Page 1 of 2
Hoe vang hulle??
Posted: Sun Jan 11, 2009 7:32 pm
by Dawie
Ek het Vrydag op 'n so 2 weke oud lam afgekom wat tipies gevreet is soos Jakkals, maar kon nie bytplek aan die nek kry nie nadat ek die nekvel afgeslag het. Die kol waar gevang is hard en die sagte plekke waar ek spoor kon kry is snuif getrap van skaap, so ek kon dit ook nie met spoor bevestig nie. Iemand het my ges? dit kan ou jakkals wees wat aan die pens vang. Die lam het nie 'n halsband of klokkie aangehad nie. Daar het ook nie gisterraand iets daar geantwoord of ingekom nie. Is die tipe vang algemeen???
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Sun Jan 11, 2009 9:47 pm
by jaracal
Dawie.
Jakkalse vang oor die algemeen op die kakebeen

maar kan hulle ook agter vang. Wat is die kans dat die lam gevrek het? Jy kan ook die vel totaal afslag om te kyk waar die lam gevang is.
Ook nie te se hy kom van naby nie, moontlik die rede hoekom hy nie antwoord nie.
Groete
H
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Sun Jan 11, 2009 11:19 pm
by Dawie
Hein
Ek hoop maar die lam was vrek, daars altyd 'n kans daarvoor. Ek het hom onder die bek na v?r onder toe oopgemaak, ek weet rooikat vang laag aan die nek. Was nie bewus jakkies vat heeltemal so hoog nie, dis natuurlik moeiliker om te sien op swarkop dorpers as ou nog nie begin sny het nie. Die area wat die skaap nou loop het ek redelik skoon geskiet(voorlopig hopelik), maar soos jy s? die goed loop v?r. Hulle is nie vasgemaak nie. Het maande laas in daai area spoor gekry, gehoor of iets geskiet.
So 'n ruk terug by my broer het hulle geantwoord op 'n plek in "suroundsound" kon darem enetjie vrek kry (tande was nog nie almal uit). Amper 'n week later op dieselde plek is dit tjoepstil. ?
Ek het in 2007 'n plek van my oorjag, glo ek, uit desperaatheid. Dit was langs 'n naweekboer(wat gelukkig aan ernstigge boere nou verkoop het) Dit was redelik droog ook, maar daar was genoeg kos, ek onderbewy. Minder as 35% Speenpersentasie!!!!! Kraaie het soos brommers rondgevlieg. Na ek vir 'n rukkie weggebly het dit weer beter gegaan met skietery (meer geduld, skills verbeter en baie dom vrae gevra, alhoewel ek dit meer as 10jr doen) Na tientalle Jakkalse en heelpaar rooikatte het ek die speen persentasie VERDUBBEL!!!
Mens moet maar deurlopend jag en wakker wees vir tekens DAAR'S HEELTEMAL te MIN OUENS WAT ERNSTIG ROEP EN SKIET IN ONS AREA!!!!
Vragies....Antwoord Jakkalse minder die tyd van die jaar agv (1) sterkerigge wind?
(2) Volmaan?
Alhoewel ek al jakkalse gekiet het wat ingekom het wat nie geantwoord het nie, sit 'n ou net makliker langer as jy weet hulle is daar as hulle geantwoord het.
Thanks Dawie
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Mon Jan 12, 2009 1:33 pm
by Dawie
Het vamore weer gaan kyk hoe ek hom oopgemaak het en sien toe hy's ook nie aan die kaak gevang nie.
Wat my ook puzzle
is hoe of waaraan vrek 'n lam wat aan die kaak gevang word of hou hy hom net vas terwyl die ander hom aan sy ou lyfie verskeur?????

Re: Hoe vang hulle??
Posted: Mon Jan 12, 2009 3:12 pm
by Caller
Dawie my maat.
As jy nie bytmerke aan die keel kry nie, dan slag jy die lam/skaap af fan kroontjie tot toontjie en soek vir bloedding tussen die vel en die vleis (subkutane bloedding). Subkutane bloedding dui op 'n aanval met die doel om ernstig te beseer, maar belangriker nog, dat die lam/skaap lewendig was toe dit aangeval is. 'n Dooie mens kneus (doen nie meer bloukolle op nie), so vorm daar ook nie bloed tussen die vel en vleis van 'n dooie lam nie.
As jy nie subkutane bloedding kry nie, was hy waarskynlik reeds dood en net op ge-aas, maar as jy redelik seker is dat die lam nie van siekte of natuurlike oorsake dood is nie, dan kan daar nog een ander moontlike oorsaak wees.
'n Jong opgeskote onervare jakkals het die lam gevang en gevreet.
Die rooijakkals vang instinktief op die hoek van die kakebeen in 'n poging om sy prooi te verlam sodat hy dit makliker kan baasraak. Normaalweg is daar tandmerke deur die vel met 'n bietjie subkutane bloed of kneusings. Andermale het die prooi net tandemerke op die vel (hare uit) maar nie subkutane bloedding nie. By marino's is dit natuurlik moeilik waarneembaar tussen die wol.
