Page 1 of 1

Verstreke vuurwapenlisensies

Posted: Fri May 27, 2022 2:05 pm
by tripodmvr
Hofuitspraak deur Konstitusionele Hof wat ten gunste van ADT is. Mense met lisensies wat verstryk het kan nou weer aansoek doen.

Re: Verstreke vuurwapenlisensies

Posted: Fri May 27, 2022 2:13 pm
by Zuku
Goeie nuus

Enige verwysings skakels?

Re: Verstreke vuurwapenlisensies

Posted: Fri May 27, 2022 2:25 pm
by Willie
Judgment CCT 195-21 Minister of Police and Others v Fidelity Security .._.pdf

Re: Verstreke vuurwapenlisensies

Posted: Fri May 27, 2022 4:14 pm
by Capt. Yoda
Is darem n sirkus die

Re: Verstreke vuurwapenlisensies

Posted: Sat May 28, 2022 9:18 pm
by lalvisser2
Wil net iets hier op forum noem. 5 van my lisensies het verval laasjaar in Junie. Ekt die nodige dokumentasie betyds en reg ingegee. Nou amper n jaar later doen ek weer navraag. Net om te hoor my competancy het nou verval. Ek moet dit eers hernu voordat my vervalde vuurwapens weer gelisensieer gaan word. Net by sè....ekt nog ander lisensies wat eers later verval. Ek was altyd ingelig dat solank daar wettige lisensies is jou competancy aangaan. Maar dis blykbaar nie meer die geval nie.

Sent from my SM-G980F using Tapatalk


Re: Verstreke vuurwapenlisensies

Posted: Sat May 28, 2022 9:27 pm
by musgrave270
lalvisser2 wrote:Wil net iets hier op forum noem. 5 van my lisensies het verval laasjaar in Junie. Ekt die nodige dokumentasie betyds en reg ingegee. Nou amper n jaar later doen ek weer navraag. Net om te hoor my competancy het nou verval. Ek moet dit eers hernu voordat my vervalde vuurwapens weer gelisensieer gaan word. Net by sè....ekt nog ander lisensies wat eers later verval. Ek was altyd ingelig dat solank daar wettige lisensies is jou competancy aangaan. Maar dis blykbaar nie meer die geval nie.

Sent from my SM-G980F using Tapatalk
My DFO het ook die week my so ingelig toe ek n lisensie hernuwing ingedien het. Eks nog 4 maande weg van beide my lisensie en bevoegdheid se verval af. Die wet se dalk een ding maar hulle pas dit defnitief nie so toe nie. Maar dit wissel ook maar van DFO tot DFO.

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk


Re: Verstreke vuurwapenlisensies

Posted: Sun May 29, 2022 9:05 am
by win270
Verplig die (aangepaste) wetgewing dat wapens waarvan die lisensies verval het, wel deur SAPS gestoor moet word of kan eienaar daarvan dit steeds agter sy/haar eie slot en grendel hou?

Re: Verstreke vuurwapenlisensies

Posted: Sun May 29, 2022 10:53 am
by Giepie
Bevoegdheid moet ook deesdae hernu word. Ek moes dit ook doen. Ek het Mei 2021 gedoen saam met 2 vuurwapen hernuwings. Hulle doen vuurwapen hernuwings nadat bevoegdheid hernu is. Ek het darem my hernude bevoegdheid nou gekry, maar wag nou vir die ander.

Oor die hofuitspraak, wat my pla is dat in die uitspraak gesê word net van bewaring by die polisie. Maar dit gaan chaos wees.