Page 1 of 1
Mauser aksies!
Posted: Wed Dec 30, 2009 11:33 am
by KSV
Kan 'n mens die mauser aksies kry dat hulle meer akurater is? Sterk is hulle belis, het maar nog min gesien wat die manne vir kompetisies gebruik.
Re: Mauser aksies!
Posted: Wed Dec 30, 2009 1:25 pm
by DSBW
KSV
Daar is heelwat van die aksies in omloop onder die Bisley, F-klas manne, daar is selfs 'n paar in die Benchrest wereld. Jy is reg, in sy standaard vorm kan daar verbeter word wat akkuraatheid aanbetref. 'n Ordentlike "gunsmith", wat van 'n passtuk ("Jig" in Engels, ek weet nie of ek nou die regte Afrikaans gebruik nie)gebrik maak, maak hom vir jou so goed soos enige van die "fancy" aksies.
Jy kan my privaat kontak via e-pos dan gee ek vir jou besonderhede van so 'n ou, hy het myne gedoen en die aksie staan nie terug vir enige ander nie!
Groete
Dawie