Page 1 of 1

GSM Sein versterker

Posted: Sun Jun 19, 2022 10:04 am
by Alwin
Ek het 'n Amplitec GSM selfoon-seinversterker beskikbaar.
Die eenheid werk op 220V.
Geen idee op watter frekwensieband hy werk nie.
Ons het 'n ekstra selfoontoring in die vallei gekry, nou het ek nie meer nut vir die versterker nie.
Gratis (Pay it forward).
Koerierkoste ekstra. Courier Guy of Postnet is vir my gerieflik.

Re: GSM Sein versterker

Posted: Sun Jun 19, 2022 10:46 am
by Hercules Louw
Alwin, ek sal dit graag neem.
Net uitstedig tot einde van die maand.
Sal jou dan kontak vir aflewering, en my item vir pay forward laai.

Re: GSM Sein versterker

Posted: Sun Jun 19, 2022 1:15 pm
by finch
Onthou aktiewe selfoon versterkers (die tipes wat met krag werk) mag eintlik net deur gelisensieerde selfoon maatskappye opgesit word want daai versterker saai ook uit in die gelisensieerde spektrum. Icasa moet dit reguleer so jy is redelik veilig dat jy niks gaan oorkom nie, maar die probleem is as die versterker nie reg opgestel word nie kan dit die naaste toring se werks vermoee beinvloed en selfs breek. Dan is almal slegter af as sonder die versterker.

Re: GSM Sein versterker

Posted: Sun Jun 19, 2022 6:34 pm
by Alwin
Hercules Louw wrote: Sun Jun 19, 2022 10:46 am Alwin, ek sal dit graag neem.
Net uitstedig tot einde van die maand.
Sal jou dan kontak vir aflewering, en my item vir pay forward laai.
Doodreg Hercules.

Ek PM my selnr vir jou, dan praat ons sodra jy reg is.

Re: GSM Sein versterker

Posted: Sun Jun 19, 2022 7:18 pm
by Zuku
Kan ek tweede in ry staan Hercules dit nie meer gaan vat. Myne het onlangs geblaas met een van die laaste "Loadshedding" aksies.

Re: GSM Sein versterker

Posted: Sat Jul 09, 2022 8:02 am
by Alwin
Die item is het veilig by Hercules geland.