Page 1 of 1

303 Herlaai met Titan punte

Posted: Mon Apr 25, 2022 10:55 am
by Albertdwk
Hallo almal,

Help 'n pel om gou vir sy 303 'n lading te kry.
Hy wil Titan se 168EXBT punte skiet.
Hy kan Vithavouri N133 kry.
Nou die vraag sal dit werk of is dit aan die warm kant vir die punt?

Groete Albert

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk


Re: 303 Herlaai met Titan punte

Posted: Mon Apr 25, 2022 2:10 pm
by tripodmvr
Hier is teoretiese berekening met N133. Lyk glad nie sleg nie.
303 168gr N133 Node 5.png

Re: 303 Herlaai met Titan punte

Posted: Mon Apr 25, 2022 6:38 pm
by Albertdwk
Dankie oom Marius.
Kan nou voortgaan, sal later weer kom hulp vra as wk al die details het van die geweer.

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk


Re: 303 Herlaai met Titan punte

Posted: Sun Jun 12, 2022 12:01 pm
by Albertdwk
tripodmvr wrote:Hier is teoretiese berekening met N133. Lyk glad nie sleg nie.
303 168gr N133 Node 5.png
Oom Tripod,

Het uiteindelik al die details, het toe besluit om Riflex kruit te gebruik.
Dit lyk nou soos volg:

303 Lee Enfield

Loop lengte: 25.2 inch
Twist: 1:10 inch

PMP brass:
H2O ave: 52gr.
Case trim: 56.15mm
Primers: CCI 200

OAL: 87.45mm
COL: 78.45mm
Jump: 9mm

Titan 168gr EXBT

Riflex RFX - 341 equivalent

Kan oom asb. die teikenspoed vir die nodes bereken.

Dankie baie!

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk


Re: 303 Herlaai met Titan punte

Posted: Sun Jun 12, 2022 12:51 pm
by tripodmvr
Die hoogste veilige node is naby 2540vps. Skiet met 41gr sodat ons kan kyk waar die brandspoed is. Julle kan 42gr en 43gr ook probeer, maar trap vinnig briek as julle oor 2600vps gaan.

Re: 303 Herlaai met Titan punte

Posted: Mon Jun 13, 2022 7:55 am
by Albertdwk
Dankie oom Tripod, gaan dit so benader!

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk


Re: 303 Herlaai met Titan punte

Posted: Mon Jul 18, 2022 9:46 pm
by Albertdwk
Naand oom Tripod.

Kan vandag uiteindelik by die baan uitkom om gou drie patrone te skiet met die lading 41gr Riflex RFX.
Chrony 5 meter weg.

1. 2506 vps
2. 2514 vps
3. 2598 vps

Avg. 2506 vps

Kan oom asb. kyk na die brandspoed en wat die lading moet wees om by die 2540vps uit te kom?

Dankie baie en groete

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk


Re: 303 Herlaai met Titan punte

Posted: Tue Jul 19, 2022 9:40 am
by tripodmvr
Lyk asof 40,4gr vir 2530vps op die chrony die ware resep moet wees. Druk bereken as 46K psi van maks 53K.

Uit die syfers hierbo moes skoot 3 dan 2498vps gewees het. ES lyk baie goed. Hoe het die groep gelyk?

Re: 303 Herlaai met Titan punte

Posted: Tue Jul 19, 2022 12:41 pm
by Albertdwk
Askies oom Tripod, ja daai no.3 moes 2498vps wees. Was verbaas toe ek daai ES sien.
Het nie groepe geskiet nie, wou net spoed kry, maar het die geweer sommer so met die 3 skote op koers gekry. Eerste skoot regs onder mikpunt, 8 clicks links toe is tweede skoot op vertikale lyn 8 clicks op toe sit nommer 3 in 'n R2 groote kol op 100m. Was nogal ingenome met die kettie gewees.

Wil net seker maak Oom is dit 40.4gr of 41.4gr vir 2530 op die chrony?

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk


Re: 303 Herlaai met Titan punte

Posted: Tue Jul 19, 2022 1:49 pm
by tripodmvr
40gr gee 2516vps by die tromp (10vps bygetel) = 62,9vps per 1gr lading. (V/C wat Somchem ook lys)

40,4gr x 62,9 = 2541vps by tromp

Re: 303 Herlaai met Titan punte

Posted: Tue Jul 19, 2022 7:19 pm
by Albertdwk
Dankie oom, gaan hul 40.4gr laai en dan kyk wat die groepe maak.

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk