Page 1 of 1

Vectan Ba 9.5

Posted: Tue Jun 28, 2022 4:28 pm
by Swede
Is die dryfmiddel geskik vir 147gr koels in 9mmP?

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Re: Vectan Ba 9.5

Posted: Tue Jun 28, 2022 8:30 pm
by tripodmvr
Hul laaidata strek net tot by 130gr koeël. Begin by 3gr en wees baie versigtig as jy 3.8gr nader. Skiet oor chrony en beskou 900vps as maksimum.

Hopelik is daar iemand wat dit ook gebruik en beter data kan verskaf.

https://www.vectan.fr/UK/reloading-charges

Re: Vectan Ba 9.5

Posted: Wed Jun 29, 2022 7:08 am
by Swede
Dankie, ek wil so 870 vps kry om factor te maak. Dit blyk dan nog veilig te wees.

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Re: Vectan Ba 9.5

Posted: Wed Jun 29, 2022 7:48 am
by OosKaapJagter
Ek besef dat 'n mens glad nie ander se internet aanbevelings goedsmoeds kan aanvaar nie.

Wanneer ek egter 'n nuwe pistoolkruit probeer, gebruik ek egter google om tendense te bepaal. As jy bloot Vectan 9,5 147gr opsoek, sal jy vind daar is wel mense wat dit gebruik. Sovêr lyk dit asof tripod se aanevelings in die kol is en ek glo jy gaan uiteindelik y 'n lading van rondom 3,5 grein regkom.

Re: Vectan Ba 9.5

Posted: Wed Jun 29, 2022 3:42 pm
by Swede
Ek glo ook so, ander manne vertel dieselfde, so ek is op die regte pad!!

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Re: Vectan Ba 9.5

Posted: Thu Jun 30, 2022 9:44 pm
by Aceofspades
Ek sal nou nie enige spesifieke laai data hier plaas nie, maar wat ek wel agtergekom het is dat die bulk density (GRT) of Propellant solid density (QL) nie reg is nie.

Volgens die programme is ek veronderstel om so 9.2 - 9.3gr in 'n dop te kan kry. Ongelukig loop hy oor hier naby 7.6? gr. Dis 'n jammerte, want die brandspoed is half perfek vir my applikasie.

Sent from my BV9900E using Tapatalk