Page 1 of 1

Pro Amm 7x57 150gr rondtes/patrone gesoek

Posted: Wed Jun 29, 2022 3:10 pm
by VictorG
Op soek na 7x57 Mau Pro Amm 150/170 ( en/of punte )

Is S & B soortgelyk ?

Ek is in Pta Noord

082 865 90 sewe sewe

Re: Pro Amm 7x57 150gr rondtes/patrone gesoek

Posted: Wed Jun 29, 2022 8:26 pm
by Gideon@1
Hi,
Ek weet nie van 7x57 veel nie, maar ek het onlangs ‘n pakkie S&B 140gr SP vir my 6.5x55 Swede gekoop teen ‘n baie ouprys (goedkoper as wat ek kan herlaai om ‘n teleskoop te verstel) en hulle het ‘n sub moa groepeer op 100m.
Ek het egter geen ondervinding met die herlaai van S&B doppe nie.
S&B se “nuwe” fabriek se kwalitetsbeheer is blykbaar baie goed.
Die is die wat ek kan doen, hoop jy kom reg!!

Groete

Re: Pro Amm 7x57 150gr rondtes/patrone gesoek

Posted: Thu Jun 30, 2022 8:39 am
by VictorG
Baie dankie Gideon , ek waardeer .

7x57 loop stroopsoet !!

Groetnis.

Re: Pro Amm 7x57 150gr rondtes/patrone gesoek

Posted: Thu Jun 30, 2022 12:50 pm
by OosKaapJagter
Ek is bevrees dat Philemon Maak Patrone se produkte iets van die verlede is. Daarbenewens wil dit voorkom asof 'n mens deesdae nie meer kan koop wat jy wil hê nie, maar moet vat wat op die rak beskikbaar is.

Re: Pro Amm 7x57 150gr rondtes/patrone gesoek

Posted: Thu Jun 30, 2022 1:10 pm
by tripodmvr
Kyk na S&B of Federal Fusion. PRVI Partizan kan ook dalk beskikbaar wees.

Re: Pro Amm 7x57 150gr rondtes/patrone gesoek

Posted: Sun Jul 03, 2022 4:22 pm
by VictorG
Ek waardeer almal se terugvoer.