Hierdie was die ligste scopes met grootste FOV wat ek kon kry maar meeste is ook in 'n prysklas wat ek nie noodwendig na wil kyk nie :)

Ek het die NX8's bygesit
Picture1.png
Hi Arnold
Kan jy dalk die Leupold Mk5 in 3-18(740gram) 5-25(850gram) ook bysit


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Sun Jul 31, 2022 9:31 am
by snakker
Dankie Arnold, sal hierdie bietjie herkou. Kom nou van n kudu jag af en voel al hoe meer dat FFP scope nie noodwendig die beste vir jag is nie. Op lae vergroting (om bokke vinnig te vind) is die kruishaar so fyn mens sukkel om hom op te tel. En dan, as daar tyd is, moet jy vergroting nog op draai. Nee, ek dink volgende keer sal dit SFP wees

Sent from my M2101K6G using Tapatalk


Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Sun Jul 31, 2022 10:26 am
by Christo
Ek sou enige tyd die Swarovski 3-18 opsit. Hulle kom teen bekostigbare prys 2de hands in die mark. Gewig op hom is ook nie 'n issue en hy is nie bulky.

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Mon Aug 01, 2022 9:48 am
by Arnold
Apie wrote: Sun Jul 31, 2022 9:13 am Hi Arnold
Kan jy dalk die Leupold Mk5 in 3-18(740gram) 5-25(850gram) ook bysit
Die Leupolds het die kleinste FOV in vergelyking met die ander scopes.
snakker wrote: Sun Jul 31, 2022 9:31 am Dankie Arnold, sal hierdie bietjie herkou. Kom nou van n kudu jag af en voel al hoe meer dat FFP scope nie noodwendig die beste vir jag is nie. Op lae vergroting (om bokke vinnig te vind) is die kruishaar so fyn mens sukkel om hom op te tel. En dan, as daar tyd is, moet jy vergroting nog op draai. Nee, ek dink volgende keer sal dit SFP wees

Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Hier is ek met jou en ek dink 'n illuminated reticle help baie om daai kruis op lae vergrotings te sien.
Christo wrote: Sun Jul 31, 2022 10:26 am Ek sou enige tyd die Swarovski 3-18 opsit. Hulle kom teen bekostigbare prys 2de hands in die mark. Gewig op hom is ook nie 'n issue en hy is nie bulky.
Ek dink ek moet geduldig wees en wag vir so Z6 met BT en 4W kruishaar.

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Mon Aug 01, 2022 8:30 pm
by Christo
Z5 is oor as genoeg scope.

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Mon Aug 01, 2022 9:53 pm
by Gian_dP
Weet nie wat jou gewigbeperijng is nie, maar Element Titan 3-18x50 lyk belowend. FOV@100y 41-6.8ft, 970gr. 150MOA elevasie verstelling.

Interresant van jou grafiek is die area rondom 14x vergroting waar die verskille in FOV tussen teleskope baie klein word.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Mon Aug 01, 2022 11:15 pm
by Danie01
My ervaring is dat mens meeste van die tyd tussen 10x tot 14x vergroting jag. As jy na jou tabel kyk is die verskil redelik klein op daardie vergrotings.

Ek sal voorstel jy kyk ook na die "eye box", dit is vir my amper meer belangrik as die fov, alhoewel ek ook die teleskoop sal vat met die groter fov. Ek dink baie ouens sukkel om die prentjie te sien en daarmee help n groter eye box.

Ek jag met zeiss v4 en v6 reeks teleskope en is baie tevrede. Die teleskooe is lig, groot eye box en fov op 10 - 12x vergroting is goed genoeg, die turrets verstel ook reg en maklik as jy wil dail.

Groete
Danie

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Mon Aug 01, 2022 11:39 pm
by LUAN
Stem saam Danie het self hoe vegroting scope op my een jag geweer maar sien baie van my skote was maar op 12x vergroting geskiet. Ek het ook nog nooit ffp nodig gehad vir jag. Ek dink n 3-12 vergroting iets soos n zeiss v4 met n zbr1 kruishaar kan heel goed werk vir meeste tipe jag.

