Page 1 of 1
Hoe om .22LR loop skoon te maak.
Posted: Fri Jul 15, 2022 12:02 pm
by Ammion
https://www.thetruthaboutguns.com/a-gui ... e-shooter/
Hierdie artikel is vir my interessant - ek maak na elke skiet sessie ordentlik skoon, maar indien jy alle smeermiddel uit loop verwyder neem dit omtrent 30 skote voordat spoed weer is waar dit moet wees.
Om slegs die kamer skoon te maak en carbon ring te verwyder met 'n produk soos Carbon Remover maak vir my sin. Ek gaan hierdie prosedure probeer en kyk hoe dit werk.
Re: Hoe om .22LR loop skoon te maak.
Posted: Fri Jul 15, 2022 1:17 pm
by Joe13
Eerlikwaar het ek baie baie min my .22 skoon gemaak en hy skiet n bars hou. Ek skiet nou nie komps nie.
Re: Hoe om .22LR loop skoon te maak.
Posted: Fri Jul 15, 2022 4:31 pm
by Blink Stefaans
Ons ou Brno was NOOIT skoongemaak nie en daai ding het geskiet waar jy gemik het. Ou Swartklip std velocities was die kat se stert
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Re: Hoe om .22LR loop skoon te maak.
Posted: Fri Jul 15, 2022 5:06 pm
by JF123
Vir skoonmaak ballistol en 'n brons borsel of twee, afhangende van hoeveel lood in die loop is.
Net nodig elke paar honderd rondes of so. En na die skoonmaak kan dit enige iets van 3 tot 30 rondtes vat om weer goed te skiet.
Re: Hoe om .22LR loop skoon te maak.
Posted: Fri Jul 15, 2022 6:27 pm
by Willem Grobler
Ek deel dieselfde ondervinding as die replies hier bo en wil die vraag vra: is dit nodig om enigsens n .22 se loop skoon te maak?
My ou erf BSA’tjie is in 1957 gekoop. Op d plaas gebruik, kompetisies geskiet met trofee bekertjiesen als. Nooit skoongemaak nie. In 1995 neem ek hom oor & begin “gereeld” skoonmaak. Hy skiet presies dieselfde…
Re: Hoe om .22LR loop skoon te maak.
Posted: Fri Jul 15, 2022 9:03 pm
by JF123
Willem Grobler wrote: Fri Jul 15, 2022 6:27 pm
Ek deel dieselfde ondervinding as die replies hier bo en wil die vraag vra: is dit nodig om enigsens n .22 se loop skoon te maak?
...
Ja, dit is. Wanneer die lood eers begin opbou, raak dit erg en net moeiliker om skoon te maak.
As jou .22 nie op daai punt is dat jy hom moet skoonmaak nie, het jy nog nie baie geskiet nie.
Vra my hoe ek weet.
Re: Hoe om .22LR loop skoon te maak.
Posted: Sun Jul 17, 2022 6:12 am
by Joe13
JF123 wrote:Willem Grobler wrote: Fri Jul 15, 2022 6:27 pm
Ek deel dieselfde ondervinding as die replies hier bo en wil die vraag vra: is dit nodig om enigsens n .22 se loop skoon te maak?
...
Ja, dit is. Wanneer die lood eers begin opbou, raak dit erg en net moeiliker om skoon te maak.
As jou .22 nie op daai punt is dat jy hom moet skoonmaak nie, het jy nog nie baie geskiet nie.
Vra my hoe ek weet.
Wat beteken nie baie geskiet nie? Duisende rondtes beteken vir my baie.
Re: Hoe om .22LR loop skoon te maak.
Posted: Sun Jul 17, 2022 8:01 am
by KalahariKlong
Ek sal my Brno nie weer skoon maak nie. Hy het duidende skote deur en ek het hom eendag skoon gemaak. Daarna het dit laaaank gevat voor hy weer geskiet het soos hy moes. In my oupa en in my pa se tyd was hy nooit skoon gemaak nie.
Groete
KK
Re: Hoe om .22LR loop skoon te maak.
Posted: Sun Jul 17, 2022 9:28 am
by Alwin
Daar is verskillende redes om 'n .22 skoon te maak. Ja, die meeste .22 vat omtrent 25 skote na skoonmaak om weer reg te skiet, daarom moet jy nie onnodig skoonmaak net voor 'n belangrike skiet nie.
Wanneer die kamer te vuil raak, koolstof begin aanpak ("carbon ring") of lood begin aanpak in die loop, dan moet jy skoonmaak. Gewoonlik maak mens dan alles behoorlik skoon.
As jy verskillende ammunisie toets vir groeperingsvermoë, dan help dit nie as jy tipe X skiet nadat die loop alreeds ingeskiet is met tipe Y nie. Die patrone hou van hulle eie aanpaksel maar nie van sekere ander nie. Om die beste akkuraatheid te kry, maak die loop behoorlik skoon voor jy van ammunisie verander. Bv: As jy SK se ammunisie toets, kan jy van die een tipe SK na die ander tipe SK verander sonder om elke keer skoon te maak. Hulle gebruik waarskynlik die selfde lood en smeermiddel. As jy nou wil oorskakel na 'n ander maak, bv. Eley, Federal, CCI, S&B of wat ookal, maak eers weer mooi skoon en skiet in met die nuwe tipe voor jy groepe skiet. Dieselfde geld vir was-gesmeerde lood en kopergeplateerde koeëls, maak skoon tussenin.
Te veel skoonmaak is ook nadelig. Min .22 gewere raak ooit uitgeskiet. Hulle lope raak wel "klaar" weens verkeerde skoonmaakprosedure. Die harde stof wat aan jou wisserstok vasklou slyt die loop. Gewoonlik is dit aan een kant. Maak seker jy verniel nie die die loop terwyl jy skoonmaak nie.
Om seker te maak jy het reg skoongemaak, is daar niks beter as om 'n "bore scope" deur te druk en mooi te kyk nie. Gewoonlik is die loop reeds skoon lank voordat ek so gedink het. Soms is daar 'n hardnekkige kol wat ekstra aandag vereis. Kyk, dan weet jy. Ek weet nie hoe ek ooit sonder die "bore scope" reg gekom het nie.