Hierdie tyd van die jaar is daar jong jakkalse. Party wat vro?r gebore is is nou al in staat om te begin jag. Hierdie jakkalse is onervare , maar vang die lam instinktief aan die kakebeen en verlam hom. Nou is hy nog onervare en hy byt nie die lam aan die keel dood nie, maar begin vreet dadelik want hy is bang ander jakkalse vat sy kos af. Die lam beswyk aan bloedverlies as daar baie aan die lam gevreet is en jy kry die karkas sonder enige subkutane bloedding.
Jy s? nie hoeveel vleis daar gevreet is nie.
Wanneer net een jong jakkals gevreet het, kry jy dat die lam 'n kleinerige gat uitgevreet is en dat die lam nog lewe as jy hom kry. Wanneer 'n paar jong jakkalse gevreet het, is die lam natuurlik dood en opgevreet. Hierdie tendens kom tipies voor van nou af tot so einde Maart.
Ou jakkals se maat vang en sorg gewoonlik vir hom of haar. Wat wel kan gebeur is dat ou aleenloper jakkals sonder tande (ervare), 'n groot ooi verlam op die kakebeen en dan die uier afskeur en opvreet want dit is sagte weefsel. Ek kan nie dink dat 'n ou jakkals sonder tande 'n skaap aan die pens kan doodkry anders as hom te vreet nie, maar weens die stomp tande is dit hoogs onwaarskeinlik dat hy deur die pensvel sal kan vreet.
Hoop jy snap.
Caller
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Mon Jan 12, 2009 4:04 pm
by Dawie
Caller
Die lam is goed gevreet, rugraat ook middeldeur gevreet tot in die ribbes ook, binnegoed als uit.
Jy's reg die voorste linnie klein jakkies begin nou rondloop, het al Des een in yster gevang 2008-modelle.....het al begin roei, Feb groet baie van hulle.
Dankie man
Dawie
Ps daai kakebeen byt verlam is amper soos 'n jakkals Kung-Fu move.
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Mon Feb 09, 2009 3:31 pm
by tafjak
Ek het op 'n paar foto's afgekom:
Kon darem die foto neem voor ek die jakkals skiet. Mak by ons ne.
Taffie
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Mon Feb 09, 2009 3:37 pm
by JACQUES BOTHA
ek hoop jy het albei eers lewendig gelos dat hulle kon klaar eet, hulle weeg swaarder as hulle ver gevreet is as wanneer nie...
laat hom rustig klaar eet e skiet dan, die skade is mos klaar gedoen...of wat praat ek taffie ons is mos bewaarders en nou uitwissers nie....
bewaring deur benutiing.......
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Mon Feb 09, 2009 3:43 pm
by JACQUES BOTHA
taffie
nou ernstiger, is dit n springhaas wat daai jakkals vang, of was dit uitgesit vir "aas"
ek het nog baie selde n springhaas in jakkals pens gekry..by die rooikatte wel ...ok ok
moet nie op my skree nie, ek is nog n leek as ek my met julle vergelyk..en ek is mos deesdae net naweek jagter (soms)
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Mon Feb 09, 2009 4:42 pm
by tafjak
Jakes
Die onderste 2 foto's is werklik, op heterdaad betrap. Boonste een is eintlik van die makkes wat ek in 'n klein kampie by die huis het. Ja dis 'n springhaas en ek kon die versoeking nie weerstaan om julle so rukkie te los om te herkou nie, jammer. Hulle is 2 en vreet omtrent onder die springhase en blouape. Hou die balans reg.
Die 2 is vreeslik mak en kan partykeer nie wag om die jagbakkie te sien nie, altyd iets te ete op bakkie.
Taffie
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Mon Feb 09, 2009 7:34 pm
by Izak02
Taffie
Jou hokbewoners laat dink my aan `n boer hier by ons wat `n rooikat so in `n hok aanhou. Die hok het 2 'kamers' met `n val deur in die middel. Die gewoonte is om kietsie aan die eenkant kos te gee, wat dit ookal mag wees, en dan soos nodig van die vere, velle, bene, ens. uit te haal en in sy hokke te gebruik as lokaas. Ma een aand maak hy toe per ongeluk vir hom en kietsie in dieselfde kamer toe, onwetend. Al wat hy hoor is "grrrrrrrrrrrr", man ja dit het amper gelyk soos in die 'cartoons', met net sy buitelyne in die muur. Tot vandag toe weet hy nie hoe hy daar uit gekom het nie, sonder `n skrapie ( aan hom of die kietsie) Partymaal moet `n man nie vra nie, net s? Dankie!
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Tue Feb 10, 2009 10:07 am
by tafjak
Izak H
Hier kan jy sien hoe mak die goed rerig is, is amper al twee jaar oud. Het eers in die tuin groot geword, hoenders het toe minder geword en is toe verplaas na eie kamp. Nog nooit probeer ontsnap nie, stoor is deel van blyplek en deure staan gereeld oop. Kruis maar vingers ook.
