Page 1 of 3
Balistix Huntac koeëls?
Posted: Mon Jun 06, 2022 5:46 pm
by Arnold
Deel asb julle ervaring met die Balistix Huntac koeëls.
Hoe vind julle die druk vs. spoed met die herlaai? Dit lyk vir my of die koeëls min druk maak teenoor die spoed behaal as ek na die primers kyk op my ladings.
Dan, hoe vaar hulle op wild? Ek gaan nou die 85gr in 6mm en 165gr in 30 cal laai vir n opkomende jag aangesien ek hulle redelik vinnig in die hande kon kry.
Ek sien uit om na julle ervarings te luister.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 07, 2022 3:04 pm
by Arnold
Is hier geen gebruikers van Balistix Huntac koeëls nie, of dalk gebruik julle net die punte?
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 07, 2022 4:27 pm
by toelie
Hi Arnold
Ek laai die 175gr huntac op my 300WM en het nou al vele bosveld bokke op die blad geskiet. Maak maar net soos enige ander monoletiese koeel en nog nie n punt herwin nie.
Was gelukkig met die spoed en groeperings wat ek gekry het en sal by hulle bly
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 07, 2022 4:30 pm
by tripodmvr
Hieronder is kommentaar vanaf 'n lid op 'n SA Jagters Whatsapp groep.
Was al saam my neef wat 'n blou wildebees met een van hulle gejag het in Sy 30-06, ons het die koel weer herwin en hy het mooi omgeklink. Blou wildebees het nie Baie ver gekom nie
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 07, 2022 4:36 pm
by Arnold
Baie dankie
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 07, 2022 5:13 pm
by Ds J
Een of twee mense in my kring gebruik hulle.
Baie tevrede daarmee.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 07, 2022 5:18 pm
by tripodmvr
Het verdere inligting gekry dat die 30-06 met 155gr koeëls gebruik is.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 07, 2022 6:51 pm
by ThinusS
Ek het die 115gr Huntac 6.5mm koeëls getoets vir 'n artikel in SAJagter tydskrif. Ek het 'n totaal van 41 stuks wild gejag met geen koeël verwante probleme. Akkuraatheid was goed, sub 0.5 moa ( 3 skote), en verrigting op wild was ook na wense. Indien jy meer inligting nodig het kontak my gerus by nul agt drie 414 twee 335. Whatsapp werk beste, ons selfoon sein is onvoorspelbaar.
Groete
Thinus
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Wed Jun 08, 2022 9:18 am
by hotklou
Ek het laas week vir my 'n blou wilde bees gaan oes.
.308 155g, blad skoot ... deur-en-deur.
skoot was op so 180m en die koei het so 50m verder expire.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Wed Jun 08, 2022 11:26 am
by Arnold
Dankie ouens, ek waardeer dit!
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Mon Jun 13, 2022 9:31 pm
by KaKaTo
Ek kan die volgende terugvoer gee oor die UltraHunt.
Ons het laas naweek x2 Blouwildebeeste en x2 Kudu's met die 165gr UltraHunt geskiet uit die 30.06 die prestasie was basies dieselfde as die 155gr UltraHunt uit die .308 wat ek laas jaar gebruik het.
Van die 14 diere wat met 155gr UltraHunt punte uit die .308 geskiet is het ek al 3 punte herwin maar meestal is dit alles pass through's as jy wil kan ek n foto of twee op sit.
Hulle laai maklik en skiet akkuraat my enigste issue is ons het nogal baie "jelly" vleis skade gehad op die karkaste maar by gesê die skote was nogal naby aangesien die veld baie ruig is wat n invloed kon gehad het.
Die punte is amal met HBN geroll en die bietjie wat ek daarmee al gespeel het op ander punte wil dit voorkom dat dit die begin druk verlaag en jy bietjie spoed verloor maar niks te ernstig nie. (moet nie my woord vat nie toets eers)
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 14, 2022 6:01 am
by LUAN
Wat is die verskil tussen die huntac en ultrahunt?
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 14, 2022 7:16 am
by tripodmvr
https://balistixbullets.com/ultra-hunt-bc-twist-rate/
Balistix “Ultra Hunt” Bullet:
The Ultra Hunt bullet design is derived from the HunTac bullet and provides an extra feature on the bullet tip that allows for rapid expansion. This rapid expansion will result in deadly terminal efficiency. Ultra Hunt bullets share the same ogive design for supreme accuracy but will have a reduced BC and therefore are not ideal for long range hunting. Typical application of these bullets are bush hunting.
G1 BC:
Mathematically calculated at Mach 2.5. G1 BC is derived from a flat base design model and should not be used for long range ballistic trajectory calculations. G1 BC is however sufficient for short range (up to 300m) shooting.
G7 BC:
Mathematically calculated at Mach 2.5. G7 BC should preferably be used for a boat tail bullet design therefore more applicable to Balistix bullets.
Actual BC:
Please note that actual BC is drastically influenced by muzzle velocity and atmospheric conditions. Please follow the procedure on our website in order to determine the exact BC for your rifle. (
www.balistixbullets.com)
RBT:
A Rebated Boat Tail bullet combines flat base bullet accuracy properties with boat tail BC enhancements. International studies have shown that a Rebated Boat Tail design can yield an increase in accuracy of up to 15% compared to conventional boat tail designs.