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 8:40 am
by Capt. Yoda
Ek jag al n paar jaar met FFP in die bos en geniet dit nogals veral as jy n ordentlike illumination in die scope het, in die vlaktes skiet ek met enige iets van 30x af op.

Jy se nie budget en of jy wil dial nie so ek sal maar die een by gooi, sien jy het darem n March ook daar op

Daai Flashdot reticle is fantasties
Schmidt & Bender Zenith 3-12x50 FlashDot


Exit pupil mm 4,2 - 14,1
Twilight factor 8,5 - 24,5
Field of  view m/100 m 3,2 - 12,4
Eye  relief  distance mm 90
Tube diameter mm 30
Objective lens diameter mm 50
Length mm 342
Click Value cm/100 m 1
Weight g
Illuminated LM 700
Illuminated LMZ 730
Reticles FD7 (FFP),
FD P3 (FFP

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 9:56 am
by Malan123
Ek sou die Swaro z8i ook hier ingooi. Ek het die 2.3-18x56 en hy loop soos 'n jet

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 10:57 am
by Arnold
Christo wrote: Mon Aug 01, 2022 8:30 pm Z5 is oor as genoeg scope.
Vir een of ander rede hou ek net nie van 1" buis scopes nie.
Gian_dP wrote: Mon Aug 01, 2022 9:53 pm Weet nie wat jou gewigbeperijng is nie, maar Element Titan 3-18x50 lyk belowend. FOV@100y 41-6.8ft, 970gr. 150MOA elevasie verstelling.
Interresant van jou grafiek is die area rondom 14x vergroting waar die verskille in FOV tussen teleskope baie klein word.
Ek wil so lig as moontlik en as ek na die Titan se gewig kyk en dan juis ook die FOV by die groter vergrotings na kyk neig ek na die Delta Javelin wat net so bietjie meer weeg. My lys van scopes is eintlik baie langer as wat ek hier opgesit het en wat duidelik is is dat daar nie 'n one size fits all is nie.

Danie01 wrote: Mon Aug 01, 2022 11:15 pm My ervaring is dat mens meeste van die tyd tussen 10x tot 14x vergroting jag. As jy na jou tabel kyk is die verskil redelik klein op daardie vergrotings.

Ek sal voorstel jy kyk ook na die "eye box", dit is vir my amper meer belangrik as die fov, alhoewel ek ook die teleskoop sal vat met die groter fov. Ek dink baie ouens sukkel om die prentjie te sien en daarmee help n groter eye box.

Ek jag met zeiss v4 en v6 reeks teleskope en is baie tevrede. Die teleskooe is lig, groot eye box en fov op 10 - 12x vergroting is goed genoeg, die turrets verstel ook reg en maklik as jy wil dail.

Groete
Danie
Ek het na die Zeiss begin kyk en wat jy noem oor die eyebox is baie waar maar ook onmoontlik om op papier te evalueer. Kan jy dalk so bietjie uitbrei oor die verskille tussen die V4 en V6 behalwe nou die vergrotings asb.
LUAN wrote: Mon Aug 01, 2022 11:39 pm Stem saam Danie het self hoe vegroting scope op my een jag geweer maar sien baie van my skote was maar op 12x vergroting geskiet. Ek het ook nog nooit ffp nodig gehad vir jag. Ek dink n 3-12 vergroting iets soos n zeiss v4 met n zbr1 kruishaar kan heel goed werk vir meeste tipe jag.
Ja, die teleskoop gaan egter ook dien vir teiken skiet so ek sal graag iets groter as 'n 12x vergroting wil he en dit lyk juis of hierdie vergrotings kleiner FOV by die hoe vergrotings het. As ek bv. kyk na die Delta 5-50 het hy baie groot FOV op 20x vergroting maar hy is nou weer aan die swaar kant.
Capt. Oblivious wrote: Tue Aug 02, 2022 8:40 am Ek jag al n paar jaar met FFP in die bos en geniet dit nogals veral as jy n ordentlike illumination in die scope het, in die vlaktes skiet ek met enige iets van 30x af op.