Taffie
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Tue Feb 10, 2009 3:56 pm
by Freek
Taffie jou bliks... ag ek bedoel 2 gesig. Hier vryf jy hulle en more skiet jy hulle. Jy is duidelik nie 'n jakalas se buurman nie, het jy hulle ma geskiet of teel jy nou met die goet? Gin wonner die mense sukkel so om hulle uit te wis daar in jou wereld nie, jy het 'n hele telery daar in jou agterplaas....
Grap net, my pa se tannie was ook vreeslik lief vir diere en om siekes gesond te maak en weesies groot te maak. Op 'n stadium het sy 2 klein rooi jakalsies groot gemaak, hulle was so mak soos honde, eendag loop sy met die 2 in Delmas rond tussen die klere winkels en toe sy haar oe uit vee was fona en flora op haar rug en konfeskeer toe die 2 diere - soos ek kan aflei was dit nogal 'n gestoei en die grootste "street fight" in Delmas se geskiedenis.

Re: Hoe vang hulle??
Posted: Tue Feb 10, 2009 6:10 pm
by tafjak
Freek
Hulle kampie is groot genoeg en sal as die finansies dit toe laat so 4 hektaar by kry. Hulle is baie happy, krap nie heeldag nie en kan nie wag om mense te sien nie.
As jy nie lief vir die goed is nie, sal hy hulle nie effektief kan beheer nie. Glo my vir hierdie een.
Taffie
Met geweld kan jy jou vinger in jou g*t ook afbreek.
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Wed Feb 11, 2009 6:24 am
by Freek
Taffie, is dit 'n reun en 'n teef? Wat is hulle name?
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Wed Feb 11, 2009 7:02 am
by tafjak
Freek
A en C, want hulle vreet als op.
Taffie
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Wed Feb 11, 2009 7:08 am
by Freek
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Wed Feb 11, 2009 9:22 am
by JACQUES BOTHA
as dit A en C was sou hulle beslis iets gesteel het in die kamp langsaan ook ,, en bribes aanvaar het.....
en wetgewing ingestel het dat geen kompetisie aanvaar word nie. hoe 'COPE' die jakkalse in die winter..
of is hulle name nie dalk patricia en marthinus nie... ok jy wil ook nie onmin in daai kamp he nie...
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Wed Feb 11, 2009 12:59 pm
by JACQUES BOTHA
Daar is nou twee lammer by MR Bud gevang . Skaap word gekraal, Kom so 8 uur uit tot ongeveer 5 uur middag.
Twee van so 6 maand eis gevang.. Mooi in die dag gevang Klinies,, gaatjies in die nek..
Maar hoekom sal die skuldige ek vermoed katjie dan op die blad eet en nie by die boud nie, Vel is mooi in die rondte geknip..
Ek het nie foto nie, En hoekom sal daai kat so lekker in die dag vang --dalk is sy n kantoor kat,, werk net vir kos tussen 8 en 5..
Is my afleiding reg...Of is daar nog iets wat so mooi sal vang? Gee Raad...
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Wed Feb 11, 2009 2:04 pm
by tafjak
Jakes
As die dag bewolk en koel was, is ou kietsie net die vabond. Sy sal maar ook so kleinspan by haar h? en net die tyd om haar teen sonderonder naby die karkas te gaan soek.
Taffie
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Thu Feb 12, 2009 9:42 am
by Tomcat
Taffie, Hein, Johan
Het vanoggend n lam gekry wat se kop heeltemal weg is. Dit lyk kompleet of dit met n mes afgesny is. Wat vang so?
Tomma
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Thu Feb 12, 2009 10:11 am
by Freek
Daai klink vir my soos 'n 2 been jakkals wat so vang... net my mening.
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Thu Feb 12, 2009 10:20 am
by JACQUES BOTHA
BAIE GROOT BRUIN HOND TOMCAT...EN AS DIT LYK NA N GLADDE SNIT, HET DAAI BRUIN HOND N MES BY HOM GEHAD....
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Thu Feb 12, 2009 11:22 am
by Dawie
Tomma
Hoe groot is die Lam? Ek het dieselfde verskynsel by 'n ruk terug gehad, lam nie ouer as 2 weke,
hy's gesleep, het gedink dit kan ratel of 'n otter wees, in rivier ingesleep, maar die spoor was te klein vir otter. Dit het na 'n jong kat spoor gelyk, 'n ruk later vang en skiet ek, nie v?r daarvandaan, ma-rooikat met kleintjie by groter lam wat hulle gevang het. Kyk in daai boekie "Predators on Livestock Farms" van "Bool Smuts op bl.52 "unusual caracal predation" prentjie.
Dawie
Ps. Die Jakkie waarvan ek die topic mee begin het, ons paaie het eergisteraand gekruis, RIP black-sam.
Re: Hoe vang hulle??
Posted: Thu Feb 12, 2009 12:08 pm
by Freek
Mooi man Dawie, wel gedaan!!!!!
Waar is die foto's? Ons wil sien hoe lyk die skelm.