SG (Gyroscopic Stability Factor):
SG < 1.0 = unstable and should not be used.
SG 1.0 to 1,5 = marginally stable*. This is a “grey zone” and tests with your rifle and bullet combination will reveal a stability problem or not.
SG > 1,5 = perfectly stabilised.
* Please note that marginally stable does not mean the bullet will not shoot well. If your bullet holes are perfectly round/symmetrical on a paper target it implies that the bullet is stabilised in your rifle. If you note any form of “key holing” on your target, at any distance, then your rifle and or environmental shooting conditions are not suitable for our bullet.
Balistix Information File Version:
Information and product may change without notice. Please check web page regularly for latest revision. Revision date is underneath information table.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 14, 2022 7:23 am
by Joe13
Ek sien verskille in BCs en die HP lyk ook anders.
Edit: Oom tripod het my gewen.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Wed Jun 15, 2022 8:26 am
by Arnold
As julle dalk fotos het van gebruikte koeels kan julle dit ook gerus hierso plaas asb.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Thu Jun 16, 2022 9:13 am
by KaKaTo
Ek is besig om te trek so die punte lê iewers in n boks jy kan hier gaan kyk na 2 punte wat ek in 2021 kon herwin het.
https://www.gunsite.co.za/forums/showth ... ost1422968
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Thu Jun 16, 2022 11:24 am
by tripodmvr
Jou twee fotos gaan leen op Gunsite
Balistix 1.jpg
Balistix 2.jpg
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Thu Jun 16, 2022 11:38 am
by ThinusS
Alle koeëls is 115gr 6,5mm teen ± 2950vps.
Die koeël (links) kom uit 'n koedoe bul wat, op 235m, skuins van voor geskiet is. Die koeël het die dik skouerknop gebreek en is in die grootpens gevind. Koedoe het ±50m gehardloop voor hy geval het.
Die koeël kom uit 'n blouwildebeesbul wat op ±150m geskiet is. Die bul het reguit na my gekyk en is in die kuiltjie geskiet. Die koeël is in die regterboud gevind. Die bul het net minder as 100m gehardloop voordat hy geval het.
Die uitskietwond op 'n springbok wat op 260m net agter die blad geskiet is.

Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Fri Jun 17, 2022 1:37 pm
by Giepie
Weens 'n tekort aan goeie koeëls vir die 303 probeer ek toe ook maar hierdie plaaslike produk. Eerste probeerslag met 40gr S341, 3 skote, kry ek toe drie gate wat mekaar sny. Nog nooit sulke groepe met die LE No4Mk2 gekry nie. Gedag dit is 'n toevalligheid laai ek toe weer dieselfe vir 3 patrone, Amper dieselfde met die 2 groepe. So baie tevrede, maar toe sit ek dit oor die Chrony, kry 'n gemiddeld van 2269fps, wat bietjie stadig is vir wat ek wou hê. Ek beplan om bwb of koedoe daarmee te skiet terwyl ek vir die 30-06 se liksens wag.
Nou my vraag, moet ek maar met hierdie lading skiet, of dit bietjie vinniger kry? Met S335 kry ek nie so 'n goeie groep nie. Met die HBN lees ek dat die "Start pressure" laer is. 22" Loop met dopvolume van52,3gr H2O.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Fri Jun 17, 2022 3:38 pm
by LUAN
Ek weet nie hoekom hulle so swaar koel vir die 303 maak want n 303 is reeds nie vinnig. Monos het mos spoed nodig om oop te maak tensy daardie spesifieke koel sagter gemaak is as die ander en teen lae impak spoed nog sy werk kan doen.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Fri Jun 17, 2022 8:32 pm
by JF123
40gr S341 is 'n baie lae lading. Veral as mens die HBN in ag neem.
Met gewone 174 FMJ moes ek gewoonlik 44gr gebruik het om 2450 te kry.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Fri Jun 17, 2022 8:39 pm
by tripodmvr
Dit lyk asof jy veilig by 2440vps kan uitkom met 42,9gr. Ek het nou nie al jou korrekte geweerdata nie, maar kyk hoe maak dit. Spoed is ook nou meer bruikbaar. 'n 140gr koeël kan dalk net die ware Jakob wees.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Sat Jun 18, 2022 10:19 am
by Giepie
Baie dankie vir die raad. Hier is die inligting wat ek het. Dit is "friction-proofed" maar ek weet nie wat faktor moet wees nie, 0,66?
Kaliber 303Brit
Koeel Balistix
Koeel gewig 170gr
Maak Dop PMP
H2o dop 52,3
Slagdop CCI 250
TPL 78mm
Magasyn kas Lengte 78,11
Loop Lengte 563mm
Kruit S341
Lading 1 Spoed 40gr 2269f/s
Lading2 Spoed Nog nie gelaai of gemeet nie. Sal vandag laai en hopelik Maandag meet.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Sat Jun 18, 2022 1:19 pm
by tripodmvr
Met die nuwe gegewens dui dit op 42,8gr vir 2440vps.
Re: Balistix Huntac koeëls?
Posted: Tue Jun 21, 2022 9:05 pm
by Giepie
Dankie Driepoot, Het dit gaan toets en dit lyk amper reg. Die drie skote se spoed het ek soos volg gemeet.
2487
2469
2460
Twee snyers en een so duim regs en onder