Page 1 of 1

'Release Agent' - Vrystel middel.

Posted: Wed Feb 01, 2012 1:05 pm
by Gerard
Ek sien die manne wat self hulle gewere wil pak sukkel met vrystel middels.  Ek het nog 'n liter of twee van die regte goed en ek het 50ml botteltjies.  50ml is genoeg om ten minste 3 of 4 gewere te doen.

Dit werk uit op R11.00 per bottel (BTW ingesluit) en dan die posgeld daarby, indien enigiemand belangstel.

Epos vir Elmarie@gscustom.co.za

Re: 'Release Agent' - Vrystel middel.

Posted: Thu Feb 02, 2012 2:35 pm
by Piet Breedt
Hallo Gerard, ek sal 2 botteltjies neem dankie. Laat weet maar oor betaal besonderhede.

Re: 'Release Agent' - Vrystel middel.

Posted: Thu Feb 02, 2012 6:27 pm
by Gerard
Dankie Piet, ek vra vir Elmarie om te pos.  Sy het jou besonderhede op die stelsel.

Re: 'Release Agent' - Vrystel middel.

Posted: Fri Feb 03, 2012 8:45 am
by Johan JvR
Oom Gerard

Vir my is die aanbod 'n maand te laat....
ek het in my onkunde 'lyman case lube' gebruik vir my eerste pak probeerslag en die geweer en kolf is nou aanmekaar vasgeplak.

Ek het hom nou al met 'n rubber hamer getik, die geweer vir paar ure gevries en getik, die aksie met 'n haardroe?r warm gemaak en weer getik...maar hy sit vas.

Gelukkig skiet die geweer goed, maar ek sal graag eendag die aksie uit die kolf wil haal om die sneller te stel.

Kan oom raad gee asseblief - wat is die 'sagste' manier om die loop en aksie uit die kolf te breek?

Ek het hom met devcon steel putty gepak wat ek netso aan die kolf se binnekant gesmeer het sonder dat ek hout weggevat of gaatjies in die hout geboor het. (gelukkig het ek al die skroef gate en aksie se gate met wondergom gestop voor ek begin het)

Baie dankie
Johan

Re: 'Release Agent' - Vrystel middel.

Posted: Sat Feb 04, 2012 11:13 am
by JPS
Oom Gerhard,
Ek sal ook 2 bottoltjies neem. laat weet maar hoe ek die betaling moet doen. dink nie ek is op oom hulle se systeem nie. het gsc koeels by oom Koos gekoop.

groete
Jp

Re: 'Release Agent' - Vrystel middel.

Posted: Sat Feb 04, 2012 6:19 pm
by Gerard
Johan,
Ek het 'n Ruger 77 ingekry wat met 372 gebed was, sonder enige vrystelmiddel.  Dit was groot geld want die kolf kon nie gered word nie. 
(gelukkig het ek al die skroef gate en aksie se gate met wondergom gestop voor ek begin het)
Skiet jy die geweer sonder skroewe? Watter fabrikaat is jou geweer en waar het jy orals die Devcon aangewend?

Jp,
As jy nog nie voorheen iets by ons gekry het nie, stuur asb epos vir Elmarie@gscustom.co.za met jou posadres en sy sal al die regte goed doen.

Re: 'Release Agent' - Vrystel middel.

Posted: Sun Feb 05, 2012 7:44 am
by Johan JvR
More oom Gerard,

My geweer is ook toevallig 'n Ruger, VT model, gelamineerde kolf. Ek het die devcon by die voorste 'recoil lug' aangewend en dan ook onder die loop daar waar hy op sy dikste is net voor die aksie, so 2cm. Die res van die loop is nog vry swewend. Ek het bietjie devcon onder die aksie se 'tang' ook gesmeer.

Ek het die wondergom uit die geweer se gate gehaal met 'n boor wat ek met die hand gedraai het en so die gom opgewen en uitgetrek het. Die geweer se skroewe is teruggesit en ge-'torque' en hy skiet puik.

Voorlopig gaan ek dan maar so met hom skiet tot sy akkuraatheid my begin pla of die sneller my pla.

Glo my - die oefening is vir my baie vernederend, maar dis hoekom ek dit hier plaas sodat iemand hopelik nie in dieselfde strik trap nie.

Baie dankie

Re: 'Release Agent' - Vrystel middel.

Posted: Sun Feb 05, 2012 10:16 am
by Piet Breedt
Gerard wrote: Dankie Piet, ek vra vir Elmarie om te pos.  Sy het jou besonderhede op die stelsel.

Dankie Gerard, stuur bankbesonderhede saam asb.