Page 1 of 1

Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Thu May 26, 2022 5:35 pm
by saswart
Wil sommer hoor wat se die manne met die 2 gewere. Tikka T3 vs CZ 550

Ek het beide, elkeen sy eie doel, maar wil graag hoor wat sal jul kies vir algemene jag

Re: Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Thu May 26, 2022 5:41 pm
by Malan123
Tikka one way...

Re: Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Thu May 26, 2022 6:13 pm
by pwdejager
Tikka, het die CZ 550 Ebony gehad, pragtig, maar ek verkies die Tikka se aksie en akkuraatheid uit die boks

Re: Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Fri May 27, 2022 4:11 am
by Vissie
Ek besit ook altwee.

Tikka, sonder om 2 keer daaroor te dink!

Behalwe dat die Tikka in meeste opsigte maar net ‘n bietjie beter is, is die grootste fout met die CZ’s die krom kolf! Dat die invoerders na al die jare nie tot daardie besef kon kom nie, laat my maar wonder…

Re: Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Fri May 27, 2022 8:15 am
by Capt. Yoda
In groter kalibers veral nou vir jag sal ek die CZ vat, daar is darem n paar 550s met bitter mooi kolwe ook daar buite.

Re: Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Fri May 27, 2022 8:17 am
by RUPERT
Ek ken nie Tikka nie maar my 550 30.06 is n yster.

Re: Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Fri May 27, 2022 9:21 am
by Arnold
Ek het al beide gehad en het nogsteeds die Tikka. Vir algemene jag en kompetisie skiet so hier en daar sou ek definitief vir die Tikka gaan.

Die Tikka se aksie werk so mooi glad dat die negatiewe dingetjies verdwyn as jy hom skiet. As jy n sportskiet geweer wil bou, op n fabrieksaksie, sal n Tikka ook my aie hoog op my lys wees.

Ek sal ook veral wegsku van 'n CZ550 in 'n kortaksie kaliber soos 22-250, 243 en 308 aangesien die magesyn nie reg opgestel is nie en voerprobleme veroorsaak waar die rondte uit die magesyn spring voor hy opgetel is deur CRF slot. Ek weet nie of die 6.5x55 en 7x57 al lank genoeg is om dit te oorkom nie maar die 30-06 lengte rondtes werk mooi.

Re: Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Fri May 27, 2022 9:56 am
by RUPERT
Is die nie net nog n TOYOTA, Ford storie nie?

Ek luister graag na die manne met meer kennis as ek.

Re: Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Fri May 27, 2022 10:02 am
by Apie
‘n CZ550 is volgens my ervaring meer soos ‘n 4.2 Diesel Cruiser bakkie en die Tikka die 2.8GD6 4x4

Die 550 is ‘n baie taai aksie wat meer gebou is vir stof en ruwe hantering.

Die Tikka is meer verfyn soos meeste Pushfeed gewere is.

Die CZ met sy controled feed en groot extractor klou trek vuil doppe beter uit as die klein extractor kloutjies op Tikka/Howa/Rem etc.

Dis amper soos ‘n Ak47 wat goed werk in 3rde wereld weermagte en die AR15 wat werk in 1ste wêreld weermagte.


Horses for courses


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Fri May 27, 2022 10:13 am
by LUAN
Eks net spyt ek het nie meer Tikkas gekoop destyds toe hulle lekker goedkoop was...

Re: Tikka T3 vs CZ 550

Posted: Fri May 27, 2022 1:07 pm
by Jacques1988
Ek het Tikkas in .243win, .308win, 270wsm en sal weer Tikka’s koop as ek dié moes oor koop. Ek het ook n 9.3 in CZ550 en sou hom ruil vir niks. Algemene jag geweer sou Tikka my eerste keuse wees en 9.3 en op kan jy nie verkeerd gaan met die CZ550 nie.

Jy sal baie meer aftermarket opsies hê vir kolwe magasyne ens. as jy Tikka gaan in plaas van CZ

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk