Page 1 of 1

Knaldemper vraag

Posted: Thu Jul 14, 2022 6:04 pm
by JF123
Ek het nie voorheen 'n knaldemper besit nie. Ek het nou 'n tweedehandse ASE Utra Jet-Z gekoop. Dit is 'n staal knaldemper wat nie oopgemaak kan word nie. Die eenheid werk baie goed alhoewel dit bietjie swaar is. Gelukkig pla die gewig my nie.

Die rede vir die skrywe is dat na gebruik kry ek 'n baie sterk ammoniak reuk wat daaruit kom. Sterk genoeg om my oë te laat water. Is dit normaal? Gaan dit skade doen?

Re: Knaldemper vraag

Posted: Thu Jul 14, 2022 6:10 pm
by jdpretorius
Daai klink nie baie reg nie....het die vorige ou hom nie dalk met een of ander konkosie probeer skoon maak nie

Sent from my SM-A515F using Tapatalk


Re: Knaldemper vraag

Posted: Thu Jul 14, 2022 8:34 pm
by JF123
Maar hoe nou gemaak? Uitspoel met water?

Knaldemper vraag

Posted: Thu Jul 14, 2022 8:39 pm
by henk.spioenkop
Ek sal een end plug en hom met asetoon uitspoel as dit myne was.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Knaldemper vraag

Posted: Thu Jul 14, 2022 8:54 pm
by Gawie(13mm)
Druk 'n prop in die voorkant en maak regop staan.
Vul met "drain-cleaner" laat staan vir 24 uur.
Gooi uit en spoel uit met warm seep water.
Spoel uit met krag parafien. Dit sal keer dat die demper roes.
Werk vir my ERC dempers.

Re: Knaldemper vraag

Posted: Thu Jul 14, 2022 8:56 pm
by Ratel
Die hydrogen en nitrogen veroorsaak blykbaar ammonia in die knaldemper Kyk ook op atec se webwerf. Atec beveel aan dat die knaldemper elke keer afgehaal word na dit gebruik is

Re: Knaldemper vraag

Posted: Thu Jul 14, 2022 9:18 pm
by JF123
Ratel wrote: Thu Jul 14, 2022 8:56 pm Die hydrogen en nitrogen veroorsaak blykbaar ammonia in die knaldemper Kyk ook op atec se webwerf. Atec beveel aan dat die knaldemper elke keer afgehaal word na dit gebruik is
Dit verstaan ek. Ek sit dit net op voor ek skiet en haal af na ek klaar is. So ver ek weet is dit om te keer dat waterdamp binne in kondenseer en roes veroorsaak.

Het enige iemand anders al die ammoniak reuk gekry van knaldempers net na gebruik?

Re: Knaldemper vraag

Posted: Fri Jul 15, 2022 6:56 am
by jdpretorius
Nee, nog nie.
Gawie se raad met parafien is maar hoe ek dit ook het. Die het so bietjie van n rook wolkie gemaak die eerste 2 of 3 skote in toe weer heel normaal.
Ek kan eintlik nie met sekerheid sê dat die skoonmaak regtig iets gewen het nie

Sent from my SM-A515F using Tapatalk



Re: Knaldemper vraag

Posted: Fri Jul 15, 2022 7:45 am
by Gawie(13mm)
Dempers verskil in ontwerp. Elke ou het sy geheime formule.
Hier was al toetse en foto's van dempers na 'n paar duisend skote. Vol koolstof aanpaksel.

Ek het al twee 6mm lope uitgeskiet met my een ERC. Dws, noord van 5000 skote. Wanneer die koolstof op die kroon van die loop begin opbou na 25 skote op die baan, weet ek dit is tyd om hom uit te was.

Re: Knaldemper vraag

Posted: Fri Jul 15, 2022 8:28 am
by JF123
My groot bekommernis was dat die ammoniak gas skade sou doen aan die staal. Ek het nou net opgelees oor ammoniak. Sovêr ek kan sien veroorsaak dit nie roes op staal of yster nie.

Re: Knaldemper vraag

Posted: Fri Jul 15, 2022 8:42 am
by avo
het jy onlangs jou loop skoongemaak?

ek het iets soortegelyk ervaar n week of 2 terug na my loop skoongemaak was en 1ste 2 skote het so skerp reuk gehad ek glo dis -olie lagie- in loop wat nou wegbrand en reuk afgee.

Re: Knaldemper vraag

Posted: Fri Jul 15, 2022 9:08 am
by JF123
Ek maak altyd my loop skoon na ek geskiet het vir die dag. Ek droog ook die loop weer uit met twee droe lappies voor ek weer met dit skiet.

Ek glo nie dat die klein bietjie balistol wat in die loop oorbly so skerp reuk kan gee nie. As iemand op die skietbaan flou word, hoef ek net die knaldemper onder die persoon se neus te sit. Sal gou wakker word.

Re: Knaldemper vraag

Posted: Fri Jul 15, 2022 9:51 am
by Kallie Fernhout
Ek het twee van daai silnencers gehad wat ek saam twee verskillende gewere gekoop het. Hul was egter te swaar vir my gewees en het hul al jare terug laat gaan. Dit is n baie goeie produk maar soos ek se te swaar vir my doel. Hul het beide die ammoniac reek gehad toe ek hul gekry het, bygese nie een van hul was nuut nie.

Re: Knaldemper vraag

Posted: Fri Jul 15, 2022 9:54 am
by Kallie Fernhout
Dalk moet jy net die vervaardigers n mail stuur of natuurlik die agente is SA ie Eurooptic Africa hier in stellenbosch.
https://www.aseutra.fi/en/company/