Jy se nie budget en of jy wil dial nie so ek sal maar die een by gooi, sien jy het darem n March ook daar op

Daai Flashdot reticle is fantasties
Schmidt & Bender Zenith 3-12x50 FlashDot
Is die scopes plaaslik beskikbaar? Soos genoem gaan dit ook vir teikenskiet gebruik word en target turrets is 'n vereiste, tenminste op elevasie. Onthou ook die scope is eintlik om my kinders (en ander nuwe jagters/skuts) te bevoordeel wat nie so baie skiet nie en nie noodwendig so natuurlik agter die scope daai mooi vol beeld sien en dan die natuurlike rigting het om vinnig die teiken op te tel nie.


Dankie vir die insette manne, die gesels is lekker en moet asb nie stop met die veerstelle nie ;)

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 12:21 pm
by Danie01
Arnold,

My ervaring tussen v4 en v6 is soos volg:

V6 beter glas, maar dit word slegs in swak lig waardeer

V4 nuwe reeks het meer opsies tov turrets en kruishare as ek reg onthou.

Ek verkies exposed elevation turret met zerostop en capped windage turret.

As ek weet ek doen meestal dagjag en dis nie n doelgerigte nagjag scope nie sal ek vir die v4 reeks gaan en soos jy ook genoem het met die groter vergrotings, mens kan nie verder as 100m groepeering skiet met n 12x vergroting teleskoop nie, alhoewel die ghonge lui tot op 300m plus met n 12x. Ek sou na die 6-24 vergroting kyk in v4 of dan die 3-18 of 5-30 in v6.

Vir die baan op ghonge is die 4-16x vergrotings meer as genoeg.

Groete

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 12:53 pm
by Arnold
Baie dankie Danie!

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 12:54 pm
by Arnold
Malan123 wrote: Tue Aug 02, 2022 9:56 am Ek sou die Swaro z8i ook hier ingooi. Ek het die 2.3-18x56 en hy loop soos 'n jet
Hierdie lyk na 'n bul teleskoop, een van daai stoetbulle wat baie geld kos :)

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 1:20 pm
by gho
Arnold het jy nie 'n paar dollars in jou bank vir die bul nie? Daai Rusbank? :)

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 1:58 pm
by Supacow
Ek dink nie die bul se horing is lank genoeg

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 2:33 pm
by Mellies
Leupold VX6HD 3-18X44/50
Leupold VX6HD 4-24x52
Leupold VX5HD 4-20x50

Wonder sommer waar sal bg glase inpas?

Dankie.

Met n vleisie...

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 5:30 pm
by herman.bonsma
Goeiedag, die oorspronklike doel van die onderwerp vir kommentaar was ‘n ligte teleskoop met ‘n redelike “FOV” om kinders & onervare jagters te akkommodeer. My keuse vir die doel was ‘n SWFA 2.5-10x32 SS Ultralight op ‘n ligte Mauser 6.5x55. Die vergroting van 10x maksimum is meer as genoeg vir die doel & afstande wat jong & onervare jagters sal skiet.


Sent from my iPhone using Tapatalk

FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 5:32 pm
by herman.bonsma
SWFA 2.5-10x32 SS Ultralight


Sent from my iPhone using TapatalkImage

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 5:37 pm
by Arnold
herman.bonsma wrote: Tue Aug 02, 2022 5:30 pm Goeiedag, die oorspronklike doel van die onderwerp vir kommentaar was ‘n ligte teleskoop met ‘n redelike “FOV” om kinders & onervare jagters te akkommodeer. My keuse vir die doel was ‘n SWFA 2.5-10x32 SS Ultralight op ‘n ligte Mauser 6.5x55. Die vergroting van 10x maksimum is meer as genoeg vir die doel & afstande wat jong & onervare jagters sal skiet.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hi Herman

Alhoewel ek jag genoem het en waar die vraag ontstaan het was die vraag as volg: Ek kyk nie noodwendig na langafstand scopes nie maar iets wat ideaal sou wees vir 'n ligte teiken geweer soos vir veldskiet. Enige voorstelle?

Indien die geweer bloot vir jag was, dan was die keuse ook makliker maar ek wil mos my brood aan altwee kante gebotter hê :laugh:

Re: FOV en gewig van teleskoop

Posted: Tue Aug 02, 2022 6:40 pm
by Malan123
Arnold, die Swaro z6i 2.5-15x56 is ook kwai lekker